Koeël steeds in seun se kakebeen ná Kersdag-plaasaanval

Argieffoto

Argieffoto

Thys en Rita Grobbelaar se kleinseun Joe het nog steeds ʼn koeël in sy kakebeen ná ʼn Sondagoggend op die egpaar se plaas in Leeudoringstad.

Kol. Emelda Setlhako, woordvoerder van die polisie in Noordwes, het aan Maroela Media bevestig drie mans het omstreeks 04:30 op die plaas Frisgewaagd toegeslaan. Thys, in sy 70’s, is vroegoggend uit om te gaan koeie melk toe die mans hom oorval het.

Sy vrou Rita, het onraad vermoed en ʼn rewolwer uitgehaal, maar die mans het haar oorrompel. Die egpaar se dogter Karen, is tydens die voorval bokant haar hart en in haar arm geskiet en die kleinseun Joe, is twee keer in sy mond geskiet.

Rita Venter, inwoner van Leeudoringstad en vriendin van die gesin, het aan Maroela Media gesê Karen is intussen na ʼn hospitaal in Klerksdorp oorgeplaas, maar Joe is nog in Tshepong-hospitaal, omdat hulle nie ʼn mediese fonds het nie. “Hulle is baie bekommerd. Hy het nog nie die nodige mediese aandag ontvang nie,” het Venter gesê. “Een van die koeëls is dwarsdeur agter uit, maar die tweede koeël sit nog steeds in sy kakebeen vas. Dit is ʼn krisissituasie. Hy het ernstige aandag nodig.”

Venter het gesê Thys is intussen na sy kinders in Meyerton. Sy lyf is glo baie seer vandag. “Rita voel ook dronkerig ná die aanval. Sy is tans in Klerksdorp om klere te kry vir Joe en Karen.”

Thys en Rita woon alleen op die plaas, Karen en haar seun het vir die Kersvakansie by hulle kom kuier.

Setlhako het bevestig niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. “Die aanvallers het met die rewolwer gevlug. Die polisie ondersoek twee sake van poging tot moord en huisroof.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Mirinda ·

Solidariteit staan mos vir ons mense. Daar is ‘n fonds gestig vir die Brink gesin wat wel mediese dienste kan betaal. Wat van hulle gebruik daardie fonds vir al die slagoffers van plaasaanvalle wat nie mediese sorg kan bekostig nie en dan as ‘n unie wat vir afrikaanse regte en mense praat sommer ‘n klasaksie saak vir skadevergoeding teen die minister van polisie en gesondheid begin nie? So sal julle selfs mense soos ek se respek begin verdien.

Pieter Ellis ·

Mirinda, as jy so sterk oor die saak voel, waarom verklaar jy nie jouself as Voorsitter van die Mirinda-fonds en dra so by tot die mense se finansiering van die hospitaal koste nie.

Plaas aanvalle is en bly egter n verpesting wat uitgeroei moet word. Baie sterkte aan al die lede van die Grobbelaar gesin.

AJ ·

Daar sal vinnig en ernstig plan moet gemaak word teen die plaasaanvalle. So kan dit nie aangaan nie. Nou lê die onskuldige kind en kan nie die beste mediese behandeling kry, omdat hul nie medies het nie. En so gaan dit ook by huise in stede en dorpe. Ons word teen ‘n spoed vermink, verlam en doodgemaak. Kan die staat nie slag finansieël verantwoordelik gehou word vir al hierdie mediese uitgawes en onskuldige mense se verliese, want hul kan dan nie ordentlike wette neerlê vir ons mense se veiligheid!

Pieter Ellis ·

Een ding is verseker, Indien dit een van die aanvallers was wat soos daardie arme kind geword was, sou daardie aanvaller in n private hospitaal op geneem word en op die belasting betaler se koste die beste mediese sorg ontvang het.

Andrea ·

Dis verskriklik dat die seun nie die nodige mediese sorg kry nie. Kan die familie dalk bankbesonderhede hier op MM plaas dat ons kan bydra sodat hy die hulp kan kry wat hy nou dringend nodig het?

