‘Klipgooiers’ vas ná kinders se dood

Die voertuig wat deur die klip getref is. Foto: IPSS Medical Rescue

Drie verdagtes is in hegtenis geneem in verband met ʼn voorval einde verlede jaar in KwaZulu-Natal waarin twee kinders dood is toe ʼn reuseklip van ʼn brug op die motor waarin hulle gery het gegooi is.

Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn span speurders het ná ʼn intensiewe ondersoek drie verdagtes, tussen 20 en 46 jaar oud, in hegtenis geneem in verband met die voorval.

Die verdagtes sal Vrydag in die Durban-landdroshof verskyn op twee aanklagte van moord en een van poging tot moord.

Foto: Twitter via @DeanMacpherson.

Maroela Media het vroeër berig Aamina Haffejee (16) en Abdur Haffejee (7) is dood toe ʼn reuseklip die aand van 27 Desember van ʼn brug in die Umhlali-gebied op hul voertuig op die N2-snelweg tussen Tongaat en Ballito geval het.

Die voorval het die land geskok en mense het onmiddellik bydraes vir ʼn beloning gemaak in ʼn poging om die skuldiges vas te trek. Dae ná die voorval was daar reeds meer as R250 000 ingesamel.

Die klip is van die brug afgegooi en het die windskerm van die voertuig onder op die snelweg getref. Die klip het die bestuurder van die voertuig gemis, maar twee ander insittendes in die voertuig is ernstig beseer. Die twee kinders is by hul aankoms by die hospitaal dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

siesa ·

as hierdie tipe kriminele gedrag kort gevat was en die gemors wat dit pleeg, gestraf was die eerste keer wat dit gebeur het, het die kinders nog gelewe.

Essa ·

Beste nuus dat hier ‘n arrestasie gemaak is. Ek hoop die hof maak ‘n voorbeeld van hulle met gepaste swaar straf.

Abe ·

Anoniem,
Niemand sal weer in SA gehang word nie. Vergeet daarvan.

Siek en sat ·

Mag daar van hierdie klipgooiers n voorbeeld gemaak word. Ek hoop hulle VOEL NOOIT WEER DIE SON OP HULLE VELLE SKYN NIE. Tronk toe geen borg.

marous ·

Stem saam . In ‘n diep gat met ‘n hoop kleinerige klippe …. dat die vrouens nie hoef te sukkel nie

Elsa ·

Net een vraag? Hoekom moes geld ingesamel word om die skuldiges vas te trek?? Is dit nie hoekom d polisie n salaris verdien nie? Dis mos hulle werk – of iz ek nou onnosel…

Anoniem ·

En die skuldiges sal net mooi niks oorkom nie so hoekom AL die moeite ! Anargie

Magaretha van heerden ·

Hoe tragies. So jammer vir die familie wat dit moet verwerk. Wat besiel mense om so iets te doen? Hoop hier gaan n voorbeeld gemaak word van die skuldiges.

marco polo ·

Die verskil tussen mens en dier is kennis van goed en kwaad.

Andrea ·

En diere doen nie beplande kwaad nie. Mense is BOOS, diere nie.

CJ ·

Wees versigtig veral N3 Estcourt omgewing. Hout pallette, 20lt verf emmers gevul met klippe en ander voorwerpe word daar van brûe afgegooi.
Hoop daar word van hierdie kriminele voorbeelde gemaak!

Skyspy007 ·

Sulke siek “goed” is …….die elfde plaag waarmee ons gestraf word, en getoets word

Essa ·

Elsa, die geld was nodig om ‘n beloning vir inligting aan te bied. Daar is mos geen leidrade op so ‘n toneel om op te volg nie; daarom moet die Polisie staatmaak op iemand in die publiek wat iets gesien of gehoor het. Jy besoel tog seker nie die ondersoek beampte moet ‘n beloning aanbied uit sy salaris nie?

Essa ·

Hallo Lerato, jammer vir die tikfout – natuurlik moet dit lees bedoel. Maar nou het jy nie vir ons vertel wat dink jy van die deurbraak in die saak nie. ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.