Koerant gee nuusredakteur trekpas ná uitlatings

‘n Skermgreep van Deep Fried Man se uitlating op Twitter.

The Citizen het die nuusredakteur van sy aanlyn platform in die pad gesteek.

Daniel Friedman, ook bekend as die komedie-persona Deep Fried Man, is verlede maand geskors weens ʼn inskrywing op Deep Fried Man se Twitterrekening wat na wit mense, spesifiek diegene wat die VF Plus ondersteun, as rassiste verwys. Dié rekening is daarna gedeaktiveer.

The Citizen sê ʼn onafhanklike arbeidspraktisyn het ʼn interne tugkomitee ná Friedman se optrede gelei en dié kenner het aanbeveel dat Friedman afgedank word.

“Die bestuur het dié aanbeveling aanvaar,” het die koerant gesê.

“Die voorsitter het bevind dat Friedman se sosialemediaopmerkings teenoor drie persone, asook besonderhede oor die omstandighede en konteks van sy twiet, op wangedrag en onprofessionaliteit neergekom het. Sy uitlatings het ook die publikasie se naam in die skande gesteek.”

The Citizen sê hy sal enige ander oortredings van ʼn soortgelyke aard op dieselfde wyse hanteer.

Friedman – as Deep Fried Man – is al vantevore gekap nadat hy die spot gedryf het met moord op wit mense in die YouTube-video The White Genocide.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

andre ·

Komediant? Niemand dink hy is snaaks nie, Well done Citizen,

Marie ·

Daniel Friedman sien elke dag van sy lewe homself in die spieël, dus weet hy seker presies wat ‘n rassis is.

Scalla ·

Sal graag hom iets wil wys, sal dan as deep died man bekend staan en nie meer deep fried man nie.

Genis ·

Sy grappies het gestink, en was baie lasterlik… hoop Jy en die EFF lag nou lekker saam…

VannieBaai ·

So…….is dit dan nét “wit mense” wat rassisties is? Kry vir jou my maat………

Pieter ·

Toe braai hy in sy eie vet. Sy optrede laat ‘n skandvlek oor mense soos hy.

Porseleintjie ·

Die rassis se tou was lank genoeg om homself toe te hang.

Stefan ·

Sy komedies en koerantartikels trek geen aandag nie, nou probeer hy met hierdie gemors aandag kry.
Sjoe, dit sal maar jou kind wees wat so uitdraai.

Genis ·

Hoe praat ons nou Serfaas? Daniel Friedman, ons nooi jou graag uit om ons te kom groet hier in die Pretoria Moot area.

Nefie ·

Sal liewer nie se wat dink ek van die knaap nie, dit sal in elk geval nie hier geplaas kan word nie.
Maar nou ja, sal moet sien of dit sy houding en optrede verander. Hopelik word hy nie weer in so pos aangestel nie

Anoniem ·

Friedman net ingeval jy nie weet nie, jou van beteken “man of peace”.

Niklaas ·

Hoop nie ons hoor hom of sien sy gevreet ooit weer nie. Sulke mense doen verhoudinge in ons land glad nie goed nie. Knap gedaan Citizen !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.