Koelbloedige taxi-moord wyd veroordeel

Argieffoto (StevePB, Pixabay)

Die parlement se portefeuljekomitee vir polisie en die Suid-Afrikaanse burgerlike organisasie Sanco het hul stemme gevoeg by talle ander wat die skokkende voorval die afgelope naweek waartydens ʼn taxi ingewag en 11 insittendes koelbloedig doodgeskiet is, veroordeel.

Francois Beukman, voorsitter van die portefeuljekomitee, het Sondag gesê die komitee het al talle kere vantevore beklemtoon dat daar beslissend opgetree moet word teen onwettige vuurwapens om misdade soos hierdie te voorkom.

“Terwyl die komitee daarvan bewus is dat ʼn behoorlike ondersoek gedoen sal moet word om te bepaal watter vuurwapens in die uitvoering van hierdie misdaad gebruik is, is dit byna seker dat die vuurwapens wat gebruik is ongelisensieerd was. Hierdie vuurwapens moet van ons strate af verwyder word om misdaad doeltreffend hok te slaan,” het hy gesê.

Beukman het bygevoeg die voorval is ook ʼn aanduiding dat geweld in die minibustaxibedryf nou krisisafmetings aangeneem het dat en dat multisektor-ingrypingstrategieë benodig word om die probleem aan te spreek.

Jabu Mahlangu, Sanco se nasionale woordvoerder, het ʼn oproep gedoen vir kalmte na afloop van die moorde en het gesê geen steen moet onaangeroer gelaat word om die oortreders vas te trek nie.

Mahlangu het ʼn beroep op gemeenskappe en taxi-organisasies in die gebied gedoen om die polisie by te staan om die moordenaars vas te trek. “Niemand gaan veilig voel so lank as wat hulle op vrye voet is en hul boosheid steeds in die donker skuil nie,” het hy gesê.

Maroela Media het vroeër berig die voorval het Saterdag omstreeks 20:00 naby Colenso in die KwaZulu-Natalse Middelande plaasgevind. Die taxi was op pad van ʼn begrafnis in Matimatolo in KwaZulu-Natal na Johannesburg toe onbekende mense uit die bosse langs die R74 te voorskyn gekom en op die taxi losgebrand het.

Volgens die nasionale polisie is 11 mense doodgeskiet en vier ander gewond. Die beseerdes is tans in ʼn kritieke toestand in die hospitaal. Twee insittendes van die taxi is nie beseer nie. Die slagoffers was almal lede van die Ivory Park-taxivereniging in Gauteng.

Genl. Kehla Sitole, nasionale kommissaris van die polisie, het intussen ʼn spesiale taakspan saamgestel met ʼn gespesialiseerde 72 uur-aksieplan om die moordenaars vas te trek. Waarnemende provinsiale polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, en sy bestuurspan is opdrag gegee om beheer te neem van die ondersoek na die moorde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Hanna Hoekom ·

Taxi oorlog was nog altyd met ons en ek kan nie sien dat dit sommer gaan verander nie. Wend eerder jul energie en hulpbronne aan vir plaasaanvalle en plaasmoorde! Anders gaan mense (taxi base ingesluit) binnekort honger wees.

Louis ·

Nou wat van die koelbloedige moorde op blankes. Is dit nie ook skokend nie. Hoor nie eens van die helfte nie. Hier is dit nou weer voorblad nuus en komitees. Dubbel standaarde

jannie ·

SKOKENDE TAXI MOORDE!!!!!!!Wat van die skokende marteling en erg vermoorde mens op ons plase…….nou dat die taxi mense dood gemaak word is dit skokend….belaglik man.

Koos de Meyer. ·

Hulle wil ons ont wapen soos vir Retief. Ek wonder hoeveel van die taxi eienaars besit wapen lisensies. Maak soos hulle wil.

Wonder ·

Dit gee niemand die reg om onskuldige mense dood te skiet nie!

Yolandie ·

Dit het self’s hier in NZ nuus gemaak. Dit maak my woedend, die plaas moorde maak nie nuus nie maar dit doen.

Wonder ·

Vergeet bietjie vir ‘n oomblik van die plaasmoorde! Hierdie berig gaan oor 11 onskuldige mense (let wel, mense) wat doodgeskiet is! Waarom raak mense se harte so hard. Mense moet ophou met hul rassisme!

@ WONDER ·

Wie is rassisties? Nerens het iemand hier ENIGE ras genoem nie, dit lyk asof jy daarby vashaak. JA 11 mense is vermoor . maar daar is al MEER as 11 boere en hulle vrouens en kinders vermoor die afgelope jaar …. en nie net boere nie, mense op kleinhoewe, oumense in hulle eie huisies en outehuise . en GEEN haan het daarna gekraai nie. NIEMAND het gese 11 mense wat doodgeskiet word is reg nie, ALMAL wil graag net sien dat die moorde en die vervolging REGVERDIG geskied en dieselfde aandag kry. Jy sien in kleur .. ons sien dat ALMAL se lewens ewe belangrik moet wees, en die polisie en minister DIESELFDE skok uitspreek teenoor ander moorde van minderhede ook ..

pieter ·

En verseker gaan un vredesmagte daar gestel wotd, wat van boere?

Colin ·

Fokus op die taxi bedryf as ‘n geheel, en nie op die individuele probleme wat uit die bedryf uit kom nie.

Maak seker alle taxi eienaars en bestuurders is giregistreer op ‘n nasionale databasis. Geen taxi mag verkoop word as die drywer/eienaar nie geregistreer is nie. Drywers/eienaars moet jaarliks herregistreer. Inspekteer taxi ranks weekliks. Toets drywer en passesier vinger afdrukke teen die kriminele databasis en kyk of hulle geregistreer is op die taxi databasis.

Vereis dat alle taxis elke 4 maande geïnspekteer word. Lê beslag op taxis wat onpadwaardig is. Vereis dat taxi bestuurders elke jaar hulle lisensie hernu.

Die probleem is net of ons rigering stappe WIL neem, en of chaos en verlies van lewens hulle (en hulle makkers) beter pas.

Waarom ·

‘n Lewe is ‘n lewe, maak nie saak watter kleur jy is nie. Snaaks dat baie mense wat hier kommentaar lewer, nie ‘n duit omgee nie. Dit gaan mos net oor hulle ou volkie. Skrik wakker SAkaners, ons is een nasie, of julle dit nou wil aanvaar of nie!

Edd ·

Dan gan stap jy venaand nege uur met jou alle daagse klere van een tot die ander kant van soweto en dan vertel jy vir ons net hoe wonderlike een nasie ons is. Ons eie president praat van SY mense wat jou defnetief nie insluit nie en dan wonder jy wasr kom die haat vandaan. Suid Afrika se probleme lê baie dieper as een of ander ubuntu gedigie

Waarom ·

Het ek nou verkeerd gelees??? Gaan hierdie berig oor plaasmoorde, of oor 11 onskuldige mense wat doodgeskiet is??? Ek vra maar net, want lyk nie of die meerderheid van die mense wat hier kommentaar lewer die berig reg gelees het nie!!!

Carlien ·

Kan Jabu Mahlangu, Sonco se nasionale woordvoerder asb ook geen steen onaangevoer raak om al die plaas moordenaars vasstetrek nie.. ons boere wil net so graag veilig voel soos die mense wat van taxis gebruik maak, inteendeel AL ons mede landsburgers wil graag weer veilig voel in n land waar wet en orde lankal nie meer bestaan nie.. Kom nou mnr. Jabu, gee ons almal asb weer hoop vir hierdie onveilige land waar niemand meer weet of hulle more die son gaan sien opkom nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.