Klipgooiery op N2 oor behuising

Betogers het motors Dinsdag met klippe op die N2 in Botrivier in die Wes-Kaap bestook. (Foto: Theewaterskloof- plaaslike munisipaliteit / Wilfred Solomons-Johannes)

Motoriste is Dinsdag gewaarsku om versigtig te wees vir betogers wat motors met klippe op die N2 in Botrivier in die Wes-Kaap bestook. Dié betogers woon in die New France- informele nedersetting en is glo kwaad omdat hulle nie vir hervestiging by ʼn nuwe behuisingsprojek in Beaumont kwalifiseer nie.

Wilfred Solomons-Johannes, woordvoerder van die Theewaterskloof- plaaslike munisipaliteit, het Dinsdag aan Maroela Media gesê inwoners word volgens kriteria ingevolge die Wet op Behuising gekeur, en dat dié ontevrede betogers die lys van kandidate wil “jippo”.

“Die toilette by die Beaumont-behuisingsontwikkeling is beskadig en daar is ʼn moontlikheid dat die kragtoevoer afgesny is.

“Alle munisipale dienste is intussen by die Botrivier-dorpskantoor tot verdere kennisgewing opgeskort. Personeel sal tydelik na die die kantore in Grabouw en Caledon verplaas word terwyl die betoging voortduur.”

Luidens die munisipaliteit se verklaring drom die betogers al sedert 04:00 op die snelweg saam en kan motoriste verkeersvertragings verwag.

“ʼn Motor is ook by die Botrivier-spoorwegoorgang aan die brand gesteek en sementblokke is in die pad gepak. Verskeie mense het met behulp van die polisie vir hul veiligheid gevlug.

“Die Botrivier-polisie bied tans bystand en die polisie se eenheid vir openbare orde sal binnekort op die toneel wees om verdere ondersteuning te verskaf. Die munisipaliteit se verkeersdienste is ook ontbied om die polisie en die Wes-Kaapse provinsiale verkeersdienste met die verkeersonderbreking te help en die situasie in bedwang te bring.”

Volgens die munisipaliteit het betogers ook klippe op die spoorlyn gepak om onderbrekings tussen Kaapstad en Caledon te veroorsaak.

“Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) se Kaapse metro- operasionele beheersentrum (CMOCC), Transnet-vragspoordienste en Metrorail-beskermingsdienste is reeds ontbied om aankomende treine te stop.”

Die Wes-Kaapse onderwysdepartement is Dinsdag versoek om skoolaktiwiteite by Botrivier Primary School te staak. Die vervoer van skoolleerders na en van Hermanus en die omliggende dorpe is ook vir eers stopgesit.

Enkele munisipale personeellede sal egter steeds op bystand wees om kritiek noodsaaklike dienste soos die voorsiening van water, sanitasie en krag te verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Bernard ·

Die Xhosa-toestroming in die WesKaap. Geleidelike inkrimping van gewone mense se bewegingsvryheid.

Hennie Biebouw ·

Die spasie vir verantwoordelike, wetsgehoorsame burgers om bloot hul lewens in rus en vrede te lei, raak by die dag minder in Suid-Afrika.

SjN ·

Nou wat het die motoriste uit te waai met dienslewering, gaan tree op teen jul leiers en gooi hulle met klippe, los die onskuldiges uit.

domheks ·

so sal hulle alles vernietig! ‘our people’ ken net van bakhand staan en verwoes! maar van werk -NIKS

Wondermaarnet ·

Die motto is mos I want, I want. Gebore om te “destroy and destruct” want daar is boere wat dit weer sal opbou.

Jr ·

Hulle “leiers as n mens hulle dit kan noem” het hulle geleer om dit te doen. Hierdie einste Frankenstein monster wat hulle geskape het, gaan hulle nog vernietig

Frikkels ·

Ons vrotsige regering draai net die ogies weg. Hierdie is nie betogings nie, dis sabotasie. Waarom word motoriste aangeval? ñ Motoris het met dienslewering niks uit te waai nie! Dan nog die spoorlyne ook blok en beskadig sodat hulle nie kan werk toe gaan nie. Gepraat van dienslewering, wanneer gaan die bakhandbrigade begin dienste lewer?

