Klopjag op ‘towersampioen’-laboratorium in Amanzimtoti

Die sampioene is in verskillende vorme in die laboratorium gevind. (Foto: SA Polisie)

ʼn Man wat glo sogenaamde towersampioene kweek en verkoop, is agter tralies nadat die polisie Dinsdagoggend op die perseel in Amanzimtoti toegeslaan het waar dit gekweek en verwerk word.

Kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die Valke, het gesê die polisie het ʼn wenk van die publiek opgevolg en op ʼn gevorderde laboratorium waar die sampioene gekweek word, afgekom.

“Verskillende spesies in verskillende vorme en groeifases is ook op die perseel ontdek,” het Mhlongo gesê.

Die dwelms het ʼn geraamde waarde van sowat R448 000.

“Die span het ook beslag gelê op kontant wat vermoedelik die opbrengs van misdaad is,” het Mhlongo gesê.

ʼn Man (38) is in hegtenis geneem vir die onwettige besit en handel in dwelms. Hy verskyn na verwagting later vandag in die Durbanse landdroshof.

Van die verwerkte sampioene. (Foto: SA Polisie)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Michael ·

Wat maak die sampioene dat dit dwelms is want jy koop sampioene in die winkels kan iemand dit vir my se of is dit net n noem naam.

Cherokee ·

Jy’s reg Michael. Die berig klink asof vanuit dieselfde laboratorium

marius ·

Hoe word dwelms se waarde bepaal ? Vertel die mense elke week wat betaal hulle daarvoor?

Renier ·

Dit is ‘n jammerte! Daar is soveel potensiaal in hierdie goed as dit reg bestuur word.

Yvonne ·

Nou toe nou …nog nooit hiervan gehoor nie….ek is maar oningelig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.