Knysna-brande: Fopnuus wakker histerie aan

Brandbestryders spook om brande in die Knysna-omgewing in bedwang te bring vroeër vandesweek. Foto: AP Photo/Ewald Stander

Die Suid-Kaapse polisie het Saterdag ʼn beroep op die publiek gedoen om nié fopnuusboodskappe wat die rondte doen te versprei nie aangesien dit pogings bemoeilik om kalmte tot die rampgeteisterde Knysna-gebied te bring.

Daar is onder meer twee stemboodskappe van ʼn Afrikaanse man en vrou wat wyd, veral op WhatsApp, gedeel word en deur die polisie as fopnuus bestempel is.

“Gerugte word versprei dat wee mense met petrolkanne in hegtenis geneem is in verband met die brande in George en omliggende gebiede. Dit is heeltemal onwaar en ongegrond. Geen inhegtenisneming is tot dusver in dié verband gemaak nie. Dieselfde stemboodskap meld dat die twee ‘verdagtes’ betrokke was by die verwoestende brande van Knysna tot Port Elizabeth,” het kapt. Malcolm Pojie, provinsiale polisiewoordvoerder, in ʼn verklaring gesê.

Daar is wel sewe mense in hegtenis geneem wat ná Woensdag se verwoestende brande in Knysna glo huise geplunder het wat ontruim was. Hulle is in besit van vermeende gesteelde goedere in hegtenis geneem, maar nie vir brandstigting nie.

“Nog ʼn gerug wat lui dat voertuie wat skenkings na Knysna bring, gekaap en besteel word, is ook onwaar. Die geldigheid van die gerugte is nagegaan en is nie waar nie.”

Die polisie het ʼn beroep op sosialemediagebruikers gedoen om nié dié fopnuus te versprei nie aangesien dit verdere chaos veroorsaak in ʼn situasie waar hulpbronne reeds tot sy uiterste gestrek word.

“Ons het polisie- en verkeerspolisie-sigbaarheid in die gebiede verhoog om die veiligheid van alle padverbruikers en die publiek in die algemeen te verseker.”

Lees meer berigte oor die Knysna-brande op Maroela Media.

Die volgende stemboodskappe is glo onwaar:

Lees meer berigte oor die Knysna-brande op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

48 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jackie

Ek kan steeds nie glo dat mense tot sulke uiterstes sal gaan net om aandag te trek. Verlekker hulle, hulle in ander se Leeds, daai hulle paniek of is hulle blood net “stupid”?

foxi

Ongevoellige spul mense wat geen verstand het nie. Vir hulle is als n grap totdat dit met hulle gebeur. Sies man!

Skud net my kop

Ongelooflik dat daar altyd mense is wat paniek wil saai deur onnodige snert te versprei. Dit is asof hulle in n sensitiewe situasie soos bv. Wanneer verwoestende haelstorms ens. voorspel word genot daaruit put om mense vreesbevange te maak deur onsin te verkoop. Ek wonder of hulle sulke wolhaarstories sal versprei as hulself of geliefdes van hulle in n potensiele gevaarlike situasie sou verkeer. Moontlik is hul in die verkeerde beroep en wou eintlik skrywers van rillerboeke gewees het. Die verbeelding gaan dan op hol en hulle glip in n fantasie wereld in. waar nie tussen fiksie en feite onderskei… Lees meer »

Ai

So nou besteel hulle nog die mense wat moes vlug vir die brande. Mis nooit n geleentheid nie.

Semaarnet

Uhm .. net n klip in die brandende bos .. met alles wat in die land gebeur .. en as ek dit nie mis het .. is die Kaap se brande nie ook gestig .. en bevestig deur die polisie? Is dit regtig so vreemd dat trokke ge hijack word? Ek se maar net? What if it is true??