Sou die nasionale verkiesing môre gehou word, sal die ANC nie ʼn volstrekte meerderheid behaal nie. Die oorgrote meerderheid van kiesers (75%) sal eerder ʼn koalisieregering aan die stuur van Suid-Afrika wil hê, het ʼn opname onder 1 500 geregistreerde kiesers in Suid-Afrika gewys.
Die Brenthurst-stigting het die peiling gedoen om vas te stel wat Suid-Afrikaners se gevoel oor die komende nasionale verkiesing is. Diegene wat aan die peiling deelgeneem het, het verskeie vrae beantwoord wat hul steun vir of teen politieke partye bepaal het.
Die peiling het gewys dat die ANC se algehele steun op 41% staan, maar in groot provinsies soos Gauteng en KwaZulu-Natal kwyn hierdie ondersteuning tot onder 40%.
Soos sake nou staan, sal die ANC slegs 37% van die stemme in Gauteng verower, en ʼn skamele 32% in KwaZulu-Natal.
Dít terwyl die Veelpartyhandves – bestaande uit onder andere die DA, die VF Plus en ActionSA – 37% van die stemme in Gauteng kry en 46% in KwaZulu-Natal.
“Met dié dat die ANC se steun die afgelope jaar van 48% tot 41% verminder het, is ʼn koalisieregering nou meer moontlik as wat dit 12 maande terug was,” lui die bevindings van die peiling.
“Ernstige politieke mededinging staar die ANC in die gesig met die totstandkoming van die Veelpartyhandves, aangesien daar maar ʼn 5%-verskil is in hul algehele ondersteuningsyfers.”
Altesame 29% van die respondente is ten gunste daarvan dat John Steenhuisen, leier van die DA, ook die leier van ʼn veelpartykoalisie is, maar tog is hulle verdeeld oor die soort koalisie wat die land moet regeer: ʼn ANC-EFF-koalisie (21%), ʼn veelpartykoalisie (21%) of ʼn ANC-DA-koalisie (19%).
Terwyl die ANC se ondersteuning die afgelope jaar met 7% gedaal het, is dié syfer byna net so na die EFF oorgedra.
In die afgelope jaar het die EFF se ondersteuning van 11% tot 17% gestyg. Altesame 2% van kiesers ondersteun ook eerder nou die veelpartykoalisie (36% van die steun).
Die DA se steun het met 1% verminder en staan nou op 23%.
Op provinsiale vlak staan die DA en die Veelpartyhandves wel ver bo die ander partye met onderskeidelik 56% en 58% van die ondersteuning. Die ANC en EFF staan op ʼn skamele 22% en 3%.
Byna ʼn derde van die respondente het boonop aangedui dat die DA-geleide Wes-Kaap die beste in die land bestuur word.
Tog voel ʼn verdere 30% van die respondente dat die ANC die party is wat die beste regeer.
Meer as die helfte van die respondente hou nogtans die regerende party verantwoordelik vir die hoë werkloosheidsyfer, die uitdagings met korrupsie en voortslepende beurtkrag.
Slegs 5% van die respondente dink steeds dié kwessies is apartheid se skuld.
Ondanks die feit dat die peiling ʼn algehele daling in kiesers se steun vir die ANC aangeteken het, sien 42% van die respondente steeds die party se leier en huidige president, Cyril Ramaphosa, in ʼn positiewe lig.
Dít terwyl EFF-leier Julius Malema deur byna die helfte van die respondente as die slegste politikus beskou word wanneer hy teen ander politici gemeet word.
Ons Hemelse Vader sal bepaal wat moet gebeur in die land. Ons moet net meer bid.
Verseker
Nee wat, vergeet maar. Kyk maar net watter gemors is in die Midde-Ooste al vir dekades. Israel is basies al vir jare ‘n oorlogsone (God se volk en die Jode is baie godsdienstig), Hitler is nie gekeer om miljoene te vermoor nie en so kan ons aangaan. Nee wat, ons is hier op aarde om ons eie probleme te bewerkstellig en om dit self op te los.
Hierdie peilings word gedoen deur organisasies wat deel is van die DA se Think Tank. Hulle taak is om kiesers hoop te gee om vir die DA te stem. Vergeet dit, die ANC gaan maklik wen.
Wel die ANC Regering en die EFF moet uit hulle kan niks goed doen nie flip net alles op en hoog soos dit hulle pas
Dit is die beste vir ons hoop net die met hul groot egos besef dit gaan oor die mense en nie hulself of hul party nie
Neem kennis Winde en Steenhuizen, die EFF is nasionaal net 6% agter die DA. Julle uurglas is besig om uit te loop, maar julle klou hardnekkig vas aan ‘n NEE vir ‘n Wes-Kaap referendum oor onafhanklikheid. Moenie eendag sê julle was nie gewaarsku nie.
Statistieke onder net 1500 mense en mense dink dit regverdig enigsins n opinie en n koerantberig. Ek wonder hoeveel is Brenthurst betaal en deur wie.
Of mis ek iewers die bus.
Volgens die nuuste data wat ek kon kry het Suid Afrika ‘n gemiddelde IK van 68.87.
Dit maak dus sin dat as die ANC se steun met 7% krimp, die EFF hierdie steun sal optel.
Die ANC/EFF gaan gemaklik volgende jaar wen, daar is net te veel 68.87’s in Suid Afrika.
Dankie dis inspererend.
Dankie !
Nee wa as stemtyd is stem hul maar weer anc te bang verloor sassa geld maar kan seker ook nie beter verwag met die 33% slaagsyfer nie Die anc sal nie handdoek ingooi nie al word hul uitgstem kyk maar bv wat gebeur in zim
Ek is nie so seker dat die ANC soveel steun gaan verloor nie. Die meerderheid is afhanklik van toelaes en DAAROM sal hulle BLY STEM vir hulle “broodwinners” Dink dis ook die rede dat die ANC verseker dat die GRANTS verleng word tot die verkiesing. Het by menigte van hulle gehoor dat die ANC hierdie mense inlig dat grants sal wegval as hulle nie meer in beheer is nie.
Jip
Waarvoor al die negatiewe kommentaar ?
Bly positief of bly stil.
Dis wat baie van ons mense vir jare gedoen het. En kyk waar is ons nou.
Koalisies klink miskien oulik vir die leiers van die onderskeie partye in hul hoop om sodoende ook ‘n plekkie in die stadsaal uit te slaan, maar of die kiesers daarvan gaan hou om nou sommer ook vir ander partye te stem in die proses is ‘n ope vraag. Waarom ‘n afsonderlike te vorm as almal dan saamstaan en -werk. Nie vir my nie, dankie!
Die DA se foute haal hul in, groei nie meer nie en wil nie laaste hoop van onafhanklikheidsreferendum vir weskaap roep nie. Dis sal afgaan as die fout wat uiteindelik hulle ondergang gaaan veroorsaak soos die EFF opposisie gaan inneem. Het reeds in sekere dele gebeur. Weskaap kan nog gered word maar DA se selfsug en gek hoop vir groei is al wat dit vertraag.
Absoluut waar
Dalk moet Afrikaners en Zoeloes weer n verdrag sluit vir Kwazulu-Natal. Ons almal kan dalk nog ons eie regerings terugkry.
Soos in 92 gaan die Wes Kaap onafhanklikheid beweging deur sy eie mense in die wiele gery word.
Hierdie info is net om ONS te flous. Want, kom ons by die uitslae dan is die stemme en resultate verskillend.
‘n 1500 mense om ‘n meningsopname te maak is nie regtig geloofwaardig nie.
Presies, en so werk hulle en die media ons op oor niks