Knysna-brande: Dodetal styg

Die N2-snelweg is vroeër vandeesweek vir verkeer gesluit. Foto: Verskaf

James-Brent Styan, woordvoerder van die minister van plaaslike regering en omgewingsake, Anton Bredell, het Sondag laatmiddag gesê die driejarige seuntjie wie se liggaam Woensdag in ʼn uitgebrande gebou in Welbedacht gevind is, se ma is ook dood.

Sy is gisteraand in die Tygerberg-hospitaal dood.

Daar is tans 1 106 brandbestryders in die Knysna-gebied. “Alle brande aan die noordelike kant van Sedgefield sowel as die noordelike kant van Knysna is grootliks onder beheer,” het Styan gesê.

Styan het bevestig sommige van die brande in Buffelsbaai gister was opsetlik om voorbrand te maak en die dorp weg te hou van vlamme.

Daar is nog 10 huise sedert Saterdag in Knysna afgebrand.

“Ons dink aan ons kollegas in die Oos-Kaap waar hulle ook met verwoestende brande te doen het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Johan ·

Gee asb die dodetal in die artikel. Dis ‘n Nasionale ramp!

Zet ·

Ons as gesin het vanmiddag teruggekeer huistoe nadat ons hulp gaan verleen het in Knysna oor die naweek. Ons het seker nie iets noemenswaardig gedoen nie, maar ons hoop dat ons bydrae darem ‘n klein hupstootjie het tot die heropbouing van so pragtige dorpie soos Knysna!!! Ons het donasies met ons eie voertuig aangery en ons het kospakkies help opmaak en verpak. Dit was lekker om te kon help. Knysna gaan weer opstaan!!!!

Ai ·

Voel of die hartseer net nie einde kry nie! Ai jinne my hart breuk vir die mense wat hulle lewens verloor het. As die brande wel alles opsetlik was (want ek weet nie meer wat die waarheid is nie) dan hoop ek hulle vang die skurke en ek hoop daar word moordsake teen hulle gemaak.

Rus in vrede julle. ??

Poppie ·

So baie gaan vir Knysna. As die res van die land maar weet hoe “suffer” die brandbestryders om die vure tussen PE en Jeffreysbaai geblus te kry. Mense, diere, plase, “wild life” alles is verbrand. Selfs Woodridge skool en koshuis. En dit in die middel van hul eksamens. My hart bloei vir almal. Die een tannie is dood verbrand en haar man n paar uur later aan n hartaanval. Nie eers die dood kon hul skei nie. R.I.V.

Buiteland ·

Ons woon al 20 jaar in Buiteland maar Knysna het altyd in ons harte n plek behou, gereeld daar vakansie gehou van ons jong tye af en gereeld weer terug oor die Jare, famile en vriende in Oos
Kaap, ons harte bloei, wil graag help met doenasie, waar kan ons gee?

Kontak ·

Ek het op internet Knysna NG Kerk gekontak, hul bankbesonderhede gekry. Hul werk ook direk met slagoffers.

susan otto ·

Hi wil weet ek het klere en linne wat ek wil skenk vir knysna mense….bly op hendrina krag stasie mpumalanga…hie gaan ek te werk asb.

Marna ·

DHL koeriers vervoer goedere gratis – moet net by depot ingee en sê dis vir Knysna. Kyk ook op Aid for Knysna se FB-blad – hulle het verskeie versamelpunte en kontakpersone landwyd vanwaar die goedere per vragmotor of vliegtuig sal gaan.

melissa ·

dit was ‘n dogtertjie en sy was . sy was haar ouers se enigste kindjie en hulle het vir hulle net ‘n beter lewe kom maak in SA. My hart dra bitter swaar vir hierdie mense wat so baie verloor het

Buiteland ·

Baie dankie vir info,sal hulle kontak,sterkte aan almal wat geraak word en dankie aan al die wonderlike mense wat hulle ondersteun.Ons is baie trots op ons mense in SA.

Wonder maar net ·

Hoekom is daar nie nuus berigte omtrent die brande in die Oos-Kaap nie? Is dit Knysna brande wat belangrik is

Sinies ·

Simpatie met almal wat geaffekteer is.
Ek het n ernstige vraag i.s. die gerieflike tydsberekening van die brande ten einde media en emosie weg van die staatskaping en Gupta skandaal te lei.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.