Koerier beseer toe honde hom jaag

(Foto verskaf deur RUSA)

ʼn 47-jarige motorfiets-koerier het matige beserings opgedoen ná honde hom agternagesit het.

Lede van Reaction Unit South Africa het Maandag omstreeks 11:00 by die toneel in Calendulasingel in Buffelsdale in KwaZulu-Natal aangekom. “Die man het aan beamptes gesê hy het medikasie by ʼn inwoner in die gebied afgelewer. Honde het hom agternagesit net toe hy van die huis wegry.”

Hy het in ʼn eenrigtingstraat gery om van die honde weg te kom toe hy teen ʼn Toyota Yaris gebots het.

Die man is met ʼn privaat ambulansdiens na die hospitaal geneem vir dringende mediese behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Ilze ·

Ek is so dik vir mense se honde wat in die straat is. Ek moet met ‘n sambok draf net om die honde op ‘n afstand te hou. Ook die raad gekry om pepper spray byderhand te hou. Ek hoop die bestuurder van die motorfiets dagvaar die dinges uit die eienaars van die honde.

piet ·

Absoluut, iets moet daaraan gedoen word. Dit kan nie reg wees dat inwoners wat aan hulle daaglikse aktiwiteite deelneem deur diere op straat geteister word nie. Ek stap al met ‘n jagmes ten einde die mensvreters af te weer indien nodig.

Di ·

Die skuld moet voor die deur van hierdie eienaars gele word. As jy honde wil aanhou moet jy sorg dat hulle in jou erf bly. Daar is te veel mense daar buite wat nie ‘n duit omgee vir hulle diere nie.

piet ·

Ek stap gereeld. Dis beslis ‘n gevaar om enigsings in die strate te stap. Van hierdie honde gaan absoluut mal, as hulle moet los en uitkom vreet hulle jou beslis op. Ek dink daar moet regulasies wees dat honde in die agterplaas opgesluit moet wees gedurende die dag wanneer mense rondbeweeg in die straat.

Elinette ·

Nou waarvoor hou mense honde aan as die honde in die agter-erf gehou moet word bedags waar hulle nie die huis en erf kan oppas, soos wat dit normaalweg van hulle verwag word nie? Wat in my erf aangaan het niks met jou te doen nie. Ek stem saam: diere moet ingeperk in hul erwe bly; hekke moet toe wees en erwe goed omhein. Jy – meneer die Drawwer en mevrou die Fietsryer, moet ook julle gesonde verstand gebruik en dink oor hoe júlle optree. Moenie té naby aan die muur of heining van my huis verbygaan nie; hou by die fietsrybane of sypaadjies wat daar is en gedra jouself – jou harde stemtoon terwyl jy met jou mede-drawwers of stapmaats klets of klipharde musiek van jou selfoon af, word opgetel deur my hond se fyn ore en sy kán daardie hoë muur op ‘n spoed baasraak … en dan gaan ek én jy jammer wees.

Annelize ·

Moeg, en siek en sat vir mense wat honde wil aanhou, maar nie die nodige verantwoordelikheid en verstand aan die dag kan le om na hulle diere om te sien en te sorg dat hulle in hulle erwe bly nie. En dan word die diere die skuld gegee of sekere rasse word uitgelig agv eienaars “that has no business keeping even a mosquito, let alone a dog”.

Tyd dat sulke eienaars strafregtelik vervolg word waar hulle diere tot skade en beserings ly. Ek self het 3 honde, en nog nooit maar nooit was my diere ‘n las of gevaar vir enigiemand nie, want ek KYK agter my diere.

Ek hoop die man dagvaar die eienaar vir sy ontbering, maar die eienaar van hierdie honde is seker nou gerieflikheidshalwe “dood”.

piet ·

Dit is so maar as jy honde aanhou wat met alle geweld wil uitbreek uit die erf en mense buite in die straat byt, is dit probleem honde in die eerste plek en nie die tipe wat aangehou moet word nie. Die punt is hierdie gevaarlike honde kan op een of ander manier uitkom en dan is dit nag.

Elinette ·

Ek is moeg en siek en sat vir mense wat nie regtig diereliefhebbers is nie, maar nie die nodige verantwoordelikheid en verstand aan die dag kan lê om ander mense se eiendom (en diere en hul gedrag) te respekteer nie. As jy binne 1m van mý erf se omheining stap, gáán my hond vir jou … want jy hoort nie daar nie.

Harley Davidson ·

Die honde het hom net gejaag nie gebyt nie hy het in ‘n kar vasgejaag en homself beseer,so hoekom is die honde eienaars nou skuldig?

piet ·

Daar is ‘n kousale verband tussen die ongeluk wat uiteindelik gebeur en die honde wat die man gejaag het en hom genoodsaak het om in ‘n eenrigtingstraat op te ry om weg te kom. Skroef die eienaars op. Stywe boete en al die skade betaal van die betrokkenes by die ongeluk.

Gert ·

Nee die moterfiets is baie vinniger as die honde en as jy ry moet jy by pad reëls hou. Dis nie die honde se skuld as jy teen verkeer inry en ‘n ongeluk veroorsaak nie.

Dahlia ·

Ag asseblief! Hoe sal jy reageer wanneer twee boosaardige honde jou stormloop?
Die arme man het seker erg geskrik en was desperaat om van die honde af weg te kom. Honde sonder leibande en eienaars hoort beslis nie buitekant die erf nie!

RB ·

Honde is soos kinders. Hulle word nie gebore met die beste maniere òf gehoorsaamheid nie. Jy lèèr hulle dit!!
Net soos jy ‘n kind ‘potty train’ net so doen jy met ‘n hond dan weet hy jou huis is nie sy toilet nie – buite is ‘n tuin waar hy mag gaan.
Soos jy jou kind leer om te luister wanneer jy praat, net so lèèr jy jou hond. Gehoorsame honde het verantwoordelike eienaars en andersom.

Dit is wel insiggewend dat daar sò baie insidente met honde is, geen wonder dan dat soveel tieners van vandag ook geen maniere het nie.

So is daar wèl nog tieners èn honde wat lieflike geselskap is – intelligent, opgevoed, goed gemanierd!

Thelsa ·

Ampath lewer nie medikasie af nie. Dis ‘n laboratorium. Die man het onwettig teen ‘n eenrigtingstraat gery. Tipies Suid-Afrikaans. Blameshifting.

Lubbe ·

Maak nie saak wie se motorfiets dit is nie. Sit jou op ‘n fiets en dat honde jou jaag of wil byt dan kyk ons hoe jy reageer.

piet ·

Wie se hy was van Ampath? Die blote feit dat hy ‘n Ampath boks vervoer het, beteken nie dat hy van Ampath was nie, nie dat dit enigsins saak maak nie.

Dahlia ·

Dit maak nie saak wat hy afgelewer het nie. Die honde wat op hom afgepeil het, het hom genoodsaak om vinnig op die vlug te slaan en is noodgedwonge geforseer om in ‘n eenrigtingstraat op te jaag.

JohanR ·

Soe dit is die rede dat my pakkie nooit by my uitgekom het nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.