Klubganger verdrink in Durban-kanaal

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ʼn Man van Umkomaas het verdrink nadat hy in ʼn kanaal in Durban gaan swem het kort nadat hy ʼn nagklub verlaat het.

Die KwaZulu-Natalse polisie het in ʼn verklaring gesê die man het in die kanaal by The Quays-woonstelblok naby Ushaka Marine World gaan swem kort nadat hy die nagklub Cape2Cairo verlaat het. Dit is nie in dié stadium duidelik hoe laat dit gebeur het nie.

Polisieduikers van Durban en Port Shepstone se soek-en-reddingseenheid is vroeg Sondagoggend ontbied om na die liggaam in die kanaal te soek. Ooggetuies het aan die polisie uitgewys waar hulle die man die laaste keer gesien het. Een van die inwoners het voor die polisie se aankoms op die toneel reeds na die man se liggaam probeer soek, maar sonder sukses.

Die polisieduikers het later die man se liggaam in die kanaal ongeveer 3 meter onder die wateroppervlak gevind. Die oorledene se identiteit kan nie bekendgemaak word voordat sy naasbestaandes van sy dood ingelig is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

jaco ·

Alkohol laat mens darem waaragtig vreemde en onnosel goed doen…

Hennie ·

Ja Swaer, daar is ‘n tyd vir alles maar almal weet dit nie. Net die wat toegerus is met integriteit weet dit.

KarooKlong ·

Eendag gehoor iemand sê: drank verdra geen onreg nie.

Cherokee ·

Die kanaal is sowat 500 meter van waar ek woon. ‘n Stil en gladde rivier wat die regulering van water van die uShaka Akwariums reguleer. Daar is reeds gevra dat die besoekers uit Gauteng en die Karoo visums moet verskaf vir besoek aan KZN en nou raak dit selfs meer belangrik.

Takkie Takuuza ·

LOL…..een twee drie, blok myself. Sorry Jeep, jy het daai een an jouself gedoen.

Cherokee ·

Ek weet ek het daarna gesoek :-)
Terloops Takkie, by my beteken Cherokee nie Jeep nie maar Piper.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.