Koei dood, twee beseer in Vrystaat-ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

Twee mense is Sondagaand beseer en ʼn koei is dood ná ʼn ongeluk op die N5, 30 km buite Bethlehem in die Vrystaat.

“Die motor het die koei op die pad getref,” het Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. Die ongeluk het in die rigting van Kestell plaasgevind.

“Die motor het omgeslaan nadat dit die dier getref het,” het sy bygevoeg. “Twee mense is beseer in die ongeluk. Hulle is na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Nog drie voertuie het die koei in die pad getref.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.