Koeberg se sirene binnekort getoets

Die Koeberg-kernkragsentrale. (Argieffoto)

Daar is geen rede vir Kapenaars om paniekbevange te raak wanneer hulle Dinsdagoggend die Koeberg-kragsentrale se sirene teen volle volume hoor nie.

Die kragsentrale buite Melkbosstrand naby Kaapstad gaan tussen 10:00 en 12:00 sy openbare waarskuwingstelsel toets om te verseker dat dit steeds in werkende orde is.

Eskom sê die sirene sal in Atlantis, Duynefontein, Melkbosstrand, Van Riebeeckstrand, Philadelphia, Bloubergstrand, Bloubergrant, West Beach, Sunningdale, Parklands, Robbeneiland en die omliggende plase rondom die Koeberg-kragsentrale gehoor word.

“Jy hoef nie oor te gaan tot optrede nie. Dit is slegs ’n toets,” het Eskom gesê.

Die kragvoorsiener het wel ’n beroep op Kapenaars gedoen om hul troeteldiere liefs binnenshuis te hou aangesien veral honde geneig is om weens die loeigeluid weg te hardloop.

Die kragvoorsiener het ook gevra dat mense hul radio’s en televisies afskakel sodat hulle die aankondiging kan hoor oor wanneer die toets begin.

Individuele sirenes kan dalk Woensdag en Donderdag weer getoets word, sou dit nodig wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
JohanR

Ek trek al anderkant Worcester. Ek wil eerste uit Kaapstad wees(tong in kies)!

Francois Le Cochon

Look mommy, there is a mushroom in the sky!

Jaco

Ek sidder vir die dag wanneer ‘n regstellende aksie aangestelde eskom werker by Koeberg weens swak opleiding die verkeerde knoppie by Koeberg druk. 4. 5 miljoen mense in Kaapstad sal dan onmiddellik deur die gevare van nuclear meltdown bedreig word.

Dries

Die arme honde.