Knysna-bos se laaste olifant swerf nou alleen

Van die Knysna-bos se eens groot trop is nou net dié enkele olifantkoei oor. Hier is sy op kamera in haar woongebied vasgevang. Foto: Verskaf deur Lizette Moolman

Van die Knysna-bos se eens groot trop is nou net ʼn enkele, eensame olifantkoei oor.

ʼn Studie deur Sanparke dui op die teenwoordigheid van een olifant wat deur die bekende bos swerf. Navorser Lizette Moolman sê die olifant is deel van dieselfde subspesie olifante wat in die res van Afrika voorkom, naamlik Loxodonta africana. Olifante wat in reënwoude in Sentraal-Afrika voorkom, behoort tot die subspesie Loxodonta cyclotis.

Navorsers het gebruik gemaak van kamerastrikke om ʼn omvattende studie van die olifant se hele woongebied te doen. “Sy is omtrent 45 jaar oud en beweeg rond in die inheemse bos en fynbosgebiede van Sanparke en op aangrensende private grond,” het Moolman gesê.

Navorsers is onseker oor haar reproduktiewe status.

Moolman sê omdat olifante langs spesifieke paadjies loop, is kameras op dié roetes opgestel. Die kameras was 15 maande lank aktief en in dié tyd is dieselfde olifantkoei 140 keer gesien – elke keer stoksielalleen. “Geen ander olifant is afgeneem nie.”

Die olifant is afgeneem waar sy onder meer met ʼn naambord en bosbou-masjinerie speel en ʼn hek afbreek. Olifantkoeie word in die reël altyd saam met die trop gesien en loop nie alleen nie.

Knysna se ontwykende olifante het deur die jare bykans magiese status gekry en hulle voortbestaan is verewig in boeke soos Kringe in ʼn bos van die skrywer Dalene Matthee.

Olifante het sowat 350 jaar gelede vrylik al langs die Suid-Afrikaanse kus rondgeswerf. Vir 200 jaar lank is hulle genadeloos vir ivoor gejag – tot net twee klein kusbevolkings teen die vroeë 1900’s oorgebly het: een by Addo en die ander in die Knysnabos van die Tuinroete Nasionale Park. Nadat hulle amptelike beskerming gekry het, het die Addo-bevolking floreer, terwyl die een by Knysna net verder gekrimp het.

Sanparke sê die situasie het gelei tot talle pogings om die olifante te tel, dikwels met teenstrydige resultate. Die verwarring het boonop gelei tot groot uitdagings vir bewaringsowerhede en private grondeienaars oor hoe om ʼn olifanttrop te bestuur.

Graham Kerley van die Sentrum vir Afrika-bewaringsekologie by die Nelson Mandela-universiteit en een van die navorsers, het aan businesslive.co.za gesê dit lyk of die olifant in ʼn redelike goeie toestand is. Daar is wél tekens van stres, waarskynlik omdat sy op haar eie is.

“Die wrede werklikheid is dat daar nie meer ʼn bevolking Knysna-olifante oor is nie. Al die misterie van die Knysna-olifante is gereduseer tot ʼn enkele olifant wat in tragiese omstandighede agtergebly het,” sê Kerley.

“As ʼn mens kyk na al die faktore is die debat oor hoe ons toegelaat het dat ʼn bevolking basies uitsterf, en hoe om die laaste olifant te bestuur, ʼn baie ernstige en emosionele een. Sy is ʼn simbool van hoe om biodiversiteit oor die algemeen te hanteer,” sê hy.

Die nuwe navorsing en bevindings gaan nou gebruik word om die beste maniere te vind om die olifant se toekoms te bestuur. Sanparke sê dit is ʼn ingewikkelde situasie met baie onbekende faktore, maar daar is reeds met alle betrokkenes vergader om die olifant se welstand en veiligheid te verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

ZAR ·

Êrens het iets skeef geloop tussen 1994 en nou, want daar was ‘n poging om ‘n paar olifante van addo af knysna toe te neem om die olifant bevolking aan te help.
Ek dink hulle moet nou die waarheid vertel.

Haan ·

ZAR ek onthou iets van n swam wat die ‘uitheemse’ olifante se voetsole aangetas het

Ander Gert ·

Daar is ook jare gelede op 50/50 gewys hoe olifante uit die Kruger Wildtuin na Knysna geskuif word.

Dalk kan SanParke iets doen dat sy op kunsmatige wyse bevrug word, nie seker nie. ‘n Baba olifantjie wat in die woud gebore word mag dalk so bietjie inspirasie wees, en sal natuurlik dadelik tuis wees.

Alias my ·

Sjoe, hoeveel was daar, is daar tog in die verlede ‘n pogings aangewend om te weet hoeveel.
Nou is almal dood en meeste seker gejag vir die ivoor. Opp seisoen in Knysna bos, niemand het gekyk nie. Die arme lot van die laaste een. Snaaks tog dat geen mense op die kameras opgetel word nie?

