Die afgelope week se beurtkrag kom Sondag om 20:00 tot ʼn einde nadat Eskom van sy opwekkingseenhede weer in diens gestel en sy beskikbare kapasiteit verhoog het om in die vraag te voldoen.
Sedert Vrydag het Eskom-spanne vier opwekkingseenhede weer in diens gestel. Die noodopwekkingsreserwes het ook genoegsaam herstel.
Nóg agt opwekkingseenhede behoort teen Woensdagaand weer in diens te wees.
“Die stelsel sal Maandag en Dinsdag steeds onder druk wees en daar word verwag dat noodreserwes voorlopig gebruik sal word totdat al die eenhede na normaal terugkeer,” sê die kragvoorsiener in ʼn verklaring.
Eskom het alle Suid-Afrikaners versoek om voort te gaan om elektrisiteit spaarsamig te gebruik.
Daar is tans beplande instandhouding van 6 540 MW en kapasiteit van 12 422 MW is steeds nie beskikbaar nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
winter kom en hulle nie verhooging gekry wat hulle wou he nie kyk maar dit gaan n donker winter wees
Seker enigste maatskappy ter wereld wat se verbruikers moet hulle diens / produk spaarsaam gebruik en dit boonop GRATIS aan miljoene mense gee wat nie ‘n duit oor spaarsaam omgee nie.
Eskom paai ons net vir hierdie week …
Jou bedanking vir ons geduld gedurende loadshedding is n INSULT EN N KLAP IN DIE GESIG VIR ONS. REGTIG
Belaglik laat die staat sy mense geiselaar hou met hierdie krag speletjie, ons soek geld en ons soek baie!
Dankie ANC vir al julle failures en patetiese mense.