Kobus Wiese ‘op herstelpad’ ná hartaanval

Kobus Wiese stoomroller vir Frankryk se Philippe Carbonnneau. Foto: Jean-Pierre Muller/AFP.

Die gaan beter met die Springbok-rugbylegende Kobus Wiese.

Die 56-jarige Wêreldbeker-wenner is vroeër vandeesweek in die Mediclinic Panaroma-hospitaal opgeneem nadat hy Dinsdagaand ’n reusehartaanval gehad het. Hoewel medici besluit het dat hy ’n ekstra aand in die Kaapstadse hospitaal moet aanbly, is hy op die herstelpad.

“Hy doen baie goed en reageer uitstekend op die behandeling,” het sy vrou, Belinda, vanoggend aan Maroela Media gesê.

Volgens Belinda het haar man Dinsdagaand vir hulle gebraai, waarna hy gekla het dat dit voel asof van die kos in sy bors vassit.

“Hy was wasbleek en het onmiddellik ingestem dat ek hom na die hospitaal se ongevalle-eenheid moet neem.”

Wiese is eers na Mediclinic in die Paarl gehaas waarna hy na Panorama oorgeplaas is. Belinda is vol lof vir die wyse waarop die dokters en verpleegpersoneel haar man hanteer het.

“Die feit dat hy vir nog ’n aand daar moet bly is eintlik ’n bedekte seën, want nou kan hy meer rustig raak,” het sy gesê.

Kobus Wiese (Foto verskaf deur AfriVriendelik)

Die voormalige slot is een van Suid-Afrika se gewildste rugbyspelers. Hy het in 18 toetse vir die Springbokke uitgedraf, terwyl hy in 128 wedstryde vir Transvaal in aksie was.

Paarl Gimnasium, waar Wiese destyds gematrikuleer het, het hom ook beterskap op sosiale media toegewens.

“Sterkte aan oud-Gimmie en groot ambassadeur van die skool, Kobus Wiese. Ons wens jou ʼn spoedige herstel toe. Ons dink aan jou en ons gebede is met jou in hierdie tyd,” het die skool geskryf.

Die sagmoedige reus was verlede jaar ook in die nuus nadat hy gesê het dat alle lewens ewe belangrik is.

“Ons woon in ’n demokratiese land en in ’n demokrasie is almal se lewens ewe belangrik en almal het ewe veel sê,” het hy destyds gesê.

Hy het bygevoeg dat alle lewens vir hom belangrik is, ongeag ’n persoon se kleur of taal.

“Alle bruin mense se lewens is belangrik, alle Indiërs se lewens is belangrik, alle kinders wat gemolesteer word se lewens is belangrik, alle vroue wat onder geslagsgebaseerde geweld ly se lewens is belangrik.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Hennie ·

Sterkte Kobus. Dalj tyd om ‘n paar veranderinge te oorweeg!

OW ·

Met so ‘n toestand moet veranderinge nie oorweeg word nie, maar dadelik gedoen word.Jaarlikse ondersoeke vir cholesterol,suiker,bloeddruk,prostaat ens, moet gedoen word dmv bloedtrek vir ontleding van genoemde toestande.

koos10 ·

Joost, James, Chester, RIV.
Kobus, pas jouself op en word ten volle gesond. Jy is te jonk om ons te verlaat en ons het jou rugby kennis nog nodig, asseblief.

Gert K ·

Word gou gesond, vat dit rustiger en onthou jy is nogsteeds ons hero!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.