Knysna-brande: Fopnuus wakker histerie aan

Brandbestryders spook om brande in die Knysna-omgewing in bedwang te bring vroeër vandesweek. Foto: AP Photo/Ewald Stander

Die Suid-Kaapse polisie het Saterdag ʼn beroep op die publiek gedoen om nié fopnuusboodskappe wat die rondte doen te versprei nie aangesien dit pogings bemoeilik om kalmte tot die rampgeteisterde Knysna-gebied te bring.

Daar is onder meer twee stemboodskappe van ʼn Afrikaanse man en vrou wat wyd, veral op WhatsApp, gedeel word en deur die polisie as fopnuus bestempel is.

“Gerugte word versprei dat wee mense met petrolkanne in hegtenis geneem is in verband met die brande in George en omliggende gebiede. Dit is heeltemal onwaar en ongegrond. Geen inhegtenisneming is tot dusver in dié verband gemaak nie. Dieselfde stemboodskap meld dat die twee ‘verdagtes’ betrokke was by die verwoestende brande van Knysna tot Port Elizabeth,” het kapt. Malcolm Pojie, provinsiale polisiewoordvoerder, in ʼn verklaring gesê.

Daar is wel sewe mense in hegtenis geneem wat ná Woensdag se verwoestende brande in Knysna glo huise geplunder het wat ontruim was. Hulle is in besit van vermeende gesteelde goedere in hegtenis geneem, maar nie vir brandstigting nie.

“Nog ʼn gerug wat lui dat voertuie wat skenkings na Knysna bring, gekaap en besteel word, is ook onwaar. Die geldigheid van die gerugte is nagegaan en is nie waar nie.”

Die polisie het ʼn beroep op sosialemediagebruikers gedoen om nié dié fopnuus te versprei nie aangesien dit verdere chaos veroorsaak in ʼn situasie waar hulpbronne reeds tot sy uiterste gestrek word.

“Ons het polisie- en verkeerspolisie-sigbaarheid in die gebiede verhoog om die veiligheid van alle padverbruikers en die publiek in die algemeen te verseker.”

Lees meer berigte oor die Knysna-brande op Maroela Media.

Die volgende stemboodskappe is glo onwaar:

Lees meer berigte oor die Knysna-brande op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Jackie ·

Ek kan steeds nie glo dat mense tot sulke uiterstes sal gaan net om aandag te trek. Verlekker hulle, hulle in ander se Leeds, daai hulle paniek of is hulle blood net “stupid”?

Tersia ·

Nee nie stupid nie. Net plein commin stoepit! Jy gaan nie naby Mossebaai as jy van van Reenens afkom nie!

foxi ·

Ongevoellige spul mense wat geen verstand het nie. Vir hulle is als n grap totdat dit met hulle gebeur. Sies man!

Skud net my kop ·

Ongelooflik dat daar altyd mense is wat paniek wil saai deur onnodige snert te versprei. Dit is asof hulle in n sensitiewe situasie soos bv. Wanneer verwoestende haelstorms ens. voorspel word genot daaruit put om mense vreesbevange te maak deur onsin te verkoop. Ek wonder of hulle sulke wolhaarstories sal versprei as hulself of geliefdes van hulle in n potensiele gevaarlike situasie sou verkeer. Moontlik is hul in die verkeerde beroep en wou eintlik skrywers van rillerboeke gewees het. Die verbeelding gaan dan op hol en hulle glip in n fantasie wereld in. waar nie tussen fiksie en feite onderskei kan word nie. Dink asb. 2 keer voordat jy “net vir die pret” nonsens aanstuur. Dit is slegs pret as jy nie persoonlik geraak word nie.

MH ·

Die rede hoekom ongevoelige mense sulke stories uitdink is omdat daar vir elkeen van hulle ‘n honderd swape is wat enige snert glo en dit verder versprei.

Ai ·

So nou besteel hulle nog die mense wat moes vlug vir die brande. Mis nooit n geleentheid nie.

Semaarnet ·

Uhm .. net n klip in die brandende bos .. met alles wat in die land gebeur .. en as ek dit nie mis het .. is die Kaap se brande nie ook gestig .. en bevestig deur die polisie? Is dit regtig so vreemd dat trokke ge hijack word? Ek se maar net? What if it is true??

Dries ·

Kan al die brande wat gelyktydig oral begin toeval wees – weet darem nie. As mens kyk na die Weskaap wonder mens !!!!!

