ʼn 26-jarige vrou van Kaapstad het beserings aan haar gesig opgedoen toe ʼn klip deur haar motor se ruit gegooi is.
Karla Etzebeth was Saterdag in die vroeë oggendure op pad huis toe van die werk af. Sy werk as ʼn restaurantbestuurder by die V&A Waterfront en was op pad na haar huis in Bellville.
Op die N1 kort voor die afrit na Paarden Eiland het Etzebeth ʼn klip op die hoofweg sien lê.
“Ek het stadiger gery en van baan verwissel en om die klip gery. Toe sien ek egter ʼn ent vorentoe dat een hele baan vol klippe gepak is. Ek het my motor in trurat gesit en dis toe dat die venster aan my kant met ʼn klip gegooi is.”
Die klip het deur die ruit gebars en Etzebeth in haar gesig getref. Sy ry met ʼn outomatiese motor en kon daarin slaag om weg te jaag. Sy het minstens vier mans gesien.
“Dit was baie donker aangesien die ligte langs die pad nie gewerk het nie. Ek het gelukkig smash and grab op my venster gehad … anders was ek dalk dood vandag.”
Eztebeth het die voorval by die Bellville-polisiestasie aanhangig gemaak.
Die voorval kom nadat Michelle Pietersen (58), ʼn onderwyser van die Paarl, Donderdagoggend op die N1 van Kaapstad op pad Paarl toe dood is toe iemand ʼn stuk betonblok na die motor waarin sy en haar man op pad was geslinger het.
Haar man het met haar na ʼn hospitaal gejaag waar sy kort na haar aankoms dood verklaar is.
Pietersen was verbonde aan die New Orleans Sekondêre Skool in die Paarl.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
22 Kommentare
Dis terrorisme!
Vervolg hulle onder die terrorisme wetgewing!
Kan dit net nie glo nie. Onskuldige mense word sonder rede aangeval, skynbaar vir die genot van siek uitvaagsels wat dit vir die plesier doen. En in ‘n land wettelose land sal ons al hoe meer hiervan sien.
Die probleem is die sogenaamde bevryder leiers is wetteloos.
Karla, dank die Here jy was nie ernstg beseer nie.
Ek was so 9mnd. terug in die hospitaal toe n swart trokbestuur ingerol word wie se gesig pap vergruis was deur n groot klip wat van n brug op die M2 Germiston gegooi was. Ons het dieselfde Maxillo Facial chirurg en het sy later net genoem dat sy erg geskok was oor die verwoesting van sy gesg en die ergste voorval in haar loopbaan.
Dank die Here jy is OK
Terrorisme….verwag geen optrede van regering nie. Dit is die voorbeeld wat hul gestel het as n revolusinêre beweging. Hul het nie n saak met burgery nie. Nog minder as dit n blanke persoon is.