Sunday Times het Sondag gesê ʼn berig oor die beweerde moord op ʼn familielid van bekende komediant Trevor Noah moes nie in die “toestand waarin dit was” in daardie stadium gepubliseer gewees het nie.
Die koerant het verlede week ʼn storie gepubliseer waarin beweer word Noah se niggie is in KwaZulu-Natal vermoor en die vorige naweek begrawe.
“As ’n mens nou terugkyk, moes dit aan Sunday Times-lesers beskikbaar gestel gewees het in die toestand waarin dit was? Nee. Was dit nuuswaardig genoeg om as die hoofstorie op ons voorblad aangebied te word? Nee,” het Phylicia Oppelt, redakteur van die koerant, gesê.
Volgens Oppelt is die koerant se verslaggewers nie te blameer nie. ʼn Belangrike bron het glo teruggegaan op sy vorige bevestiging van die familieverbintenis tussen Noah en die moordslagoffer.
Oppelt het aangedui die koerant het ʼn storie oor Noah, wat vinnig internasionale bekendheid verwerf het, gedoen en vorige inligting wat deur Noah se ouma, Nomalizo Noah, verskaf is, opgevolg.
Dumisani Khoza, die pa van die vermoorde vrou, Cebisile Happiness Khoza, wie se liggaam vroeër die maand in suikerrietlande gevind is, het aan die koerant se verslaggewers gesê sy dogter is Noah se niggie. Oppelt het gesê die man het die afgelope week skielik ten sterkste ontken dat hy dit ooit gesê het.
Oppelt het gesê die koerant het hierdie week egter te wete gekom dat ʼn familielid van Noah wel in KwaZulu-Natal vermoor is. Gugulethu Gwamanda is na bewering deur ’n voormalige minnaar vermoor en haar liggaam is op ʼn verlate pad naby Baynesfield gestort.
Volgens Oppelt is Nomalizo Noah glo Gwamanda se tannie en Gwamanda se suster het ook hierdie week bevestig dat hulle familie van Noah is.
Kort nadat verlede week se storie in Sunday Times gepubliseer is, het Trevor Noah op Twitter die berig ontken en gesê dit was bloot “geslepe joernalistiek”.
“Ek is baie spyt oor enige pyn wat vir die Noah- en Khoza-families veroorsaak is,” het Oppelt gesê.
Ek wil net die Sunday Times in kennis stel dat ek nie familie is van Trevor Noah . . .
Wie’s dit? Trevor Noah?
En hier is vir ons die perfekte voorbeeld van sensationalisme. Die Sunday Times soek kliphard na ‘n manier om lesers te werf; en om ongewerivieerde stories op die voorblad te plaas, wat skokkend end leser-vriendelik is, is tog so ‘n maklike manier.
In-plaas-daarvan moet hulle eerder beter feitelike stories plaas.
Hoekom altyd n bekende figuur/persoon by n storie te betrek, sensasie soek is al.