Pieter ·

Dries,
Dit is veral die brande wat by die paaie begin het waar daar geen vuur aan die anderkant van die pad is nie. Die moet voorwaar ‘n baie snaakse natuurlike verskynsel wees as 26 brande gelyktydig op sulke maniere begin. Ek dink ook die vreeslike onskuld is net te dik vir ‘n daalder, eerder baie polities korrek en SAPD wat nie by skelms en brandstigters uitkom nie want dit is ekstra werk, makliker om ‘n mediaverklaring te doen.

Estelle Leeuwner Claassens ·

Oorsprong van brande wil ek niks sê behalwe dat mense van daardie omgewing twee met petrol-kannietjies sien loop weg, rigting weg van brande en dat dieselfde twee terug gegaan het om te gaan help met blus van brande. Dit was 2/3dae terug op fb geplaas. Indien daar enige hi-jackings was so sit formeel aangekondig gewees het,nice deur twee idiots met stem-boodskappe versprei word nie. Stemme kan maklik deur kennisse uitgeken word, netnou gaan kuier julle agter die tralies!?

Dirk Martins ·

Die wat jy van praat is nie twee met petrol kannetjies nie. Dis twee seuns wat begin van die jaar of einde laas jaar n brande gestig het. Toe die brand buite beheer raak keer hulle toe terug om te help om die vuur dood te maak

Alida ·

MA, is n paar spelfoute al waaroor jy bekommerd is? Siestog.

Semaarnet ·

Gaan kyk gerus na die skermskote van n ander berig hier op Maroela van AfriForum .. dan dink julle weer ..

Jannes ·

Kan die mense wat hierdie vals berigte versprei nie in hegtenis geneem word nie? Hulle hoort agter tralies.

Werner ·

Wie se dit is vals berigte en dat die media dit net as vals afmaak sodat mense nie reg in eie hande neem nie

Flippie ·

Nee, ons moet mooi verstaan, in Suid Afrika word daar nie brande gestig nie. Nee, nee, o nee hier by ons in Suid Afrika ontstaan brande spontaan. Vra maar die Oos-Vrystaatse boere, vra maar vir Overbergers, vra maar vir Weskapenaars, Kapenaars en Bilanders – Alle brande ontstaan spontaan!

Nonsens – Ons msg net nie vinger wys nie. Veral as die velkleur nie blank is nie. Want hulle kan mos niks verkeerd doen nie.

Pieter ·

Flippie,
Boonop begin die brande in die vuurmaakseisoen altyd langs die pad en baie min of geen plakkerkampe brand saam met plase en bosse af.

Mary Sadler ·

Die brande begin langs die paaie omdat mense in motors hul brandende sigaretstompies uit die venster gooi.

Jan ·

Ons is histeries sommer sonder die fopnuus. Die land is dan aan die brand.

LV ·

As die mense net besef die hele Suid Afrika is n tyd bom maar ja hier is baie siek mense wat ander uitlok tot op hulle vlak deur valse media en waar leer hulle die slegte gewoonte aan.

Dries ·

Regtig – kan brande op soveel verskillende plekke uitbreek , hoe dom dink hulle is die gemeenskap

Davida Barnard ·

Ek bly in PorrElizabeth. Ja ons het ons kwota winter veldbrande wat wel aangesteek word onder toesig. Maar in al my jare het ek nog nooit soiets beleef soos nou nie. Sit net 1+1 bymekaar en jy kry verseker 2. Hierdie brande het by Mosselbaai ‘ontstaan’ en ewe skielik ook in Knysna op 20 verskillende plekke. Toe terwyl Knysna brand toe spat die ‘vonke’ +- 40km ver en Plet begin brand. Ure daarna begin Thornhill brand. En ure daarna Van Stadens omgewing Almal baie kilos uitmekaar. Nou brand dit naby Port Elizabeth. Nèt langs die kus af. Waarom brand dit dan nie in die binneland nie ? Die wind waai oral stormsterk maar dit brand nie. ??? Ons het koppe wat kan dink. Verklaar asb.

Sarel Strydom ·

Hierdie mense versprei beigte gesigloos en naamloos en hulle berigte dra by tot die paniek wat reeds bestaan. Die persoen spreek ook suiwer Afrikaans. Destyds met Brande in die Boland was daar ‘n vrou en man met diesaelfde boodskap. Net die een het genoem dat dit in die Paarl was en die ander sou dan kwansuis in Worcester gebeur het.