Elize ·

Die jongman het mediese sorg nodig – dringend. Mis ek die punt? Waarom kan die man nie gehelp word nie? Waar is dokters?

ekke ·

Elize die seun kry nie mediese sorg nie want hy behoort nie aan mediesefonds nie. so tensy hy plek in n staats hospitaal kan kry, kan sepsis maar intree, of die familie kan die depository wat n privaat hospitaal vereis betaal en n kontrak teken om die res van sy mediese uitgawea binne dertig dae te betaal. ek neem aan as die familie nie mediesefonds kan bekostig nie, kan hulle ook nie die deposito if die kostes was die mediese sorg gaan beloop, bekostig nie. soos jy hierbo uit onder Anders Pieter Ellis se kommentaar lees, kan mense soos mirinda maar n fonds stig vir die ongelukkige seun solank niemand by die Andre en Rachel fonds gaan aanklop om hulp nie want Pieter het R10 bygedra.

Karel ·

Dit is hartverskeurend om Te dink dat nie eers oor kers Tyd is daar vrede nie. Dat mense aangeval word en ‘n kind twee keer in die gesig geskiet is. Ons is nou ver Verby die punt om Te vra vir die doodstraf. Dit gaan nie eers die kriminele af skrik nie. My gebede en liefde gaan uit aan die gesin. Wees sterk.

Mike ·

Jacaranda kon R2 400 000 insamel in baie kort tyd vir Brand seun se behandeling, nou wat nou. My seun 21 Mei 2015 geskiet in plaas aanval kostes dusver meer as R500 000 maar ek weier hy in staats hospitaal beland.

Varkie ·

Dis hoekom ek so pyn in my boud kry as Jacaranda met hul morning angels twak begin want daar is duisende wat regtig hulp nodig het maar dan kry mense hulp en geld wat dit nie eers nodig het of verdien of waardeur nie… maar nou ja

Cherokee ·

Daar behoort tog ‘n manier te wees waarmee die korrupte regering gedwing kan word om mediese kostes te betaal vir slagoffers van kriminaliteit.

Martin ·

Boere van omliggende dele Ottosdal, Wolmaranstad en Makwasie. Het ytgegaan na die toeneel om te gaan help. Spoorsny honde van Ottosdal is ook gestuur om te help die misdadigers vaskeer. Die polisie het al die hulp weg gewys en die mense moes trug huistoe en die misdadigers het vrylik weg gekom.

susan@ ·

So ver ek kan onthou het Afriform met die hoof van polisie ñ ooreenkoms aangegaan om met die hulp van ons boere die moordenaars vas te trek. Hoe kan die polisie hulp weier????

Andre ·

Die “regering” sal GEEN blanke help wat die slagoffer was van ‘n aanval nie…hul sal eerder die krimineel beskerm en sy onskuld probeer bewys. Korrupte regering en korrupte regstelsel is beste bedmaatjies.

Nita ·

Waarom is dit nie moontlik om die weermag te betrek om die burgers van ons land te beskerm nie? N para duisend soldate dien as vredesmagte elders. Kan daar nie n semi-krygswet afgekondig word nie? Duisende soldate kan dan help met patroleerwerk. Hulle moet die mag he om enige persoon dag of nag te stop en te vra vir identifikasie en te deursoek en te vra waarheen hulle op pad is. So sal hulle hopelik indien hulle hul werk doen, sien as bendes gewapende rowers afsluip of sommer net blatant aanstap om onskuldige mense te gaan aanval. Die maatreels sal darem hopelik voorvalle verminder omdat daar meer sigbare patrolering en visentering sal wees. Jan Publiek moet dan net nie kla indien hy dieselfde roetine moet ondergaan nie, want dis vir sy eie beswil.

Tisha Basch ·

Is die weer mag nie gov. department nie. En gov. is anc

Nita ·

Verskoning die woord moet wees paar duisend. Selfoon het n wil van sy eie om die woord “paar” te spel.

