‘Knysna-besoek wys omvang van ANC/EFF/PA-mislukking’

‘n Sinkgat is in ‘n verkeersirkel omskep (Foto: Potholes in Knysna/Facebook)

Die Demokratiese Alliansie sê Knysna, onder bewind van ʼn koalisie tussen die ANC, EFF en Patriotic Alliance (PA), wys dié dorp word “deur ʼn koalisie van korrupsie tot die randjie van verwoesting bestuur”.

“Knysna-inwoners kan nie meer staat maak op basiese dienslewering nie. Hul daaglikse uitdagings grens aan menseregteskendings met ongereelde watertoevoer, rioolstortings en vullis wat in die strate opgaar,” sê Alan Winde, die DA se premierskandidaat vir die Wes-Kaap.

Knysna-inwoners het Saterdagaand die DA se byeenkoms bygewoon om die impak van die munisipaliteit se mislukkings te bespreek.

“Hul dorp se agteruitgang het ʼn impak op die plaaslike ekonomie en werkskepping, asook hul gesondheid en veiligheid. ʼn Ontbinde lyk is verlede jaar in een van die drinkwaterbronne ontdek.”

Winde sê erfbelasting is drasties verhoog en ʼn onlangse klerikale fout het beteken dat inwoners dié astronomiese bedrae twee keer moes betaal.

“Dit is duidelik dat Knysna ʼn dringende behoefte het na DA-ingryping. Die Wes-Kaapse regering sal alles in sy vermoë doen om hulle by te staan. Ek sal ʼn mosie in die Wes-Kaapse wetgewer ter tafel lê om ʼn ondersoek te versoek na die koalisie van korrupsie wat ten doel het om die dorp ʼn lewende hel te maak vir Knysna-inwoners.”

Die DA moedig Knysna-inwoners aan om die koalisie te straf met hul stemme in die nasionale en provinsiale verkiesings op 29 Mei 2024.

“Die toekoms van Knysna is in die hande van plaaslike inwoners. Ons maan hulle om seker te maak hul stemme word gelei deur hul bestaande realiteit en dat die Wes-Kaap uit dié partye se hande gehou word wat nie net versuim om te voldoen aan hul beloftes nie, maar boonop die dorp tot die randjie van verwoesting bestuur.”

Winde sê partye soos die ANC, EFF en PA belowe gemeenskappe die wêreld, maar die oomblik dat hulle aan bewind kom, dan gaan gemeenskappe vinnig agteruit. “Terwyl die koalisie van korrupsie en hul kaders floreer, ly Knysna-inwoners. Die DA kan dit verander en Suid-Afrika red, maar slegs as julle vir ons stem om ons die mag te gee om dit te kan doen.”

Take care when driving near Thesen house in Long Street. This semi permanent circle was not designed for large vehicles.

Posted by Potholes in Knysna on Friday, December 8, 2023

Well done Knysna Municipality ????

Posted by Gillian Campbell-Codner on Thursday, February 22, 2024

Knysna Municipality Sewage water running down grey street for 3 days now and nothing get done about it.

Posted by Alfrieda Share on Monday, February 19, 2024

How our town is falling apart. Shame on you Knysna municipality.Sies man

Posted by Carla Pretorius on Wednesday, February 14, 2024

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Riette ·

Ek wens regtig die DA grootkoppe wil bietjie kom kyk hoe dit gaan in Drie Riviere in Emfuleni. Knysna lyk soos ‘n kinderpartytjie teen Drie Riviere.

Marinda ·

Ek stem saam Riette. Emfuleni (Vanderbijlpark) lyk vrek sleg. Gemors die hele plek vol, geen vullis verwydering, riool loop in die state af en beland in die Vaal rivier. Paaie is onbegaanbaar. Werkloosheid is baie hoog. Die plek val uitmekaar uit. In my buurt groei daar `n boom (hy is al mooi groot) in die pad, ons moet maar om die boom ry want Emfulenie parke dink blykbaar dis normaal.

Chopper ·

Soos enige politieke party sal hulle, slegs as hulle politieke punte kan score voor die verkiesing, daar uitkom.

Jacques Dawie ·

Is dit nou nie n puik’ verwysing op hul elke een se CV nie? As jy die doen in die privaat sektor is jy gefire, weg. Jy sal nooit weer n werk in dieselfde veld kry nie. Wat n gemors en skande, ergste is hul’, die ANC/ EFF voel zokol vir die land, die mense.

Mrs H ·

Ry bietjie deur Vereeniging se hoofstraat… Markpark was Vereeniging se ‘Pride and Joy’ … mooiste water fonteine en tuine op die middelman… alles verwoes – groot asb gaan ry deur daardie straat, jy sal nie weet of jy moet lag of huil nie! Kyk bietjie of jy straat naam borde kan sien of drein deksels…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.