Klip deur ruit tref vrou in gesig

Etzebeth het beserings in haar gesig opgedoen.

ʼn 26-jarige vrou van Kaapstad het beserings aan haar gesig opgedoen toe ʼn klip deur haar motor se ruit gegooi is.

Karla Etzebeth was Saterdag in die vroeë oggendure op pad huis toe van die werk af. Sy werk as ʼn restaurantbestuurder by die V&A Waterfront en was op pad na haar huis in Bellville.

Op die N1 kort voor die afrit na Paarden Eiland het Etzebeth ʼn klip op die hoofweg sien lê.

“Ek het stadiger gery en van baan verwissel en om die klip gery. Toe sien ek egter ʼn ent vorentoe dat een hele baan vol klippe gepak is. Ek het my motor in trurat gesit en dis toe dat die venster aan my kant met ʼn klip gegooi is.”

Die klip het deur die ruit gebars en Etzebeth in haar gesig getref. Sy ry met ʼn outomatiese motor en kon daarin slaag om weg te jaag. Sy het minstens vier mans gesien.

Die klip wat deur Etzebeth se venster gebars het.

“Dit was baie donker aangesien die ligte langs die pad nie gewerk het nie. Ek het gelukkig smash and grab op my venster gehad … anders was ek dalk dood vandag.”

Eztebeth het die voorval by die Bellville-polisiestasie aanhangig gemaak.

Die voorval kom nadat Michelle Pietersen (58), ʼn onderwyser van die Paarl, Donderdagoggend op die N1 van Kaapstad op pad Paarl toe dood is toe iemand ʼn stuk betonblok na die motor waarin sy en haar man op pad was geslinger het.

Haar man het met haar na ʼn hospitaal gejaag waar sy kort na haar aankoms dood verklaar is.

Pietersen was verbonde aan die New Orleans Sekondêre Skool in die Paarl.

Die klip het deur die ruit van Etzebeth se motor gebars.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Wat volgende ·

Kan dit net nie glo nie. Onskuldige mense word sonder rede aangeval, skynbaar vir die genot van siek uitvaagsels wat dit vir die plesier doen. En in ‘n land wettelose land sal ons al hoe meer hiervan sien.

gatgogga ·

‘n Wettelose land, ja.
Want hulle het ge-“struggle” om vry te wees.

Spike ·

Die probleem is die sogenaamde bevryder leiers is wetteloos.

Johan ·

Karla, dank die Here jy was nie ernstg beseer nie.
Ek was so 9mnd. terug in die hospitaal toe n swart trokbestuur ingerol word wie se gesig pap vergruis was deur n groot klip wat van n brug op die M2 Germiston gegooi was. Ons het dieselfde Maxillo Facial chirurg en het sy later net genoem dat sy erg geskok was oor die verwoesting van sy gesg en die ergste voorval in haar loopbaan.
Dank die Here jy is OK

Clive ·

Terrorisme….verwag geen optrede van regering nie. Dit is die voorbeeld wat hul gestel het as n revolusinêre beweging. Hul het nie n saak met burgery nie. Nog minder as dit n blanke persoon is.

Stiks ·

Waar is die polisie mnr jp smith. Hoe kan n besige pad vol klippe gepak word sonder dat enige patrollie dit raaksien?

Andre C ·

Ekself het n klipgooi insident 10 Nov 2019 op die N2 by Grabouw oorleef en kan bevestig dat wetstoepassing en polisiering swak en meestal afwesig na 5uur middae is.

Marius ·

Dit help nie jy meld dit aan in Bellville nie. Daai mense het geen behoefte om jou te help nie. Jy kan nie kla oor die diens nie, want daar is nie diens nie…

Willebees ·

Openbare teregstellings en swaar lyfstraf, sal misdaad statistiek bittergou laat daal (hoe drakonies dit ook al mag klink).

AH ·

Willebees ek stem volkome met jou saam! Drakoniese strawwe is al wat die bloeddorstige en wrede mense twee keer sal laat dink. Soos die Bybel sê – ‘n oog vir ‘n oog…….Tronkstraf in Suid-Afrika is nie ‘n straf vir sommige van hulle nie – eerder gratis losies en baie makkers om bendes mee te vorm en gruweldade uit te dink en te beplan aangesien daar niks anders is om die tyd te verwyl nie.

Leon ·

Hulle vat hulle vuurwapens weg, nou gebruik hulle maar klippe.

elsa ·

Polisie en sekureiteir moet sigbaar wees op al die paaie asook strande. JA dit is moontlik en die regering van die dag moet opskud en motoriste beskerm. Betroubare mense moet aangestel word wat wel sal belangstel om ‘n diens te lewer oral

daniel ·

N klip is ook n dodelike wapen, maar of hulle vervolg sal word indien hulle gevind word is n ander vraag. Waar is die polisie se patrollies dan?.

Landie ·

So bly jy is veilig. Om vrou alleen so laat in die aand op die pad te wees is ‘n helse risiko. Baie sterkte vir jou dit moes ‘n groot skok gewees het……bly jy het kop gehou en weg gekom. Nugter weet wat met jou kon gebreur het as jy nie het nie.

Anti Da ·

Daars altyd soortgelykke probleme op die paaie rondom Slaapstad. Waarom word die paaie nie 24 uur gepatrollie nie. R300 , N2 na Somerset Wes is selde , Grabouw ensv .

Daan ·

As ons land se SAPD net hul werk kan doen sal dit nie gebeur nie.

HeinRich ·

Die probleem is nie net die kriminele nie, maar ook die laks polisie.

chantie ·

Dis skokkend!!!!!! ek is self so bang om onder n brug deur te ry as daar mense bo staan …..hul kom net nooit niks oor met hul misdade

heinrich ·

Mag die Skepper vir ons intree. Sterkte. hoop jy herstel spoedig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.