Dries ·

Sarel stem dat daar wel mense is wat berigte versprei wat nie waar is nie maar hoe verklaar mens dat brande oral in George, Mosselbaai,Wilderness ens ontstaan . Dit kan nie alles toeval wees nie , oor die afgelope paar weke en maande het die Hele Weskaap al afgebrand . Is daar nog iets van die plase en natuur in die Weskaap oor . Is daar nog werk oor vir die armes van die armes. Ons moet ons oe oophou en dinge begin sien of dit brandstigting, politiek of werkskepping vir die boubedryf is,wat is die rede agter alles

Oom Piet ·

Daar is ‘n vrou wat almal op sosiale media opsweep en vrees injaag met die storie dat swartmense met kanne petrol rondloop en die plekke aan die brand steek. Kan sy nie vervolg word nie asseblief?

Dries ·

Zuma voel niks vir die gemeendkap nie maak nie saak of dit wit, bruin, of swart is nie. Sy aandag in op sy exscape as die popo die fan strike en hy en sy vrouens en kinders moet inderhaas vlug na sy Guptas Mansion . Die brande hou die gepeupel besig en die oe van die regering af. As Staat nie die land en finansies kan beheer nie dan brand hulle dit af.

Dries ·

OOM PIET WAT AS SY DIE WAARHEID PRAAT, IS PLAASMOORDE DIE WAARHEID EN IS DAAR FAKSIES WAT DIE BOERE VAN DIE GROND WIL AFHE,
KOM WAT WIL – AL MOET HULLE PLASE AF BRAND EN MOOR

vermeende ·

Nou wat is die ware nuus dan, word daar dan geen vuilspel en brandstigting nerens vermoed nie, en as daar wel sulke gevalle is dan is die klomp mos vermeendes want hulle is nog nie deur n hof skuldig bevind nie.

Ek dink eerder die hoofstroom media kry seer want meer mense wend hulle tot sosialemedia om op hoogte te bly met nuus.

Sosiale media het nie geboorte gegee aan fopnuus nie maar die gebrek en leemte aan onparteidige nuuslewering wat ook vrystaan van politiek.

Elke lid van die publiek, deel jou nuus soos jy dit sien en ervaar, druk die hoofstroom dood want hulle deking kom met n agenda!

Maritza ·

Ek verpes al die beskuldigings wat die rondte doen, maar ek sal graag wil weet wanneer die stemboodskap oor die “mense wat op pad PE toe is” om nog brande te stig die rondte begin doen het? As dit dae gelede is, dan is dit kommerwekkend.

Jan ·

Skerp, Gerda! Nietemin, met die afgelope week se dinge in die VSA is dit nou onomstootbaar bewys dat die hoofstroommedia eintlik die fopnuus is. Soos gesê is, daar is altyd ń agenda met alles.
Ons is in ń situasie waar mens nie meer weet wat om te glo nie. So, dis dan tyd om self die kloutjie by die oor te bring.
So, vra jouself af: Is brandstigting werklik so vergesog? Die kaping van vragmotors? Almal weet hulle is oppad. En weet wat is in hulle. Dis nie dat jy die risiko vat van die kaping en as jy die deur oopmaak is dit sakke kompos nie. Dit kom asof dit gestuur is.
So, eerder bang Jan as dooie Jan.
Paraatheid kos niks.
Hou jou oë oop.

humor ·

Ek maak ook maar my spelvoude al het ek n paar grade agter die rug. Voel nie goed daaroor nie en probeer darem. Hoor tog mooi, as iemand spelfoute uitwys beteken dit geensins dat hy of sy nie deur die krisis geraak is nie.

Beatrice ·

Maklik om te se die mense lieg. Wel ek woon langs n baie grt bos, en tot dusver meeste van die brande hier was aangesteek. Onmoontlik kan n vuur op so baie plekke gelyk brand. Wow en heel toevalig trek ons dierbare president sy skouers op. Darem baie gerieflik. Nie gedink wat hy se toe hy met die joernalis prt nie. Of word dit ook as n leuen uitgemaak.

