Klopjag op Gupta-eiendomme in Indië

Ajay en Atul Gupta (Foto: ANA)

Belastinginspekteurs in Indië het Dinsdag ʼn klopjag uitgevoer op eiendomme wat aan die Gupta-familie behoort, in verband met die vermoede dat hulle geld na hul land van oorsprong terugbring, het ʼn beampte gesê.

Volgens Times of India het Amrendra Kumar, ʼn senior inkomstebelastingbeampte in Uttar Pradesh, Indië, gesê die Gupta-broers, Ajay, Atul en Rajesh, word daarvan verdink dat hulle maniere vind om “onwettige geld”, wat hulle oorsee verdien het, na Indië te bring.

Volgens Reuters het Kumar tydens ʼn telefoniese onderhoud gesê hy is betrokke in die klopjag wat omstreeks 07:00 begin het en steeds voortduur.

Indiese beamptes het die klopjagte uitgevoer op Gupta-eiendomme in Saharanpur in Uttar Pradesh en die nabygeleë Dehradun, asook een van hul kantore in die hoofstad, New Delhi, aldus Kumar.

“Hulle het geld op allerhande onwettige manier bekom. Ons wil dié bewerings ondersoek,” het hy gesê.

Die drie Gupta-broers het in die vroeë 1990’s na Suid-Afrika gekom en ʼn handelsryk gevestig van rekenaars tot mynbou en die mediabedryf. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het verlede maand ook klopjagte uitgevoer op Gupta-eiendomme in Johannesburg, as deel van ʼn ondersoek oor hul bedrywighede. Suid-Afrika se hoofstaatsaanklaer het gesê Ajay Gupta, die oudste broer, is ʼn “voortvlugtige van geregtigheid” nadat hy versuim het om by ondersoekbeamptes aan te meld.

Dit is nie duidelik waar die broers hulself bevind nie. Volgens die African News Agency was hulle nie ten tyde van die klopjagte in Indië nie.

ʼn Hoofregter in Suid-Afrika sal ondersoek instel of die Guptas onregmatig invloed wou uitoefen in die aanstelling van ministers en of hulle onwettig staatstenders bekom het.

Pres. Cyril Ramaphosa het gesê die stryd teen korrupsie is ʼn prioriteit. Daar is aanduidings dat korrupsieaanklagte teen sy voorganger, Jacob Zuma, weer ingestel kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Alida ·

Ja wel Zuma was mos so hand om die blaas met hulle asook Duduzane. Begin sommer by hulle en soek die vliegtuig en le beslag daarop.

Nicolaas ·

“Suid-Afrika se hoofstaatsaanklaer” – mens kry nie so ‘n posbenaming/titel nie.

Belinda ·

Tereg! Geen benaming van hoofstaatsaanklaer. Dit moet senior staatsaanklaer wees.

Pollie ·

Daars ‘n groter kans dat hulle in Indie vervolg gaan word as in SA. GIgaba en almal praat nou groot stories en maak verskonings en lieg so . mens kan niemand meer glo nie . een minister se hulle is SA burgers, die ander se hulle het net verblyfreg . die een se die grondwet beskerm hulle REG om permanente verblyfreg te he, die ander regter se hulle kan vervolg word . o nee hel, hulle gaan skotvry en skatryk hier uitstap. Hulle het ZUMA en SA vir ‘n helse ride om die blok gevat.

Alida ·

Pollie dit lyk mos vir my ook so. Dit het alles by ons geagte Minister van Binnelandse Sake begin. Hy lieg homself nou so vas. Ons gaan NOOIT daai Guptas in die hande kry nie. Aan die ander kant het hulle mos baie besighede in SA die Valke moet maar dophou as hulle hier land. As die lughawe beheerpersoneel nie aan die slaap is nie en/of hulle kry vervalste paspoorte dit is mos maklik in SA en hulle tjommie is mos nou in beheer !!

Estelle Oelofsen ·

Al loop die leuen ook nog so snel die waarheid agterhaal hom wel.
Of:
God’s meule maal stadig maar seker.
Or:
What goes around, come around.
Skelms, saam met hul trawante in ons hoge gestoeltes. Ons sal maar sien hoeveel word weer toegesmeer saam met met en deur Gigaba, Zuma en kie. EN hoeveel meer korrup die nuwe besems sal wees.

Dirk ·

Die drie en jet seker mar in dubai,het al lankal ‘n nes eier daar opgebou

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.