Knysna-man vas vir skoolseun se moord

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn 51-jarige man is in hegtenis geneem vir die ontvoering en moord op ʼn skoolseun van Knysna in die Wes-Kaap.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, het gesê die man is Sondag in hegtenis geneem vir die ontvoering en moord op Zama Mani (11). “Die polisie het Vrydagaand ʼn soektog van stapel gestuur nadat die seun se ma hom as vermis aangemeld het,” het Pojie gesê. “Die seun is glo die oggend ontvoer toe hy op pad was na Fraaisig Primary School in Khayalethu.”

Pojie het gesê verdere ondersoek en beeldmateriaal het die polisie na die man se huis gelei waar hy reeds deur lede van die gemeenskap in hegtenis geneem is.

“Die verdagte het die polisie na ʼn bebosde gebied in Howardstraat geneem waar Mani se liggaam gevind is. Hy het sy skoolklere aangehad en daar was ʼn skoenveter om sy nek,” het Pojie bygevoeg.

Die man moet Dinsdag in die Knysna-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.