Klip deur venster van ambulans op N14 geslinger

Nooddienswerkers van ER24 het ’n pasiënt na ’n hospitaal vervoer toe ’n klip deur die ambulans se venster geslinger is. (Foto: ER24)

Twee nooddienswerkers van ER24 het Donderdag ’n noue ontkoming gehad toe ’n groot klip deur die kantvenster van hul ambulans op die N14 in Krugersdorp geslinger is.

Die betrokke nooddienswerkers het ’n pasiënt na ’n nabygeleë hospitaal vervoer nadat dié persoon in ’n motorongeluk betrokke was.

Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, sê een van die paramedikusse het bestuur toe hy ’n harde slag gehoor het.

Hulle het ’n ent verder op ’n veilige plek stilgehou waar ’n tweede ambulans ontbied is om die pasiënt verder te vervoer.

Niemand is tydens die voorval beseer nie.

“’n Groot klip is by nadere ondersoek in die linkerkantste baan aangetref. Ooggetuies het glo gesien hoe twee mans dié klip na die ambulans gooi.”

Meiring sê die polisie was ook op die toneel om verder ondersoek in te stel.

Volgens hom kry nooddienswerkers opleiding oor hoe om mediese ondersteuning in vyandige omgewings te bied. Die ambulans het glo ook slaan-en-gryp-beskerming op sy vensters as verdere voorsorgmaatreël.

“ER24 veroordeel alle aanvalle op nooddienswerkers en doen ’n beroep op die gemeenskap om sulke voorvalle aan te meld.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

JohanR ·

Hoe agterlik moet jy wees om ‘n klip deur ‘n ambulans se venster te gooi. Stem ANC vir nog vyf jaar van die dom gebeure!

JM ·

Alles ruk net handuit in hierdie land. Sommige mense ken net een manier: GEWELD!

Hondjie ·

Haai dis soo mooi bewys dat hulle net nios worry vir ander se lewe ni

Jack ·

Nog n aanspreeklikheid vir die hele anc en hul president met die mooi stories sonder handeling. Vrot verby.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.