Kobra byt man in kombuis

Foto verskaf deur Netcare 911

Foto verskaf deur Netcare 911

ʼn Man is Maandagaand op ʼn wildreservaat aan die KwaZulu-Natalse noordkus deur ʼn kobra gepik.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die slang het die man omstreeks 18:45 in die kombuis van sy kothuis op die reservaat aan sy enkel gebyt.

“Mense kon daarin slaag om die slang dood te maak voordat hulle die man in ‘n voertuig gelaai en die ambulans onderweg na Richardsbaai ontmoet het. Paramedici het die man onderweg na die hospitaal behandel.”

Volgens Botha is die man in ʼn stabiele toestand in die hospitaal waar hy verdere behandeling ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

HEVW ·

Maroela die foto saam met die berig is die van n mamba. Dit sou meer van pas wees as u n foto van n kobra gebruik het. Wat van n foto waar hy so met n bakkop regop staan.

Elinette ·

Heeltemal reg, HEVW – dié foto is een van die swart mamba. ‘n Koperkapel, geelslang of Kaapse Kobra het ‘n liggeel onderkant, bruin- tot grysgeel bokant met duidelike donkerder bruin ‘stippels’ – en hulle is “bogghers”! Nie bang om te gaan waar hulle nie moet gaan nie en aggressief ook. Hul gif is neuro-toksies, wat beteken dat dit inwerk op die neuro-stelsel van hul prooi en dood na ‘n geelslangbyt is gewoonlik versmoring a.g.v. die respiratoriese stelsel wat verlam word. Dit word gereken as besonder giftig en enige byt deur ‘n kobra moet onmiddellik mediese sorg kry.

Paul ·

Maroela, Julle moet nie noem dat die slang bokveld toe gestuur is nie want die groenes kan dalk net ‘n bohaai opskop omdat die slang nou by sy voorvaders moet bly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.