Knysna-brande: Miljoene vir herstelwerk; Zuma besoek gebied

Knysna-brande (Foto: Twitter)

Die Wes-Kaapse regering het R75 miljoen opsygesit vir die herstel van skade wat deur storms en brande in die provinsie veroorsaak is.

Michael Mpofu, woordvoerder van die Wes-Kaapse premier, het in ʼn verklaring gesê die besluit is geneem by ʼn vergadering in Knysna vroeër vandeesweek.

“Daar sal ook deurlopend ondersteuning gebied word aan die munisipaliteite wat tans die ergste geraak word deur die droogte,” het Mpofu gesê.

Premier Helen Zille het gesê die regering sal saam met die plaaslike owerhede werk om die lewe van inwoners wat alles verloor het te help herbou. “Die R75 miljoen is die eerste stap in daardie rigting en ons sal die situasie deurgaans hersien,” het Zille gesê.

Die verklaring het ook melding gemaak van die bydraes wat die privaat sektor gemaak het. Ivan Meyer, LUR vir finansies, het gesê die vier groot banke het bygedra, asook DHL wat al 284 ton se goedere afgelaai het sowel as Pick n Pay, Spur, Clicks, Vodacom, Cell C en talle ander maatskappye.

Die provinsie het hom tot die nasionale rampbestuursentrum en die tesourie gewend vir verdere bystand.

Die presidensie het intussen aangekondig dat pres. Jacob Zuma Donderdag die gemeenskappe van Knysna en Plettenbergbaai sal besoek.

Bongani Ngqulunga, woordvoerder vir die presidensie, het gesê ongekende verwoesting is in die provinsie gesaai.

“Vroeër verlede week het die president hulpverlening gestuur na al die gebiede wat geraak is, veral die armer gemeenskappe,” het Ngqulunga gesê.

Zuma sal deur ander ministers vergesel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Alida ·

Hy moes LANKAL gegaan het maar ek dink hy is onder druk geplaas om te gaan. Hy was baie vinnig by die vrou wie se kind verkrag en vermoor is om te help en hy het ruimskoots gehelp. Hoeveel het hy uit sy eie sak bygedra vir hierdie ramp wonder ek.

Magda ·

Hy kom soontoe om WAT te doen – gese die mense het vir DA gestem – DA moet hulle help – WAT kom doen hy daar – DA sal self reg kom Mr zuma

job jobson ·

Zupta n Guptas moet Knysa weer herleef – hulle het baie GELD wat nie aan hul behoort nie.

job jobson ·

Skut jou sak zupta- Miskien word jy i held in Knysna,of wil jy as i agteraf LAFAARD gebrandmerk word.

Simon ·

R 75.000.000 lyk my een fooi as ek Zuma se huise zie.
Hy VERBOU R 230.000.000.!!!! aan sy eie huis
Gaan hy tente opset vir die mense??

fred ·

R75 miljoen? Seker R5miljoen vir ramphulp en R70 miljoen vir ‘n paar officials se gatsakke!

Ag asb! ·

Aag asb! Hy en sy makers is skeinheilig! “Arm gemeenskappe”?? Ons almal weet wie dit is! Hy voel vere vir die res! Hy wil net sy gewete “sus”. Shame,hy gee net skamtig om om sy hande in die geld skenking te kry,niks anders

Uvonka ·

Dit is net ‘n politiese strategie, niks anders! Hy voel ‘n veer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.