‘Knysna-brande se oorsprong moet spoedig bepaal word’

Brande woed in Knysna in die Wes-Kaap (Junie 2017). Foto: Koos Britz/WVS Wildfires/Twitter

Die oorsaak van die vernietigende brande in en om die Knysna-gebied moet dringend ondersoek word en die bevinding moet so spoedig moontlik aan die publiek bekend gemaak word, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Groenewald sê dit is veral nodig gesien in die lig van berigte dat ʼn ingenieur, dr. Wallace Vosloo en sy buurman, Anton du Plessis, beweer hulle het ʼn tyd gelede reeds ʼn smeulende brand in die omgewing gerapporteer by die brandweerhoof op Sedgefield, Wayne Sternsdorf, maar dat daar nie opgetree is om dit te blus nie.

“In ʼn woudagtige gebied soos daardie is dit uiters onverantwoordelik en nalatig om ʼn smeulende brand nie dadelik te blus nie, en antwoorde moet hierop verskaf word,” het Groenewald bygevoeg.

“Die polisie moet ook ondersoek doen na die moontlikheid van brandstigting, aangesien verskeie brande binne ʼn kort tydperk ontstaan het vanaf George tot in Port Elizabeth. Dit is verdag dat brande so kort na mekaar oor so ʼn groot gebied kon ontstaan. Die ondersoek moet in samewerking met die Eden-distriksmunisipaliteit gedoen word.”

Groenewald het gesê dit help nie die polisie doen nou ʼn ondersoek na die verspreiding van vals- of fopnuus op sosiale media nie. “Daar moet eerder ondersoek ingestel word na die moontlikheid of daar wel enige misdaad soos brandstigting was, en die feite moet aan die publiek bekend gemaak word. Verlede jaar het daar ook verskeie brande op ʼn soortgelyke wyse oor ʼn groot gebied binne ʼn kort tydsbestek in die omgewing van die Kaapse Skiereiland ontstaan en daar is toe ook verskeie beweringe van brandstigting gemaak.

“Die VF Plus het die polisie toe ook gevra om die beweringe en die oorsprong van die brande te ondersoek en terug te rapporteer, maar tot op hede is nog geen antwoorde daaroor ontvang nie, en die VF Plus versoek opnuut dat die bevinding van dié ondersoek bekend gemaak word.

“Die publiek kan nie kwalik geneem word indien misdadigheid wel ʼn element is in die oorsaak van die brande nie, en daarom moet antwoorde spoedig verskaf word,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Koos ·

Gewoonlik waai wind in een rigting. Ek verstaan nie hoe die vure in alle rigtings vanaf Knysna
Suid en Noord kon versprei nie.

manuela de villiers ·

Die mense in Knysna het gepraat van vuurwarm kole wat geskiet het deur die lug. As die vuur so warm word, is dit seker moontlik dat hierdie kole kan val op plekke waar dit nog nie brand nie en brand daar begin. Dit was nie ‘n gewone brand nie. Dit was ‘n vuurstorm. Hopenlik was dit nie brandstigting nie

LM ·

Het jy geweet dat wind in bestek van sekondes van rigting kan verander? Ek was en is in Knysna en kan daarvan getuig.

Hennie ·

‘ n Baie geldige versoek van Dr. Groenewald. Dis so belangrik dat die oorsprong hiervan bepaal word, maar die traagheid waarmee hierdie ondersoeke uitgevoer word is kommerwekkend, om nie eers re praat van die terugvoerig en rapportering nie. Is die mense werklik so stoksienig om dit nie in te sien nie, of kyk hulle dit mis met opset? “Druk hierdie opdrag asb deur Dr. Groenewald, jy is die regte persoon daarvoor!”

Ramkat ·

Die mense wat daardie ondersoek moes doen namens die owerhede is gewoon te
onbeholpe om die werk te doen .
Die taak is so oorweldigend dat hulle nie eens weet waar om daarmee te begin.
Ek vertrou dat die kundige wat nou ingeroep is se aanbevelings deur die owerhede aanvaar gaan word. Dit is immersed nie n Inwoner van die land met n gevestigde belang nie.
Miskien sal dit goed.wees as n lid van die staat se ondersoek span in parallel saam met die deskundigedie ondersoek doen

John ·

… en eerste met hulp is die dept van binnelandse sake om mense wat perongeluk-aspris hul dokumente in die brande vergeet het met nuwe SA-burgerskap te voorsien. En weer brand ‘n skool af… En die stadsraad van Knysna lyk na ‘n lig-in-die-broek spul met ‘n waarnemende vername amptenaar. Watertekorte staar die dorp ook in die gesig. Wat het geword van die ontsoutingsaanleg? Die DA moet hul sokkies optrek en die blou kammetjie in die kous weggooi…

al ·

Ek stem dat ñ indringende ondersoek gedoen word. Sou brandstigting plaasvind, moet die sterkste moontlike strafregtelike klagtes teen daardie persone ingestel word. Dis moord en sabotasie.

moeks ·

Kry liewer ‘n onafhanklike persoon om dit te ondersoek. Al moet dit iemand van oorsee af wees. Indien dit wel brandstigting is, sal ‘n groot beloning dalk help om mense aan die praat te kry. Ek kan nog glo dat Knysna se brand natuurlik was, maar dorpe 230km verder?

Niel ·

ek stem saam @ onafhanklike persoon – iemand van oorsee om deeglike ondersoek te doen en dies meer.

Cherokee ·

Pieter, wat het jy bedoel by die laaste sin ‘Die publiek kan nie kwalik geneem word…’ of is jy half aangehaal? Hierdie is ‘n vraag waarop ‘n antwoord gevind moet word. Dit sal natuurlik moeilik wees om brandstigting te bewys en nog moeiliker om die oorsprong vas te stel maar dit moet nagepeur word.

Dries ·

Stem saam met n ondersoek , maar na al die brande wat oor die afhelope paar maande die Weskaap verwoes het. As ‘ n plakkerskamp brand word daar onmiddelik ondersoek ingestel en die regering gee onmiddelik hulp , nou is Zuma net bekommerd

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.