Mirinda ·

As ‘n groot organisasie soos bv Solidariteit helpende hand plan sien on daardie man te help, skenk ek vandag geld en plaas my bewys vab betaling net hier om te sien. Sie punt is dat daar te veel skelms is wat geld namens mense insamel en daar is regsaspekte ook. Die mense het nou hulp nodig nie oor ‘ n week as al die papierwerk afgehandel is nie. Julle is ook reg oor die feit dat die misdadigers dadelik privaat mediese sorg kry, as die polisie hulle skiet of word hulle dadelik op my en jou onkoste na die naaste pvt hospitaal geneem. Ons betaal belasting vir die regering om die saps aan die gang te hou, vir binnelandse veiligheid en vir gesondheidssorg. Maar die enigste mense wat daarby baat is die regering want ons betaal weer belasting op elke item wat ons moet vervang na diefstalle en elke sekuriteitsmaatskappy wat ons betaal moet ook belasting aan die regering betaal.

Die Kryger ·

Maroela hoekom die beskrywende woord drie mans. Dit moet wees drie vermeende moordenaars. Ek stem saam genoeg is mos genoeg. Die boere was reg om die vermeende moordenaars te vang. Die polisie moet betaal. In elke gevalle tog steeds ons. Stuur VSA troeppe in of kry die ou soldate terug en maak die vlaktes en rante en berge en stede skoon van onwettige immegrante. Daars fondse reeds gestig vir die gevalle. Die raadslid van Leeudoringstad doen iets en gou

Theunis Kruger ·

Die Boere gemeentskap in Suid- Afrika is besig om te help om die seun die mediese behandeling te laat kry wat hy nodig het. Baie beloftes is al gekry. Die privaat dokters mag nie in die staatshospitale ingaan nie, dus is sy wonde nog nie skoongemaak nie, Hy sal oorgeplaas word na ‘n privaat hospital, waar die basiese sorg en skoonmaak reeds gereel is en ‘n kwotasie gegee sal word vir sy verdere versorging.

Dankie vir almal se beloftes, maar nog baie sal nodig wees om sy mediese kostes ten volle te betaal.

Wessie ·

Vandag het ek weereens besef hoe ver agter is ons mense. Praat baie en wanneer daar gedoen moet word dan staan ons agter die deur want iemand anders gaan dit mos namens my doen. Julle wat so lekker kommentaar lewer, vir hoe lank dink julle is plaasaanvalle al aan die gang? Hoekom kan ons nie vandag eerder sê, hierdie voorval is ‘n wekroep, kom ons begin iets van die grond kry. Hoeveel keer word gepraat maar wanneer die kis sak en toegegooi word dan gaan ons weer aan met ons lewens. Word wakker dapper helde word wakker!!!!

grootbek ·

wessie my moeder het altyd gesê “wie praat doen niks.” so gaan lê jy nou n klag namens die familie by die mediese raad teen alle dokters betrokke by die hospitaal waar die seun bly le met die koeel in sy kaak. dit is flagrante nalatigheid.

jerolize ·

Mense asb as julle enige donasie kan gee kontak asb vir Johan vd Berg by 0842093342

Annie ·

Tyd dat ons witmense teen die staat eis. Aangesien ons tans in n slagveld lewe en geen beskerming kry nie. Of aandring op privaat medies soos die res

Peet J ·

Maroela Media ooreenkomstig Front Nasionaal se berig oor die voorval met fotos lê die seun nog steeds (5uur gelede) wat geskiet is netso in die staats hospitaal in Klerksdorp met die koeëls in sy gesig. Hy verduur enorme pyn en die personeel sê net eenvoudig . Daar is nie ‘n dokter beskikbaar nie . Kan julle asseblief kommentaar lewer.

Zenobia ·

Dit is my ouma en oupa se plaas. Hulle verkoop elke dag die bietjie melk wat hulle melk. Die 3 wat hulle aangeval het, moes al voorheen op die plaas gewerk het. Want hulle het geweet watter tyd hy gaan melk. Hulle het die lig by die stal uitgehaal. Hulle het hom op die grond gegooi en op hom getrap en skop. Hulle het hom met iets oor die kop geslaan en vasgebind. Hulle het die huis se sleutel in sy broeksak gekry en 2 is huis in. Daar het die 2 op ouma gespring waar sy in haar bed gele het. Hulle het haar vasgedruk en geslaan met die vuiste. Hulle het n kussing oor haar gesig gedruk en bly vra waar die melk geld is. Toe my ouma gil het my neef en tannie ingekom en hulle getakel. Die rowers het my ouma se geweer gegryp wat sy uitgekry het. Deur die bakleiery is daar n paar skote geskiet. Toe verdwyn hulle met niks. Joe is 25. Hy en sy ma word nou altwee na n privaat hospitaal verskuif. Dankie vir almal wat omgee.

