Die eerste van die langverwagte ses nuwe stoomketels vir Eskom se Koeberg-kernkragsentrale is Dinsdag afgelewer. Die ketels gaan die oorspronklike ketels wat sedert 1984 by Koeberg gebruik word, vervang.
Die ketels weeg 380 ton elk en is omtrent 20 m lank.
Die eerste drie ketels sal van Februarie tot Junie 2021 by Eenheid 1 van Koeberg geïnstalleer word. Die ander ketels sal tussen Januarie en Mei 2022 by Eenheid 2 geïnstalleer word.
Die vervanging van die ketels is deel van ’n groter projek van sowat R20 miljard wat tien jaar gelede goedgekeur is om Koeberg se leeftyd met ʼn verdere 20 jaar te verleng.
Die ketels word van Kaapstad-hawe na Koeberg vervoer en dit neem ongeveer 8 uur per ketel om die sowat 40 km af te lê.
Die ou stoomketels sal by Koeberg uitmekaar gehaal word voor dit na ʼn nasionale kernafvalperseel vervoer sal word.
Eskom het die versekering gegee dat die installering van die eenhede so min moontlik ontwrigting in kraglewering sal veroorsaak.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
4 Kommentare
Hoop die nasionale kernafvalperseel word goed bestuur want die asgate oor die land is nie eens op standaard nie.
So sê bietjie vir ons wie het die ketels vervaardig. CHINA?