Kluis by vulstasie oopgeblaas

Argieffoto

Die polisie in die Oos-Kaap ondersoek ʼn saak van sakeroof nadat ʼn kluis by ʼn vulstasie in Uitenhage oopgeblaas is.

Sers. Majola Nkohli, woordvoerder van die polisie, het gesê drie mans, waarvan twee met vuurwapens gewapen was, het Saterdagaand omstreeks 23:45 by die vulstasie in Cuylerstraat ingestorm het. “Die rowers het springstof gebruik om ʼn kluis oop te blaas terwyl personeellede in ʼn stoorkamer toegesluit is.”

Die rowers het met ʼn onbekende bedrag kontant in ʼn onbekende wegkomvoertuig van die toneel gevlug. “Die polisie volg alle leidrade op.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Elize ·

Is dit nie verbasend hoeveel moorde, verkragtings en roof in die laaste tyd in die Oos-Kaap gepleeg word nie. Nou begin die voelers van die bose deur die hele SA beweeg en is die wat gedink het hulle is veilig met ‘n skok wakker gemaak. Daar is nie meer ‘n enkele plek waar iemand veilig is nie want die wesens moor nou hul eie mense by die dosyne uit

Roelf Berg ·

Ek verstaan nie die Skakel offisiere van die Polisie nie. Volgens alle berigte is Oos London n baie veilige plek sover misdaad aangaan MAAR baie min ernstige misdaad word aan die Pers en ander openbare media gerapporteer. Die aanval op n Berlin egpaar laas week en die Roof van n Caltex vulstasie is nooit gerapporteer nie. Word misdaad so onder die laken gehou sodat alees mooi en goed lyk. Die publiek word mislei. Sorry maar die verlede se rapportering aa die media was beter. Moet egter sê van die media offisiere is goud werd en rapporteer alles – tot die perd wat van die brug af val is nuus !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.