Knysna-raadslid aangekla van moord op ander raadslid

Victor Molosi (Foto: ANA)

Vier mans, onder wie raadslid Velile Waxa (58) van Knsynsa, het Donderdag vlugtig in die plaaslike landdroshof verskyn in verband met die moord op die ANC-raadslid Victor Molosi.

Molosi (50) is in Junie ʼn paar meter van sy huis in sy kop geskiet. Hy was die raadslid vir wyk agt, wat Concordia en Joodse Kamp in Knysna insluit.

Maroela Media het vroeër berig Molosi is omstreeks 22:00 aangeval ná ʼn beheerliggaamvergadering by Hoërskool Concordia. Hy is verskeie kere geskiet. Hy is in die kop gewond en na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas waar hy by aankoms dood verklaar is.

Molosi was nie net ʼn plaaslike raadslid nie, maar ook die ANC se hoofsweep in Knysna en die party se adjunk-sekretaris in die Suid-Kaap.

Vyf mense is ná sy moord in hegtenis geneem.

Mandla Tyololo (39), die eerste verdagte wat kort ná die moord in hegtenis geneem is, het reeds in die hof verskyn en is van sameswering om moord te pleeg aangekla en in aanhouding gehou.

Dinsdag is vier verdagtes, onder wie Waxa, in hegtenis geneem, maar een van hulle is intussen vrygelaat. Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het gesê die rede hiervoor was ʼn gebrek aan bewyse.

Waxa, Mawande Makhala (42) en Vela Patrick Dumile (37) is aangekla van moord het Donderdag saam met Tyololo in die hof verskyn.

Die saak is tot 23 Augustus uitgestel wanneer die beskuldigdes na verwagting om borgtog gaan aansoek doen. Makhala het egter reeds sy borgtogaansoek laat vaar. Die media is verbied om foto’s van die verdagtes te neem hangende verdere ondersoek in die saak.

Honderde Knysna-inwoners het buite die hof saamgedrom en aangedring dat die verdagtes nie borgtog toegestaan word nie.

Inwoners buite die hof. Foto: ANA

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Oom Jaco ·

Moordenaars in die regering en afpersers buite die hof… myns insiens waarlik die laaste dae vol misdaad en misdadigers.

Wacca ·

Dis hoe ons RAADSLEDE deesdae lyk terwyl Europa en die UK steeds geld in Suid Afrika en in die ANC inpomp. Die uitverkore volk regeer mos nou, maak nie saak of alle voertuie teruggevat word en die hospitale in chaos verkeer asook Eskom en Denel en SAUK en TRansnet nie .. solank die ANC net regeer is die buiteland gelukkig .. VIVA ANC!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.