Koerant volstaan by artikel ondanks reuse lastereis

'n Skermskoot van die artikel soos dit aanlyn verskyn het

‘n Skermskoot van die artikel soos dit aanlyn verskyn het

Die Sunday Independent sê hy volstaan by sy artikel oor ʼn multimiljoenrandse-tender wat aanleiding gegee het tot ʼn moontlike lastereis van R1 miljard.

“Ek volstaan by die artikel en my verslaggewer, wat deeglik en noukeurig was in die verkryging van navorsing van die storie en ewe versigtig was met die skryf daarvan,” het Japhet Ncube, adjunkredakteur, in ʼn verklaring gesê. “Ek sien dit as ons plig om die publiek se aandag te vestig op die besonderhede van ʼn ondersoek deur die spesiale ondersoekeenheid oor ʼn reuse regeringstender. Ons sal voortgaan om die plig sonder vrees of guns uit te voer afgesien van wie betrokke is.”

Die inligtingstegnologie-magnaat Robert Gumede dreig om die koerant, Ncube en Mogomotsi Magome, die verslaggewer, vir R1 miljard te dagvaar oor die artikel getiteld: “ANC funder probed.” In die berig word daar beweer dat Gumede se maatskappy, Gijima, ondersoek word in opdrag van president Jacob Zuma. Die berig beweer dat Zuma toestemming gegee het vir die spesiale ondersoekeenheid om ondersoek in te stel na ‘n tender wat deur die departement van landelike ontwikkeling aan Gumede se maatskappy toegeken is.

“Mnr. Gumede en sy maatskappy is geregtig tot billike behandeling en het die reg om enige regstellende stappe te neem indien hulle voel hulle is op enige manier onregverdig behandel,” sê Ncube. Volgens Ncube het hy intussen weer die artikel deurgegaan om te verseker dat daar geen foute in is nie. “Ek is tevrede dat die storie kan staan teen die mees omvattende ondersoek waaraan ‘n storie redelik onderwerp kan word. Die storie voldoen aan die hoogste standaarde vir navorsing en die opstel van sensitiewe ondersoekende stukke, en het ons eie interne kontrole- en goedkeuringsprosedures geslaag.”

Lees ook:
ANC-sakeman wil glo koerant vir R1 miljard dagvaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

alet ·

Mooi man al die onregverdigheid sal nou uit kom hulle moes dit lankal gedoen het hou so aan nog meer dinge sal uitkom sterkte

albert olovier ·

Al hierdie groot indrukwekkende lastereise…. maar wat is die grootste bedrag wat nog in ‘n lastereis in ons land toegestaan is? Was dit veel meer as R100 000?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.