Klopjag oor R200 miljoen se bedrog by munisipaliteit

geld 4 kontant rand

(Argieffoto)

Die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) se skoonoudit-span het Donderdag ʼn klopjag uitgevoer by eThekwini-munisipaliteit (Durban) in verband met bedrog, korrupsie en geldwassery.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê dit volg ná tenders glo deur die munisipaliteit toegeken is sonder dat behoorlike prosesse gevolg is. Die monetêre waarde beloop ongeveer R200 miljoen.

“Verskeie maatskappye en ander diensverskaffers het al sedert 2016 glo met munisipale beamptes saamgewerk en het miljoene rand ontvang vir werk wat nooit gedoen is nie. Daar word beweer dat beamptes sekere maatskappye goedgekeur het en fiktiewe maatskappye geregistreer het sodat winsgewende tenders aan hulle toegeken kon word. Hulle het dus voordeel getrek uit onwettige en bedrieglike betalings,” het Mulaudzi verduidelik.

Meeste van die maatskappye is nie eers op die munisipaliteite se databasis geregistreer nie.

“Die operasie was suksesvol en daar is beslag gelê op verskeie dokumente en elektroniese toerusting. Niemand is nog tot dusver in hegtenis geneem nie, hangende die ondersoek wat reeds in ʼn gevorderde stadium is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Cherokee ·

Maar is dìt nie juis wat Durban se (vorige) burgemeester haar werk gekos het en voor aangekla is nie?

Jakes ·

Hierdie is nie eers nuuswaardig nie want dit is die algemene norm en tendens om bedrog met tenders te pleeg. Hiervan sal dadels kom.

Scalla ·

En die skuldige kadet loop nog steeds vry rond na hoeveel uitstelle in die hof!!

Isabella ·

Mense wat verwag jul ons leef in n wettelose SA vr 26jr ek is gladni verbaas dat ons n rommel status bereik ht ni …

Anoniem ·

Ek het nie geweet daar is nog so baie geld in ons land nie. Waar gaan hierdie stelery eendag end kry????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.