Kohler-Barnard gaan teen skorsing appelleer

Dianne Kohler-Barnard

Dianne Kohler-Barnard

Dianne Kohler-Barnard, die DA se voormalige skaduminister van polisie, gaan teen die opskorting van haar party-lidmaatskap appelleer.

Kohler-Barnard is Vrydag deur die Demokratiese Alliansie (DA) se federale uitvoerende komitee skuldig bevind aan wangedrag en die komitee het beslis dat haar lidmaatskap opgeskort moet word.

Dit kom nadat Kohler-Barnard opslae gemaak het toe sy ʼn omstrede inskrywing oor PW Botha op sosiale media gedeel het. In die inskrywing van Paul Kirk, ʼn joernalis, het hy onder meer geskryf: “Hierdie is ʼn blêddie sirkus. Kom asseblief terug PW Botha. Jy was by verre eerliker as enige van hierdie ANC skurke.”

ʼn DA-woordvoerder het bevestig dat Kohler-Barnard geregtig is om binne die volgende tien dae teen haar skorsing te appelleer en sy is Saterdag in verskeie berigte aangehaal dat sy dit wel gaan doen.

Intussen het die ANC Saterdag haar skorsing as ʼn gerieflike publisiteitsfoefie beskryf wat “niks sou doen om van die party se tweeling-demone van rassisme en apartheidheerskappy ontslae te raak nie”.

In ʼn verklaring wat deur die kantoor van die ANC se hoofsweep uitgereik is, het die regerende party gesê die DA moet met al die rassiste in sy onderskeie range afreken. “Totdat die DA deurlopend met al die rassiste in die party afgereken het, sal hulle sukkel om Suid-Afrikaners te oortuig dat hulle getransformeer het en ʼn tuiste vir alle persone ongeag hul velkleur is.”

Dennis Bloem, woordvoerder van Cope, het gesê dié party stem saam met die DA se besluit om Kohler-Barnard se lidmaatskap op te skort. “Die skade wat sy die party berokken het, is net te groot om te ignoreer of ligtelik te hanteer,” het Bloem gesê.

“Ons land het apartheid 21 jaar gelede begrawe. Ons kan beslis nie hierdie spook toelaat om ons hede of toekoms te bewoon nie. Die persone wat terug verlang na die ou struktuur het geen plek in ons samelewing of in die politieke sfeer nie.”

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

28 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hennie

Ek glo dié aantreklike vrou sal wondere kan virrig by ‘n party soos VF+ of Afriforum. As ek sy was, sou ek die DA in sy peetjie stuur! Hulle verdien haar nie!

chrisp

Hennie sy is gif, uiterse stadige en dodelike gif vir die Afrikaner.Sy sien neer op die taal wat jy praat(uitlating oor Afrikaans),jou blanke vel(bee) eintlik jou Afrikanerskap,daarom is haar tuiste die DA en probeer sy alles in haar vermoe om daar te bly! Tenminste was sy eerlik tot dusver en maak geen gehiem van haar “afsku” aan die konserwatiewe Afrikaner nie.Sy is nie ‘n toonbeeld van baie DA lede wat nie weet waarvoor die DA staan nie.Sy weet dit baie goed en ondersteun dit ten volle Haar plek is nie tussen ons nie sy weet dit ,ek weet dit,en nou… Lees meer »

Dee

Dankie dat jy dit aan Hennie verduidelikk het, Chrisp. En hy is verkeerd wanneer hy sê die anc verdien haar nie. Hulle verdien haar wel.

Jakkatrak

Hennie? Dit wil voorkom asof jy internet toegang het as jy hier “kommin”-taar lewer. Google Images ‘n meer onlangse foto van haar…..en dan identifiseer jy die woord in jou eerste sin wat nie daar hoort nie!! hahahahahaha

Henry

Hopelik is die antie suksesvol met haar ge-appelleerdery.
Die DA en hulle spul Afrikanerhaters soos die antie met die dubbeldoor van, verdien mekaar.