Sus ·

Zenobia baie dankie vir die terugvoer. Hoop albei jou neef en tannie is by hierdie tyd al oordentlik behandel en versorg.
Daar is bankbesonderhede op FRONT NASIONAAL se Facebook blad beskikbaar as iemand ‘n finansiële bydrae wil maak.

Peet J ·

Zenobia, dankie vir die waarheid laat weet as ons kan help met die hospitaalkostes. Kan maar net sê sterkte.

Peet J ·

Ek herhaal my kommentaar aan Zenobia: dankie vir die waarheid laat weet indien ons kan help en sterkte aan die beseerdessal maar niks verder sê nie.

Rita ·

Ek wil nie my kop uitsteek nie, maar ons het ook nie n mediese fonds gehad nie en my man het n bloedklont in sy been gehad….ook in Tshepong hospitaal…hulle kon ook niks doen nie….my kinders het Wilmedhospitaal gebel en moes R20 000 dep….die res kon ons maandeliks afbetaal….
Ja sit asb bank besonderhede op sodat almal wat wil kan bydra…daardie kind sal doodgaan daar….

Melinda Malan ·

Ek het ń fonds wat ek gestig het vir my swaer, maar hy is ongelukkig die 7de November oorlede.
Die rekening kan gebruik word en ek sal besonderhede gee, maar ek het geen kontak met enige van die familielede of ken hulle ook nie. Die fonds se naam is Jehovah Rapha Fonds ( Beteken God wat genees). Indien iemand my van die familie kan kontak kan ek hoor of daar reeds ń ander fonds gestig is en of julle hierdie een wil gebruik. Ons is 2 persone met tekenregte op die rekening en finansiële state kan beskikbaar gestel word. Julle kan my kontak by 076 7901213 (Wolmaransstad)

pieter ·

Op watter gronde kan ‘n staatshospitaal behandeling weerhou? Hulle behoort van gruwelike nalatigheid aangekla te word. Dit is nou ‘n saak wat deur Afriforum / Solidariteit opgevolg moet word. Lyk ook nie of Kyknet plaasaanvalle en nalatigheid van hospitale as nuuswaardig beskou nie.

william ·

Dit gaan nie ophou TOTDAT ons weerstand bied nie.
Almal se jy moet nie weerstand bied nie–dit is die grootse TJOL ooit. Jy moet veg asof jy besete is!.
Boere , ek smeek julle-organiseer, kry kameras, stel lokvalle, laat klein honde saam met julle in die huis bly.
Bou n’ rondawel en offer n’ ou weermaglid verblyf plek in ruil vir veiligheid.
Waar is julle eie wapens en groot honde–hierdie lafhaarts het hom bekruip terwyl hy melk!.

So kan ons nie meer nie.. Ons moes al lankal die belasting weerhou na die eerste sarsie plaas aanvalle. Hoekom is ons so gedwee?..
Kan nie glo ons kan so lamsakkig wees, en na 23 jaar word ons nog steeds vermoor en bespot nie!..
Genoeg is Genoeg.
My maat in die weermag se hulle het die Kommando Stelsel bespreek-om weer terug te bring…. STAAT se hulle het die geld nodig vir GRANTS!… kan jy glo!–broei, broei ,broei en moor!. Dit is hulle plan vir ons.

andre ·

hoekom help die dokters hom nie…..

waar is die eed wat jy afgele het… om mens te help..

Jesus bless jou elke dag…….

maar jy draai jou rug op arm mense…

ek bid dat dokters weer passie in hul week sal kry…..

jou miljoene gaan nie swam jou nie…

Amen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.