“Klop stormloop vir e-tolskyfies,” sê Sanral

e-tagDie Nasionale Padagentskap (Sanral) het Dinsdag ʼn beroep op Gautengse motoriste gedoen om so gou as moontlik vir e-tolskyfies te registreer om ʼn stormloop te vermy wanneer die e-tolstelsel in werking tree.

“Om die stormloop te vermy wat ons op die nippertjie verwag, word motoriste aangeraai om hul e-tolskyfies te kry voor die stelsel in werking tree,” het Vusi Mona, die woordvoerder van Sanral, in ʼn verklaring gesê.

Mona het gesê motoriste wat skyfies aanskaf, sal afslag van tot 48% kan kry.

Nazi Ali, Sanral se uitvoerende hoof, het Maandag gesê 600 000 e-tolskyfies is reeds in sirkulasie.

Dipuo Peters, die minister van vervoer, het Maandag gesê die e-tolstelsel kan voor die einde van die jaar in werking tree. “Ons het verlede week die regulasies gefinaliseer en gaan vandeesweek die tariefstruktuur uitwerk, waarna dit aan die publiek bekend gemaak gaan word.” Die tariewe sal vir 30 dae lank publiseer word, waartydens die publiek kommentaar daaroor kan lewer. “Na die 30 dae sal dit tussen sewe en 14 dae neem voor die e-tolstelsel in werking tree,” het Peters gesê.

Kallie Kriel, die uitvoerende hoof van AfriForum, het Dinsdag aan Maroela Media gesê Sanral se beroep op die publiek om e-tolskyfies aan te skaf, dui daarop dat hulle desperaat raak omdat weinig lede van die publiek bereid is om vir e-tol te registreer. “Die publiek kan gerus wees dat daar geen stormloop vir e-tolskyfies sal wees nie – te min mense gaan registreer,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Griet ·

600 000 uit ± 3 000 000 motoriste……as ek hulle was, sou ek bekommerd raak, BAIE bekommerd!
Die sukses van die korrupte stelsel is ontwerp op 80 – 90 % GEWILLIGE deelname. Ons sal maar ompaaie ry…

Vas Vat ·

Vusi, kan jy ons asb laat weet, hoeveel taxis het e-tol skyfies ? Wag in spanning.

Erich Goosen ·

Vusi, taxis is vrygestel van tolpadgelde. Ek weet nie so mooi van ‘n ‘stormloop’ nie. Ek dink dis die arme kassiere wat nou al vir etlike maande in die SANRAL kiosks sit en balletjies rol wie alhoewel hulle van nature werksku is, nou besig is om van hul koppe af te gaan weens verveeldheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.