Anoniem ·

Dis baie maklik vir die polisie om te se dat dit fop nuus is net soos was dit n miete is dat ons wittes word gejag en dat diefstal is net n bysaak.hulle skiet jou dood en dan vat hul net n foon en dan se die polisie dit is diefstal.ek glo liewers blankes as vir die polisie wat net staan en kyk hoe hulle in coligney die blankes se huise af gebrand het.en hoeveel wapens verkoop die polisie elke jaar aan die kriminele of oor hoe hulle dockets laat weg raak uit gerieflikheid.
Die polisie versprei leuns en mense moet na albei kante kyk en nie net die polisie glo nie.want hulle weet en is bang dat as dit waar is dat dit terrorisme is.nes hulle nie wil erken dat plaas moorde nie rassisties en haat is nie.
Die polisie is die regering en versprei die regering se propeganda.

Dirk Martins ·

Ek glo die raports van brand stigters is waar. Ek het van bronne gehoor hoe hulle die stigters gejaag het by Plet. 4 is gevang. Later hoor ek 7 is in hegtenis geneem oor brand stigting. Ek het artikels gesien van verskeie media wat se die brande was as gevolg van stigting. Hoe kan dit alles met verskillinde berigde, maar wat op dieselfde neerkom, vals wees? Hoe kan n klomp brande op verskillende plekke ewe skielik begin gelykteidig. Daar was rasistiese aanmerkings op facbook oor hoe sekere persone bly is oor die brande, en net daarna het dinge net vererger. Hulle het gesien wat gebeur het in Knysna en nou gryp hulle die geleentheid tot hul voordeel.

Rina-Louise ·

ek dink die brand stigting met kannetjies is tog waar. dit wil nou toe gesmeer en verontskuldig word. Komaan Ma spelfoute is nie nou tersprake nie. Ons het skade daar daar buite. en ons mense het hulp nodig.

joe ·

Die polisie is deel van die revering dis hoekom hulle alles ontken!

Rina ·

Hierdie is vir my ook net te dik vir ‘n daalder! In my leeftyd waai die winde oraloor of deur die land en ja brande gebeur in sekere gebiede meer as op ander plekke uiteraard! Dog hierdie is absoluut ongekend – gister was ideale dag in Suidkaap vir wegholbrande! Desondanks op hoeveel Kusdorpies tot in PE en plekke opgevlam – die hele land is op hol. Ken julle ouer persone sulke brande? Weskaap jaar of drie terug was gestig! Nee jammerlik klop my somme nie – jammer vir al die mense wat se harde werk en drome aan skerwe le! Lewens is verwoes en boonop is dit winter! Winter in baie mense se lewens ook……!!

Johanna Botha ·

Agt brande het teen die snelweg ontstaan naby PE ….hoekom daar …..en as dit weerlig was hoekom op so baie plekke amper op een slag ? ? ?

Johannes van Staden ·

Wat my net verstom is hoe die polisie oornag kundiges geraak het oor fopnuus. Hulle het geen intelegensie op grondvlak en kan nie eers misdaad bekamp maar hulle weet van fopnuus ….julle probeer die publiek nou fop en is eintlik maar n groot grap …wie is nog bang vir die polisie …verseker nie die boosdoenners nie

Marisa ·

En dis ALTYD Afrikaanse mense wat hierdie twakstories versprei.

Dries ·

Ek is bly as jy dink dit is twak stories, duidelik kan jy nie agterkom dat die publiek gepaai word deur die SAP nie.

Chris ·

Ek glo mos ‘n storie het altyd drie kante, myne joune en die waarheid. Die brande in die Kaap so ruk terug het my laat wonder hoe het dit “ontstaan”. Daar is ‘n paar maniere hoe brande ontstaan. Sigaret stompies uit motors uit geskiet, weerlig en glas stukke wat soos vergrootglas die gras of grondbedeksel kan aan die brand laat slaan. Die brande in die Knysna omgewing se ontstaan en omvang laat brandstigting as die hoof oorsaak.

Marita ·

Ons moet onthou dat dit winter is, nie almal het verwarmers of selfs stowe en elektrisiteit nie. Ek het al baie kere gesien dat koerantverkopers ‘n vuurtjie maak om warm te kry in die oggende. As ‘n persoon ‘n vuur maak om warm te kry of om kos op voor te berei en die wind versprei die vuur, is dit steeds moedswillige brandstigting? Jy het geen ander manier om jou gesin te voer of hulle warm te maak nie. Jy kan mos nie, nie kosmaak omdat die wind sterk is nie. In een van die Weskaap brande het ek ‘n vrou teekgekom by die hospitaal wie se kind doodgebrand het in hulle hut in die berg, hy was 9 maande oud ‘n swart kind. Alle mense word geraak deur die brande nie. Vuur vra nie jou velkleur nie. Dit verwoes en vernietig net.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.