Koben (16) weer geopereer

Jesse Kriel het by Koben in die hospitaal gaan kuier (Foto: Verskaf)

Koben Hofmeyr, die seun van Louis Trichardt in Limpopo wat sy nekwerwels in ʼn rugbywedstryd beseer het, het Sondag ʼn tweede nekoperasie ondergegaan.

“Die operasie was om sy nekwerwels weer te stabiliseer, om dit weer reguit en stewig te maak,” het Koben se pa, Trompie Hofmeyr, aan Maroela Media gesê. Koben het sy C4- en C5-nekwerwel

seergemaak en sy C6-nekwerwel ontwrig.

“Nou moet die werking van Koben se organe eers volkome herstel voordat die volgende fase kan begin. Veral sy longe moet nou net eers herstel. En wanneer hy dan stabiel is, sal hy met rehabilitasie kan begin.”

Maroela Media het vroeër berig dat Koben, die kaptein van Hoërskool Louis Trichardt se o.16-rugbyspan, ʼn ander speler geduik het en in die proses sy nek ernstig beseer het.

Hy is toe per helikopter na Life Groenkloof-hospitaal in Pretoria se waakeenheid geneem waar hy dadelik ʼn noodoperasie ondergaan het.

Die gemeenskap in Louis Trichardt het die Hofmeyr-gesin omarm en ʼn ondersteuningsblad vir Koben op Facebook gestig.

Koben Hofmeyr het ‘n ernstige nekbesering opgedoen in ‘n rugbywedstryd (Foto: Verskaf)

“Koben se skool, Hoërskool Louis Trichardt, het hierdie blad op die been gebring om vir Koben te ondersteun. Die beheerliggaam van die skool hanteer dit en hulle behartig die rekening. Ons wil dit reg doen, sodat mense kan weet dat die geld vir die regte redes gaan,” het Hofmeyr gesê.

Hofmeyr het gesê dat die fondse wat ingesamel word, gebruik sal word vir Koben en al die kostes wat hulle nie nou kan voorsien nie soos fisioterapie ná die tyd of vir toerusting wat hy dalk gaan nodig kry.

“Indien Koben nie beter hieruit kom nie, gaan sy lewe drasties verander, en dit is hoekom ons nou al daaraan wil dink. Maar ons wil nie negatiwiteit oor die kind uitspreek nie, ons bly positief en glo en bid dat hy ten volle sal herstel. In só ʼn geval sal ons graag die geld wil aanwend vir kinders wat in dieselfde situasie is, maar wat nie geld daarvoor het nie,” het Hofmeyr gesê.

Volgens Hofmeyr is Koben se moedig en bly hy positief. Koben is tans nog in die waakeenheid, maar sal nadat hy gestabiliseer is na ʼn algemene saal in die hospitaal oorgeplaas word.

Vir donasies besoek die Facebook-blad hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

White Rhino ·

Jongman, bly asb positief – want dit help baie!!
Ons dink aan jou en glo dat Liewe Jesus jou in hierdie tyd en vorentoe sal bystaan.
Dankie Jessie Kriel vir die kuier – dit beteken baie.

Vibes ·

My seun ook deur n besering en besoek deur sportmanne.
Jesse julle sal nooit besef hoeveel dit nou en later vir so n kind beteken nie.
Dankie vir ouens soos julle wat die moeite doen om hulle te gaan besoek.
Sterkte ook aan Koben en sy ouers.

Thersia ·

Baie sterkte Koben!!. Jy is in baie goeie hande! PS, Tamlyn wag vir jou by rehab!!

Marinda ·

Sterkte, alles sal reg uitwerk. Jy moet net positief bly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.