Koalisiepolitiek in SA die toekoms, sê Maimane

Mmusi Maimane, leier van die DA, tydens die Werkersdagvieringe in Kaapstad (1 Mei 2017) Foto: DA, Twitter

Koalisiepolitiek in Suid-Afrika sal in die komende jare meer algemeen voorkom, het Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie, Saterdag tydens ʼn byeenkoms in Beaufort-Wes gesê.

Die ANC word egter nié hierby ingesluit nie, aangesien hulle “verby die punt van terugkeer” is, het Maimane gesê.

“Daar is niks meer te redde nie. Soos baie bevrydingsbewegings, is hulle vol korrupsie, betrokke by die kaping van staatsinstellings en het hulle ʼn algemene minagting vir lewendige veelpartydemokrasie. Die ANC verteenwoordig nie die belange van die mense van Suid-Afrika nie en kan dus nie in die regering vertrou word nie.

“Dit is juis daarom dat die komende tussenverkiesing in wyk 7 so belangrik is vir die mense van Beaufort-Wes. Hierdie kritieke tussenverkiesing sal bepaal wie Beaufort-Wes beheer, want die koalisie van die DA-KDF [Karoo Demokratiese Forum] het tans ses setels en die ANC het ses setels – daar is dus een beslissende setel op die spel,” het hy gesê.

Maimane het gesê inwoners van dié dorp moenie toelaat dat die ANC-regering weer aan bewind kom nie.

“Ons mense het genoeg gehad van ANC-geborgde armoede, werkloosheid, korrupsie, misdaad, dwelms en swak dienslewering.”

Die DA-leier het ook gesê indien die ANC wel wen, sal dit nóg ʼn tree terug vir demokrasie wees.

“Laat ons in die toekoms eerder die weg baan vir ʼn regering wat politieke partye byeenbring en die belange van die mense eerste stel. Dit kan net gebeur deur die ANC uit te stem en koalisieregerings reg oor die land te vorm. Ek het geen twyfel dat die voorkoms van koalisiepolitiek  in die komende jare meer algemeen sal word nie – veral in 2019 se nasionale verkiesing.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

jaco ·

toe die VF-Plus van koalisies gepraat het, het die DA dit afgelag…

Johann ·

Laat ek byvoeg, en as ek reg onthou het die VF-Plus toentertyd nogal ‘n lang relaas geskryf om te beduie hoe dit nou eintlik werk.

DA se agteros is ook nou op pad kraal toe.

Gert ·

Ja DA. Julle kan nie meer stemme werf nie oor julle maar op die ou einde nes die ANC Is. Klaar met julle.

Pieter ·

Nou vir watter ander party gaan jy stem ? VF + is so klein dat hulle geen verskil maak nie.Dit is soos n Jorkie se geblaf teen n St. Bernard. Die enigste oogmerk moet wees om die ANC uit die kussing te lig.

Louis ·

Gideon en sy bende was ook klein. In die Boere oorlog was die Boere min teenoor Engeland. Ek stem nie vir grootte, maar vir die wat die Here as enigste God erken. Wie nie vir God is, is teen God.

Werner ·

So waar Pieter. Hoe kan n gesonde verstand dit nie insien nie.

Adam ·

Korrek Werner. Gesonde verstand en spyt deel een iets en dit is dat dit altyd te laat vorendag kom. Die VF+ het onlangs by monde van sy leier, gepraat oor die noodsaaklikhied vir ‘n federale bestel, meer as 40 jaar nadat die Progge dit bepleit het en PW Botha met ‘n konfederale model omgegaan het. Ons beweeg nou op ‘my enemy’s enemy is my friend’ terrein en al wat saakmaak is om die ANC uit die kussings te lig.

PIETER WERNER ADAM,n koalisie ja maar! ·

Stem vir n party wat vir jou as blanke Afrikaner se regte veg, al hoe klein!!!!
Waar is jul integriteit!
Jul praat Afrikaans maar jul harte klink nie Afrikaner werd nie,draai soos dit hom goed pas, PRAAT DAN EERDER INGELS ,SKRYF DAN EERDER INGELS LEES DAN EERDER INGELSE KOERANTE EN lewer daar kommentaar en ek sal jul verstaan waarvandaan jul kom!
Miamane het al hoeveel keer gewys waar sy belange le en skitter altyd in sy afwesigheid wanner die Afrikaner blanke se regte vertrap en vermoor word!

Soos die een ou die anderdag gese het wat maak dit saak of Afrikaans uitgedruk uit universiteite word ens, hy reken praat net Engels jy is beter af…..
Hy sal nooit regtig besef wat dit beteken om n Afrikaner gebore en dood te gaan te wees nie, sy ma of pa was weereens seker maar ingels! Hy is nie n Afrikaner se naam werd nie jammer hy is n draadsitter,!

Met sulke “Afrikaner tweegesigte” wil ek nie die pad loop nie en dit is wat die Afrikaner verdeel. Die wat voorgee om te wees en die wat is!
As die tyd kom en n sogenaamde ‘”KOALISIE ” gevorm word tussen die DA met VF en wie ook al moet die blankes AFRIKANERS NIE DIE HENSOPPER NIE onderhandel en seker maak dat ons belange ok op hart gedra sal word en nie alleenlik die Da sin nie!

LB S ·

Pieter, ek het al opgegee. Dit verbaas my dat sommige mense dit net nie kan insien nie. Dit word gedoen om die ANC uit te stem!

