Koch bring handpop saam hof toe

Foto: @chestermissing op Twitter.

Foto: @chestermissing op Twitter.

Die komediant en buikspreker Conrad Koch het Donderdag met sy handpop Chester Missing by die Randburg-landdroshof opgedaag om die sanger Steve Hofmeyr se interim beskermingsbevel teen hom teen te staan.

“Hoekom is ons hier?” het Missing aan Koch gevra terwyl die media toegekyk het. “Ons is hier omdat jy dinge op Twitter sê,” het Koch geantwoord. “Ek? Nee dis jy… Ek skryf nie my eie twiets nie! Ons moet konsulteer… waar is ons prokureur, Dario [Milo]? Ons prokureur se naam klink soos ʼn drankie! Wie word verteenwoordiger deur ʼn warm sjokolade?”

Hofmeyr was nie Donderdag by die hof nie, aangesien hy by die Afrikaans is Groot-konsert in Kaapstad optree. Dr. Dan Roodt van Praag woon die verrigtinge namens Hofmeyr by. “Sterkte @danroodt. Onthou, ons kan nie eintlik verloor nie. Ons plan B is te goed,” het Hofmeyr Donderdagoggend op Twitter geskryf.

Hofmeyr het op 10 November ʼn interim hofbevel teen Koch bekom. Volgens die bevel word Koch onder andere verbied om die sanger op Twitter te teister. Hy mag hom ook nie dreig of lasterlike uitsprake teen Hofmeyr maak nie. Hy mag ook nie sy naam op sosialemedia-webwerwe soos Twitter koppel nie en ook nie sy naam op televisie of tydens radio-onderhoude noem nie.

Hofmeyr het op 23 Oktober op Twitter geskryf: “Sorry to offend but in my books blacks were the architects of apartheid. Go figure.” Koch het Hofmeyr op Twitter hieroor aangevat en wou onder andere by Hofmeyr se borge weet hoekom hulle hom borg.

Pick n Pay en Land Rover moes op 30 Oktober haastig ʼn besluit neem oor hul borgskappe by die Afrikaans is Groot-musiekfees. Dit het gekom ná Koch se artikel in The Times, genaamd “Dear white supremacists…” waarin hy die twee maatskappye se borgskappe bevraagteken.

Klik hier om die verloop van gebeure op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Marcel ·

Ek het nog nooit eens van die ou gehoor voordat die ding nou met Steve nie, ek lag nou lekker by myself die pop lyk eintlik beter as hy.

Babs ·

Koch, dit is nou regtig suurdruiwe omdat Steve baie aanhangers het en jy tevrede moet wees met ‘n pop se geselskap. Het die afgelope tyd vir die eerste keer van jou gehoor – lyk jy maar altyd soos op die foto?

Henriette ·

Hierdie ou is so “common” dis nie eers snaaks nie – ek dink hy het homself meer skade gedoen as vir Steve – hy irriteer my grensloos!!!! En deur met die pop by die hof aan te kom wys hy nou maar net dat hy nie kan onderskei tussen speeltyd en “grootmens” sake nie! Nee wat hy is regtig glad nie snaaks nie – meer irriterend!!!

pop ·

Dis nou wat jy kry as jy jou ophou met dogtertjie goed. Jy raak n pateet wat nie kan funksioeneer sonder die pop nie. Gaan sien n kopdoktor !!!!!!!

Arno Gerber ·

Dié pateet is regtig belaglik. Net omdat hy nie saamstem met Steve se mening nie, nou versprei hy allerhande leuens. Mense soos hierdie wat hoord in die malhuis.

Eish! ·

Mannetjie bly asb in die Transvaal waar grootmense met poppe speel……………….hier in die Vrystaat sal ons met jou tipe speel en weggooi! Nog nooit van so ‘n belaglike grootmens gehoor nie.

Nina ·

Die enigste komedie is jou gevreet. Hoe uiters kinderagtig om met jou pop hof toe te gaan. Enigste manier wat jy jou 5 minute ‘fame’ kry? Pateet.

@Eish: Miskien meng jy met die verkeerde Transvalers. Pfffttt.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.