Knysna-vakansiegangers gemaan om spaarsamig water te gebruik

Argieffoto (Foto: RayMark, Pixabay)

Argieffoto (Foto: RayMark, Pixabay)

Knysna-munisipaliteit het ʼn dringende beroep op inwoners en vakansiegangers in die groter Knysna-gebied gedoen om water spaarsamig te gebruik.

Die munisipaliteit het Dinsdag in ʼn verklaring gesê die verbruik in die week van 5 tot 12 Desember was “uiters hoog” met inwoners wat tot 14,3 megaliter per dag gebruik het, in plaas van die teiken van 8 megaliter per dag.

Sedgefield se daaglikse waterverbruik is 1,9 megaliter per dag, maar inwoners het 2,48 megaliter per dag tydens die genoemde periode gebruik.

Bevan Ellman, waarnemende munisipale bestuurder in Knysna, het verbruikers daaraan herinner dat waterbeperkings reeds sedert November 2011 ingestel is. “Ons sien gereeld onwettige motorwasserye wat geen agting het vir watergebruik nie. Eienaars van bote spuit ook gereeld hul bote met munisipale water af,” het hy bygevoeg.

Ellman het gesê wetstoepassers is aangesê om te reageer op watervermorsing. “Geen genade sal getoon word vir enigiemand nie en oortreders sal stewige boetes opgelê word.”

Hy maan inwoners om watermisbruik aan te meld op die munisipaliteit se WhatsApp-nommer 083 665 3824.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Rocky Bell ·

Kan nie verstaan nie. Sedgefield het ‘n hiper moderne ontsoutingsaanleg een van die eerste in SA. Waarom die bohaai???

Rocky Bell ·

Verder is daar 9 (13?) boorgate as rugsteun. Normale watervoorsiening uit Kartararivier. Derduisende Rande se opgraderings onlangs gedoen!

Connie ·

Want dit kos ‘n klomp geld om die water te ontsout. Dit is beter om eers water te spaar. Dit is in elk geval elkeen se plig om water te spaar. Droogte of te not. Die wat op ‘n plaas groot geword het, weet waaroor dit gaan. My pa het ons van kleins af geleer om water te spaar.

Jan ·

Vat jou koekie seep saam as jy gaan swem, ook jou tandeborsel.

Simon ·

Die Verhoogde totale absolute water gebruik het meetbaar gestyg. Dit kan sonder meer vases tel word.
Weet die owerhede ooreenstemmend presies hoeveel addisionele mense water gebruik.
My vermoed is dat n raming (wat grootliks te veel of te min kan wees) gemaak word van die aantal mense wat water gebruik en dan is die berekening van die per kop gebruik van water n geheel onbetroubaar syfer.
Die werklike besparing as n paar bote en / of motors nie met water afgespuit word nie sal waarskynlik teenoor die totale “wettige” gebruik in die nietigheid verdwyn.
Huishoudelike gebruik en tuine natlei is by verre die grootste gebruiker van munisipale water en dit is hier waar die aandag op gerig moet word.

John ·

Hulle wag eers totdat al die vakansiegangers opgedaag het ~ en die geld loop ~ en dan eers volg die vermanings, andersins sou die besoekers beslis weggebly het.

Connie ·

Weg bly? Laat jy my nou lag. Die mense wat gereeld hier kom vakansie hou bly nie weg nie en spaar saam water.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.