Pieter ·

Die DA hoop seker maar ook om ‘n kansie te kry met hul vingers in die geldlaai, vandaar die wens dat die anc moet val.

Johann ·

En daar beduie ek vroeër, “agteros kom ook in die kraal” en toe plaas Maroela dit nie want hulle dink dis rassisties.

Leendert ·

Dit lyk nie of Adam gelees het wat Maimane sê nie, en ek dink nie hy weet wat koalisies is nie. Die jare is amper verby dat die ANC, of net een party, regeer, dus gaan mens vorentoe sien dat al meer mense sal begryp waaroor dit gaan en vir daardie partye stem wat hul beginsels huisves. Waarom wil jy dan vir die DA stem as die DA jou taal en jou reg om ekonomies in die land bedrywig te wees misken? Al verskil tussen die ANC en die DA is dat die DA nie korrup is nie.

Johan. H. ·

Jammer passop vir die da , hul ware klere sal nog wys ,Kyk maar vir Zille. Da jy vang my nie 2 keer nie, dan stem ek eerder VF+, .Want sien ek het n gewete..
Of dan nou maaar gladnie , Ta-Ta

al ·

Stem ten minste net vir ñ party. Elke stem tel, waarheen dit ook al gaan.

Jan ·

Kollie, ek het ‘n spesmaas, jy stem nog altyd teen jou gewete, jy sal jou ook uit ‘n werk stem, ook jou taal misken, maar dis lekker om te sien jy kuier in Afrikaans.

Gerhardt ·

Ek is klaar met die DA.Hulle was doodstil met die plaasmoorde. Hulle is duidelik anti wit. Ek sal net vir n wit party stem. Dus my eie mense.Die res vertrou ek nie en sal nooit nie.

Kollie ·

Ek dink nie die VF+ moet toegelaat word om deel te vorm van die koalisie nie. Laasgenoemde wil eintlik net apartheid terugbring en eenkant op hul eie aangaan. Meeste van hul lede is ook rassisties. Ignoreer die klompie hulle is in elk geval onbenullig.

Gert ·

As hulle maar net was wat jy hier bo se sou ek dalk vir hulle stem. Maar hulle is alles behalwe dit… Eendag sal ons almal “sien” ek hoop net nie dis te laat nie. YHWH

al ·

Kollie ek lag lekker vir jou onkunde! RassistiesVF+ Nee! Afrikanerbelang ja! Ons word so vertrap, dat my ernstige oorweging VF+ is. Waarom? Na 23 jaar het hul nog steeds oorleef! Ten minste weet ek VF+ veg teen plaasmoorde – waar dit skokkend is ongeag jou velkleur, dat jy aan vrees, vernedering en marteling onderwerp word voor die genadeskoot of hou jou einde beteken!
Plaasmoorde is ñ uiterste skending van menseregte!

Kollie ·

Moet net nie die VF+ met sy oorwegend rassistiese lede toelaat nie.

Jan ·

En die DA wat blatant teen wit mense diskrimineer, wat noem jy dit?

(Terloops, waar het jy bewyse dat die VF+ se lede oorwegend rassiste is?) Ek het ‘n idee jy staan agter ‘n oop deur.

Johann ·

Kollie, wil jy my sê dat ek en baie ander hier, wie se sentimente by die VF+ se waardes lê, is rassiste?

Gert ·

Pieter en werner. Stem dan eerder vir die ANC. Want DA of ANC daar is geen verskil nie. Ek weier ook om vir die VF te stem. Ons lot is vooruit bepaal met of sonder my stem. Ek stem vir YAHWEH

al ·

Gert – ons almal stem vir Hom. Maar op die ou end moet ons ook ñ verskil maak op aarde. Ons kan eerder bid dat Hy sy regmatige plek op aarde inneem – in die presidentsstoel – Sy gunsteling.

Tersius ·

Nee wat DA julle het julle ware kleure gewys.Sal net VF stem. Hulle is dalk klein maar hulle kan groei waar die ander partye is besig om is om te taan.

Jakobus ·

Kollie, jy slaan die bal toetentaal mis en jy het nou sommer ‘n hele klomp lesers se koppe geswaai om vir die VF+ se waardes te stem.

Jakobus ·

Gaats Kollie, maar jy is kwaad jong? Hoekom so driftig en ongedurig? Waarom gun jy nie elkeen sy demokratiese reg nie? En ek is gladnie ver regs nie, heel realisties en oopkop oor wat in die lewe aangaan, oor my Christelike waardes teenoor ook my medemens.

Kollie ·

Foeitog , dinge raak weer te warm vir Maroela, alles word weer geblok. Ons wil juis he die wat VF+ wil stem daar stem en daar bly. Ons wil ontslae raak van julle negatiewe klomp uit enige koalisie sodat ons kan voortgaan om die reenbounasie uit te bou. Gaan huil en kla op die kantlyn asb.

Pieter ·

Kollie,
Die reenboognasie is lankal ‘n gedoemde droom wat derduisende keer as onwerkbaar bewys is.

Barnard ·

Ja ek stem nie meer DA nie. Net FV en die res van my familie ook. Kan nie meulstene met ons saamdra nie. Hulle moet maar by DA of anc bly.Kan nie onnodige swaar bagasie wat niks beteken saam met ons dra nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.