Klopjagte ná De Doorns-betogers met platskerms laat spaander

Die polisie het beslag gelê op tientalle peperduur televisiestelle wat weggedra is. (Foto: SA Polisie)

Die Wes-Kaapse polisie het die afgelope paar dae deur-tot-deur-klopjagte in De Doorns uitgevoer nadat ʼn betoging naby die N1 tot grootskaalse diefstal en die stroop van verbygaande voertuie gelei het.

Die betoging het die afgelope week tot die sluiting van die N1 tussen Touwsrivier en De Doorns gelei.

Betogers in die omgewing het Donderdag minstens twee vragmotors aangeval en die vrag weggedra. Tientalle platskermtelevisiestelle het in die chaos inderhaas voete gekry. Foto’s en video’s van mense wat met hul buit vlug, het ook groot opslae gemaak.

Sommige van die betogers het ook met kruie en souse laat spaander. (Foto: SA Polisie)

Brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie het kort daarna met klopjagte begin om die gesteelde items te vind.

Teen gisteraand is nege verdagtes in hegtenis geneem en 53 groot platskermtelevisiestelle teruggevind.

Die verdagtes sal môre in die Worcester-landdroshof verskyn op aanklagte van diefstal en openbare geweld.

Die polisie het in deur-tot-deur-klopjagte verskeie van die gesteelde televisiestelle teruggekry. (Foto: SA Polisie)

“Die polisie in die Wes-Kaap erken die reg van individue om te betoog, maar gemeenskappe word gevra om dit wettig te doen. Enige onwettige optrede gaan ernstige gevolge hê,” het Potelwa gesê.

Die N1 in die gebied is steeds gesluit en lede van die openbare orde-eenheid patrolleer die gebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Chris Ws ·

WAAROM laat die SAP toe dat MISDADIGERS die REGTE SKEND van wetsgehoorsame burgers wat BETAAL om ‘n pad te gebruik deur die MIDADIDERS NIE te verdyf en die pad weer oop te stel nie?Enige lid van die SAP wat my hierop wil antwoord?Ek sal dit waardeer.

Kraaibakke ·

Ja so sal dit jou oorkom as jy vat wat nie joune is en die oortreders sal hulle regtig vervolg word of saldie saak weer uitgegooi word onvoldoende getuienes

Sarel ·

Ag los die mense. Om slegs 9 aan te keer gaan niks aan die saak maak nie. Vra eerder die vraag waar was die polisie en waarom nie onmiddelik begin is met die klopjagte nie. Nee ons moet eers ‘n taakspan oprig en die operasie beplan, vyand identifiseer en dan die volgende dag uitgaan en die werk gaan doen. Die resultaat reflekteer die effektiwiteit. Die probleem is so geisoleerde dis net stadig beweegende/staande vragmotors wat aangeval word…… LANDSWYD!!!! Dit word eintlik nie ondersoek nie. Die vragmotors word oorgelaat hulle eie “buurtwag” en veiligheid te gebruik.

Lynette ·

53 televisies is gevind maar NET 9 MENSE IS GEARRESTEER? Sekerlik het MEER diewe as net NEGE die 53 televisies weggedra??

Danie T ·

Ek stem saam met Chris WS en Sarel. Die ondoeltreffende SAP bestuur dra grootliks by tot ernstige ekonomiese verlamming van ons land. ‘n Hele paar staatsdepartemente soos die van Plaaslike Owerhede is groot sondaars om plakkerskampe langs snelwee/hoofpaaie wat die ekonomiese slagare van die land is, toe te laat.

Gert ·

SAPD is nie die primêre probleem nie. Korrupte regstelsel en regeringsopdragte, is wat kriminele laat baat.

Gert ·

Die polisie was daar, het toegekyk hoe die TV’s gestroop word, en het die sekuriteitsmaatskappy gestop wat wou keer. Nou kry hulle 50 van 500 TV’s terug.
Mag seker nie noem wat ek dink die motivering was nie.

H. ·

Die polisie observeer net om seker te maak dat die gemeenskap (lees kiesers) hulle self nie beseer wanneer hulle hulle deel van die ekonomie op eis nie.

Dries Bý ·

Netnou plunder hulle weer die remotes het nie batterye nie,hoe gemaak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.