Koeëlvaste baadjie red reaksiebeampte se lewe

(Foto: Verskaf)

’n 46-jarige gewapende reaksiebeampte het Woensdag ’n noue ontkoming gehad toe hy tydens ’n kapingsvoorval geskiet is.

Die beampte het op die kaping afgekom, waarna die swaar gewapende kapers op hom geskiet het.

Volgens Kyle van Reenen, woordvoerder van Emer-G-Med, het die beampte omstreeks 10:00 verby die kapingstoneel gery.

(Foto: Verskaf)

“Die beampte het op die kapers afgekom wat met ’n geweer van ʼn hoë kaliber en pistole op ’n voertuig in Bluff-weg, Durban, geskiet het,” sê Van Reenen.

Die beampte het in die spervuur beland en het skietwonde aan die bors en linkerarm opgedoen. Hy is in sy motor raakgeskiet, bevestig Van Reenen.

“Die beampte het ’n koeëlvaste baadjie gedra wat verhoed het dat die koeël sy bors binnedring. Die baadjie het sy lewe gered.”

Paramedici het die beampte op die toneel gestabiliseer en vir matige beserings behandel. Hy is daarna na ’n nabygeleë hospitaal geneem vir verdere mediese sorg.

’n Omstander se voertuig is ook in die voorval raakgeskiet en die een band is beskadig.

Geen ander beserings is aangemeld nie en die polisie is na die toneel ontbied.

Maroela Media het ’n navraag aan die polisie gerig, maar wag nog vir terugvoer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jack ·

Ja KZN is nou die BIG GUN misdaad hool.Hier sterf jy as jy op die verkeerde tyd op die verkeerde plek is.

Swerwer ·

Ja, en wat word deur Hoed gedoen om sy ondersteuners herkoms in toom te hou? Sover absoluut niks nie want dit raak by die dag erger.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.