Andre ·

So wat het die motoriste met die probleem te doen.Om ‘n motor met ‘n klip te gooi gaan niks verander nie.Meskien volgende keer nie weer verkeerd stem nie.

Jacques ·

Ek kan nie help om te wonder wat mense 250 jaar gelede sou doen, as hulle ‘n huis wou hê nie……….

Jaco ·

“om aankomende treine te stop”. Hoekom? Sover ek weet word daardie spoorlyn glad nie meer gebruik nie.

Moedeloos ·

Hoekom word hul nie eenvoudig verwilder en weggejaar nie. Nog beter spuit hul met waterkanonne. Hul is onopgevoed maar nou moet motoriste die spit afbyt. Slap houding van die regering dis wat.

Wondermaarnet ·

Ek staan vroeg op, ry 50km werk toe en 50km huis toe elke dag sodat ek geld het om vir my huis, krag, water en dienste te kan betaal. Ek sou ook graag net alles verniet wou hê, maar my gesonder verstand sê vir my ek moet werk vir wat ek wil hê. Ek lewe van betaaldag tot betaaldag en kan nie luukshede bekostig nie, maar gooi nie my speelgoed daaroor nie.

casper ·

Kan die trotse afrika kuns van klipgooi behartig maar kan nie self eers meer ‘n modder huis bou vir hulle self nie !!! Agtergeblewenes !!!!!!!!

Toy ·

Agnee dit is nou belaglik. Gaan maak ‘n ander plan en dink hoe julle die land kan opbou nie afbreek nie.

gatgogga ·

Ek is nou vies omdat my kar alweer ‘n diens nodig het. So ek gaan nou die motoriste wat hier voor my huis verbyry met klippe bestook.

Pietertjie ·

Dis natuurlik die motoriste se skuld dat die ANC nie sy verkiesings beloftes nakom nie. Vir die soveelste keer.

Jacobus ·

Dit is reeds ANC terroriste wat hierdie klipgooiery aanvuur. Die ANC ry bus vragte klipgooiers aan uit die Transkei om die Weskaap onregeerbaar te maak. Die ANC het mos belowe om dit te doen.

Manie ·

Dit is reeds met “drones” opgeneem. Die opslaan huise se panele word klaar aanmekaargesit op oop grond afgelewer. Wonder wie betaal daarvoor?

Jaco ·

Iets maak nou nie sin nie: die Theewaterskloof munisipaliteit word deur die hoogheilige ANC beheer, so goeie dienslewering “vir almal” behoort tans perfek te wees. Swak dienslewering os, volgens die ANC, mos net ‘n eienskap van “die ryk wit rassistiese DA”. So hoe dan nou? Hoekom betoog die ANC se mense/kiesers/rasgenote dan nou teen die ANC?

Kokkie ·

Dis die ANC se manier om Capexit te saboteer. Almal (swart, grys, bruin, wit, pienk en pers) wat nou genoeg gehad het van hierdie ongestrafde wetteloosheid, vernielsug en afpersing, moet hulle registreer by Capexit sodat ons hande kan vat, wet en orde kan herstel en saam ons land kan opbou tot ‘n veilige, ordelike en vooruitstrewende tuiste vir wetsgehoorsame en vredeliewende burgers.

Janine ·

Dit verstom my elke keer dat onskuldige mense geteiken word wanneer ‘our people’ ontevrede voel oor dienslewering! Mentaliteit van ‘n klip!

Swerwer ·

Kan die wesens nie besef dat die motoriste absoluut niks met hul verkose Regering se doen en late oor behuising te doen het nie. Skrik wakker julle wesens, julle het vir die Regering gestem ten spyte van die feit dat hul vir 20 jaar nie hul woord gestand doen nie en nou nog vir julle geleer het om die land verder te verwoes.

Jr ·

So haal jou frustrasies uit op die burgers van die land. En nie op die selfde kaders wat JULLE ingestem het. Julle dink en optrede is in lyn met die 30% skool pass rate

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.