ʼn Groep rowers het Maandag in die vroeë oggendure ʼn kluis by ʼn vulstasie in Kaapstad opgeblaas en ʼn bedrag geld gesteel.
Die polisie het in ʼn verklaring gesê die vulstasie is in Sunningdale geleë.
“ʼn Groep onbekende verdagtes het springstof gebruik om die kluis oop te maak. Hulle het met ʼn bedrag kontant van die toneel gevlug,” lui die verklaring.
Geen beserings is aangemeld nie.
Die polisie ondersoek sake van die gebruik van springstof, diefstal en opsetlike saakbeskadiging.
Die polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om met inligting na vore te kom wat hulle in hul ondersoek kan bystaan. Bel die Stop Misdaadnommer by 08600 10111.
Die springstof is seker deur die polisie voorsien, hulle voorsien wapens aan misdadigers.
Hulle motto is gaan groot of gaan huistoe.
Klink vir my na terrorisme
Die feit dat een en elke misdadiger in SA ‘n wapen het se net een ding. Die SAPD le beslag op duisende wapens, mens hoor nooit hoe en waar dit vernietig word nie en die gevolg is dat dit aan die misdadigers gegee of verkoop word.