Koffiefontein-moorde: Polisie loof groot beloning uit

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die Vrystaatse polisie het ʼn groot beloning uitgeloof nadat twee polisiebeamptes deur die loop van Woensdagaand by die Koffiefontein-polisiestasie doodgeskiet is.

Maroela Media het vroeër berig die beamptes, albei 32-jarige konstabels, se liggame is omstreeks 04:00 deur hul kollegas in die aanklagtekantoor van die stasie aangetref nadat hul kollegas van patrollie af teruggekeer het. Een konstabel is in die kop geskiet, en die ander een in die nek en rug. Sover vasgestel kan word, is slegs een van die konstabels se dienspistole tydens die voorval beroof.

Die polisie ondersoek twee sake van moord en ʼn saak van gewapende roof.

Lt.genl. Lebeoana Tsumane, provinsiale kommissaris van die Vrystaat, het die “barbaarse moord” op die beamptes, Obert Boitumelo Mekoa en Mzonani David Manjo, ten sterkste veroordeel.

“Dit is een van die hartseerste dae vir die polisie in die Vrystaat en ek wil namens die polisie ons innige meegevoel met Mekoa en Manjo se familie betuig. ʼn Taakspan is saamgestel wat deur die Valke gelei gaan word. Ek het ook ʼn beloning van R300 000 goedgekeur vir enige inligting wat kan lei tot die suksesvolle inhegtenisneming en vervolging van die skuldiges,” het hy gesê.

Enigiemand met inligting wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan, word versoek om kapt. Laux by 082 854 7530 of Crime Stop by 08600 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Pieter ·

en waars die beloning vir al die plaasmoorde? nee wat, hierdie klink anyway soos “hits”

Asjas ·

Laat ek die eeerste wees om te vra oor kameras in die Polisie Stasie?

Gesiggie ·

Ek wonder….dink die 1 die ander geskiet en toe homself. Maak net nie sin…

snoefie ·

polisie konstabels. moes dus opleiding gehad het wat hulle nie kon toepas nie. het hulle geslaap?so jammer dat hulle oom pionne opdie skaakbord van bbbee moes word. sterkte en simpatie aan geliefdes, familie en vriende

anton ·

Wat maak die polisie manne so belangrik dat so n groot belonging uitgereik word?
Daar word geen beloning uitgereik as n wit man of boer vermoor word nie!!!
En nog n vraag? Is boere wat vermoor word op baie erger en wreder maniere nie ook Barbaars nie?

karen ·

Ja Asjas, eerste gedagte by my ook – kameras ? dalk in na-nag rus oorval ? en soos jy se Anton wat maak hulle so besonders vir daardie vreeslike beloning. Dis belaglik die mans is oorval en hulle was beslis nie paraat nie. En ook geen radio kontak van stasie na patrollie voertuig? sou ek en jy nie vermoed daar is fout want ek met stasie kontak maak en geen reaksie kry ?

Kaptein jannie ·

Dit is baie maklik om kometaar te lewer, as jy nie self in die omstandighede moet werk nie. Ja ddar is voorsorg maatreels wat ons tref maar ons is konstant n teiken. Die beloning is glad nie vergesog nie. Mense is vinnig om die SAP te veroordeel maar hoeveel bied hiul dienste aan as reseviste, hoeveel mense gee inligting wat kan help om boosdoeners op te spoor, hoeveel mense draai eerder en kyk weg, of wil nie betrokke raak nie. Stel julself beskikbaar en raak betrokke. Dan kan julle die polisie veroordeel. Sterkte aan die families van die polisiebeamptes.

Michael ·

Dit is tragies dat die piesang republiek so agteruitgegaan het dat daar geen vrees meer bestaan vir die polisie nie die voorval sou nooit voor 1994 gebeur het nie en hoekom het ek nog nooit gesien dat daar n beloning aangebied word vir n plaasmoord nie?

Willie ·

Ek was self in daai posisie. My hart bloei vir daai gesinne. Ja, ongelukkig moet jy in aanklagkantoor almal toelaat om in te stap en jy moet net aanvaar dat jy tot hulp kan wees, intussen is dit moordenaars. Jy kan niks maak nie. Ons plattelandse polisie en mense dink en glo ons aan goeie mense en nie harde kriminele nie. Dis heeltemal reg, hulle is presies net soos n plaasmoord afgemaai, en het nooit van diens getree nie. Gelukkig het die Vrystaat n Generaal wat baklei om sy polisiemanne se moordenaars in te katrol. Sterkte aan Koffiefontein

marous ·

Die polisie moet die skuldiges gaan soek. Om belonings uit te reik gaan net die tipe goed laat eskaleer!

Jos ·

Waar was die vangwa die hele nag gewees. Vra bietjie vrae aan daai manne ook. RIV en sterkte aan die familie.

Catryn ·

So jammer vir families – elke moord moet ‘n prioriteit wees … media moet ophou dit uitbasuin as en wanneer blankes vermoor word, dat dit net gewone misdade is… moord bly moord as iemand doodgeskiet is .. en as daar vuurwapens geroof is, is dit nie gewone misdaad nie. MEESTE aanvallers kom met AK’s of ander outomatiese vuur ….

Media is baie misleidend, en dit sluit maroela media in.

Lc ·

Sterkte vir die families, dit is tragies, ek hoop die modernaars word gou gevang. Ek onthou nog toe Dokters,Polisie,en ander nooddienste gerespekteer was deur die publiek

vrikie ·

Kry net vir Kaptein Kitaarbors van Tonder van die buurdorp en die skuldiges sal gou vasgetrek word

anton ·

Kaptein jannie, die polisie is so korrup en 95% useless, wie dink jy gaan as n resevis by hulle wil aansluit? Dit help nie jy probeer opkom vir die sap nie. Die publiek het lankal vertroue in hulle verloor en wie se skuld is dit?
Nee wat, hou op om die man in die straat te wil blameer vir die polisie se tekortkominge asb.!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.