Aggie ·

Plaas tog n paar meer olifante daar en hou die onwettige mense daar uit

Ian ·

Seker te maklik om te stroop in die bos. Stuur haar Addo toe.

Donderstorm ·

Sy sal moet n maat kry sodat sy haar kennis kan oordra aan jongelinge klink seker snaaks maar haar gebied is anders as in ander dele van die land.Waar is die ander heen? is hul gedood anders moet sy geskyf raak.

Theresa ·

Dis baie erg. Kan iemand nie plan maak nie – moet sy nou regtig so alleen en eensaam wees? Help haar!!

Ellisras ·

Ek was een van die wat gedink het daar is nog ‘n trop. Suid Afrika het te veel olifante. Die Knysna bos het altyd olifante gehad.
Bring ‘n trop om die oorblywende een aan te vul.

Joan Strydom ·

Hierdie is nie nuwe nuus nie. Ons het jare gelede die woud se staproetes gevolg toe was dit al so. Die olifant se behoud is skugterheid. Die dier word selfde gewaar. Meesal voetspore of mis. Dit is elke voetslaner se droom om die dier te gewaar en die gevolg sal seker ook voetspore en mis wees.

honourable member ·

Sjoe dis sad. Sy moet baie eensaam wees. Hoekom maak hulle dan nie plan met n maat nie.

Jan ·

Waar is al die olifante heen? Iemand moet iets drasties begin doen. Knysna se olifante mag nie uit sterf nie. Waarom help geen mens hulle nie???!

Johnnie ·

Dis hoe dit nou maar in nuwe sa gaan hulle skrik eers wakker as dit te laat is en dan sê hulle net eish het nie gaweet nie die sjeld was for dit nie. BESKERM ASB OM OLIFANTE SOOS ONS RENOSTERS??????????

Antjie ·

Stuur Lammie die olifant wat alleen in die dieretuin is af soontoe…..

Pieter ·

Vra Gareth Paterson se mening, hy woon in Knysna en het ‘n boek oor die Knysna olifante geskryf ‘n tyd terug, toe was daar nog ‘n aantal olifante in verskillende gebiede. In vandag se tyd weet ‘n mens nie indien ivoorstropery plaasvind in die bos nie, dit is so ruig en maklik om jou spore weg te steek. Gareth is ook die man wat na die laaste leeus van die Adamsons (Born Free) in Botswana omgesien het.

Elrou ·

Die kruger wiltuin het te veel olifante dat daar n ruk terug een op jag dood geskiet is. Nou regtig kan daar nie geskuif word om die olifant bevolking daar onder beheer te bring nie. Nee hulle sal eerder die een of ander aap n lesensie gee en se jag maar Suid Afrika se olifante hier is te veel…

Marius ·

Daai olifant mt ligloop want as die staat eers haar begin monitor is hulle agter haar pensioen aan.

nannie ·

Stuur vir haar n maatjie of Lammie van die dieretuin of van die ander parke se olifante.

Sakkie ·

As n natuurbewaringstudent, het ons n Proffie gehad, wat erg baie navorsing gedoen het op olifante. As iemand iets gevra het oor Knysna se olifante, het hy erg ontsteld geraak, en gesê: ” Net omdat een simpel vrou n storieboek geskryf het dink mense nou daar hoort rerig olifante in die woud! Dit is nie hul natuurlike habitat nie!” :-)

Estelle ·

Ag sê vir die proffie om te gaan mis.
Hoekom het die olifante bos toe geskuif? Omdat hul daar ingedryf is agv verskeie faktore. Miskien moes die proffie dalk die “simpel vrou” se boeke gelees het en homself eerder vergewis het van baie akurate navorsing oor die Knysna olifante, eerder as om te dink hy het nou ñ raakvat sê-ding uitgedink.
Tsk. Tsk. Tsk.

Penellope Jones ·

Ai ounooi.
So alleen. Tensy daar nog olifante baie dieper in die bos is. . . . . .ek hoop so.

Jepetto ·

Julle is reg daar was meer olifante ek is baie niskurig kan iemand bietjie vir ons lug werf

Jaco ·

As daar iemand is met n plan wat prakties is en bereikbaar is, laat weet ons asseblief.
Ek is ver van n olifant kenner, maar is bereid om geld te skenk om dit te kan bewerkstellig. As almal wat glo ons moet iets doen n paar rand skenk kan dit tog moontlik wees?

Grotes ·

Jy kan nie net enige olifante Knysna toe skuif nie. Die klimaat en ekosisteem is heeltemal anders as in ander dele van die land. Die vorige groep geskuifde olifant het almal gevrek. Die oorsaak was glo dat hulle voete nie die klammigheid van die woudvloer gewoond was nie, en toe begin verrot het en hulle pote later so seer was dat hulle nie kon loop nie. Dis die storie wat vertel is, hoeveel waarheid daarin steek weet ek self nie.

Riaan ·

Kyk wat het hulle met die Kameelperd gedoen,die Olifant gaan dieselfde pad loop

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.