Koch het Hofmeyr belaster, hoor hof

Steve Hofmeyr. Foto: Burger Meyer/Maroela Media

Steve Hofmeyr. Foto: Burger Meyer/Maroela Media

Conrad Koch en sy buikspreekpop Chester Missing het die sanger Steve Hofmeyr aangeval en belaster op sosiale media, het die Randburg-landdroshof Donderdag gehoor.

“Die respondent (Koch en Missing) val Steve aan en belaster hom as persoon… en Steve is ʼn lid van die minderheid wat ly onder uiterste geweld in die land,” het Dan Roodt, Hofmeyr se verteenwoordiger, aangevoer.

Roodt het gesê Hofmeyr kan nie die hofverrigtinge bywoon nie, aangesien hy optree in Kaapstad. Landdros Narem Sewnarain het Roodt gevra hoekom die interim bevel permanent gemaak moet word. Roodt het gesê daar is lasterlike uitlatings teen Hofmeyr gemaak op Twitter. “Die feit dat die hof ʼn interim bevel toegestaan het, wys dat daar ʼn prima facie-saak van teistering is,” het Roodt gesê.

Volgens Roodt moet daar ook ʼn verhoor van minagting van die hof plaasvind. “Die respondent se gedrag die afgelope paar dae is minagting van die hof… hy het gemaak of die hofbevel nie bestaan nie.” Sewnarian het gesê hy stel nie belang in die argument rakende minagting van die hof nie. Roodt het ʼn twiet in die hof gelees waarin Koch gesê het Hofmeyr het ʼn “geslagsiekte”.

“Die respondent verbeel hom hy is êrens in die VSA waar daar ‘n vloei van vryheid van spraak is. Ek weet nie of Hofmeyr ʼn geslagsiekte het nie, maar ek is 99% seker hy het nie… maar om dit te publiseer kom neer op growwe naamskending,” het Roodt gesê.

Sewnarian het Roodt vroeër gevra in watteer kapasiteit hy Hofmeyr in die hof verteenwoordig. “Mens kan volgens wet namens iemand ʼn aansoek voor die hof bring. Maar hierdie is ʼn hofverskyning… op watter gronde mag jy verskyn?” Roodt het gesê die grondwet laat hom toe om namens iemand anders te verskyn.

Sewnarian het vroeër gelas dat die verrigtinge nie uitgesaai mag word nie. “Geen video’s, rekenaars, selfone of enige elektroniese toestelle word in die hof toegelaat nie… enige kommunikasie kan buite die hof geskied,” het hy gesê. Slegs penne en notaboeke is toegelaat.

Klik hier om die verloop van gebeure op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

charmaine ·

Kry net die gevoel Koch gaan breed glimlag na die hele storie en Steve gaan aan die kortste end trek. Feit is die Afrikaner kan net nie wen teen enige aanslag vanuit liberale kringe nie

Mac Macdonald. ·

Lees net die opmerkings van Koch se aanhangers onder die nuusberogte in news 24, diewat nie saam met Koch en sy pop saam stem word sommer met die dood gedreig, laat Koch Maar sy aanhaners hou, wil nie meg sulke mense meng

Mac Macdonald. ·

Lees net die opmerkings van Koch se aanhangers onder die nuusberigte in news 24, diewat nie saam met Koch en sy pop saam stem word sommer met die dood gedreig, laat Koch maar sy aanhangers hou, wil nie met sulke mense meng.

Mac Macdonald. ·

Lees net die opmerkings van Koch se aanhangers onder die nuusberigte in news 24, diewat nie saam met Koch en sy pop saam stem word sommer met die dood gedreig, laat Koch maar sy aanhangers hou, wil nie met sulke mense meng.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.