Knysna-brande: Onafhanklike ondersoek van stapel gestuur

Foto: Reint Dykema

Dr. David Klatzow, bekende forensiese wetenskaplike, het Woensdag namens die burgerregte-organisasie AfriForum die moontlike oorsaak van die brande in Knysna en omliggende gebiede begin ondersoek.

Volgens Reint Dykema, woordvoerder van AfriForum, behels die eerste fase van die ondersoek om alle relevante inligting rakende die brande in te samel. Klatzow gaan tydens sy ondersoek ook met verskeie rolspelers vergader om hul insette te kry.

“Klatzow het vroeër die dag oor die rampgebied gevlieg om nie net die omvang van die brande te probeer bepaal nie, maar ook om vas te stel of ʼn vuur na ʼn ander gebied kon versprei by wyse van die wind wat in daardie stadium gewaai het met inagneming van die windrigting en -sterkte,” het Dykema gesê.

AfriForum het ʼn beroep op die publiek gedoen om enige inligting rakende die moontlike oorsaak van die brande na [email protected] te stuur.

Intussen het dr. Pieter Groenewald, leier van VF Plus, gesê die oorsaak van die vernietigende brande in en om die Knysna-gebied moet dringend ondersoek word en die bevinding so spoedig moontlik aan die publiek bekend gemaak word. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Die Kryger ·

Die aangeleentheid word nou ondersoek..en daar word bevind brandstigting en gaan die skuldiges betaal ?? Asseblief

Die Kryger ·

Die aangeleentheid word nou ondersoek..en daar word bevind brandstigting en gaan die skuldiges betaal ?? Asseblief rnan

C op C ·

Hommeltuie deesdae oral in die lug. Wat is die kanse dat dit lig op die saak kan werp?

John ·

Hommeltuie vir vooraf waarskuwings is ‘n goeie idee, maar stadsrade is te laks, te lief vir die mall en tamatiegooi tydens vergaderings. Daar sal ernstig verhoed moet word dat die hele Kaap nie nou rondom Knysna kom plak vir meevallers nie want die nuus loop oor die lekkertes wat nou daarheen vloei na die erge ramp.

Johannes Meintjes ·

Tog nie-amptelik vir die rekord aan te meld dat in die GPF area waar ek in Kameeldrift Oos deelneem gister na 13:00 skierlik sewe brande beleef het waarin daar o.a. skade berokken is. Wonder wat dit kon veroorsaak het? Vrywillige brandspanne en brandweer het lang ure, middele en risiko ingesit tot gistraand laat! Vanoggend is Gauteng se paaie ‘n uitdaaging ten koste van die ekonomie en mense se brood en botter. Die Regering en Afrikners is nietemin skynbaar heetemal tevrede.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.