Kohler-Barnard gaan teen skorsing appelleer

Dianne Kohler-Barnard

Dianne Kohler-Barnard

Dianne Kohler-Barnard, die DA se voormalige skaduminister van polisie, gaan teen die opskorting van haar party-lidmaatskap appelleer.

Kohler-Barnard is Vrydag deur die Demokratiese Alliansie (DA) se federale uitvoerende komitee skuldig bevind aan wangedrag en die komitee het beslis dat haar lidmaatskap opgeskort moet word.

Dit kom nadat Kohler-Barnard opslae gemaak het toe sy ʼn omstrede inskrywing oor PW Botha op sosiale media gedeel het. In die inskrywing van Paul Kirk, ʼn joernalis, het hy onder meer geskryf: “Hierdie is ʼn blêddie sirkus. Kom asseblief terug PW Botha. Jy was by verre eerliker as enige van hierdie ANC skurke.”

ʼn DA-woordvoerder het bevestig dat Kohler-Barnard geregtig is om binne die volgende tien dae teen haar skorsing te appelleer en sy is Saterdag in verskeie berigte aangehaal dat sy dit wel gaan doen.

Intussen het die ANC Saterdag haar skorsing as ʼn gerieflike publisiteitsfoefie beskryf wat “niks sou doen om van die party se tweeling-demone van rassisme en apartheidheerskappy ontslae te raak nie”.

In ʼn verklaring wat deur die kantoor van die ANC se hoofsweep uitgereik is, het die regerende party gesê die DA moet met al die rassiste in sy onderskeie range afreken. “Totdat die DA deurlopend met al die rassiste in die party afgereken het, sal hulle sukkel om Suid-Afrikaners te oortuig dat hulle getransformeer het en ʼn tuiste vir alle persone ongeag hul velkleur is.”

Dennis Bloem, woordvoerder van Cope, het gesê dié party stem saam met die DA se besluit om Kohler-Barnard se lidmaatskap op te skort. “Die skade wat sy die party berokken het, is net te groot om te ignoreer of ligtelik te hanteer,” het Bloem gesê.

“Ons land het apartheid 21 jaar gelede begrawe. Ons kan beslis nie hierdie spook toelaat om ons hede of toekoms te bewoon nie. Die persone wat terug verlang na die ou struktuur het geen plek in ons samelewing of in die politieke sfeer nie.”

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Hennie ·

Ek glo dié aantreklike vrou sal wondere kan virrig by ‘n party soos VF+ of Afriforum. As ek sy was, sou ek die DA in sy peetjie stuur! Hulle verdien haar nie!

Dee ·

Hennie, daar is ook nie plek vir jou by die konserwatiewe partye as jy Kohler-Barnard wil koester. Gaan stig saam met haar ‘n party van jul eie.

Flippie ·

Asseblief tog nie. Hierdie tannie jou nie van Afrikaans nie.

Paul ·

Daar is ‘n ander DA Boerehater wat deur die blinde sambok raakgepiets is en hy sit iewers in ‘n enkelkamer nadat hy uitgeboer het.

chrisp ·

Hennie sy is gif, uiterse stadige en dodelike gif vir die Afrikaner.Sy sien neer op die taal wat jy praat(uitlating oor Afrikaans),jou blanke vel(bee) eintlik jou Afrikanerskap,daarom is haar tuiste die DA en probeer sy alles in haar vermoe om daar te bly!

Tenminste was sy eerlik tot dusver en maak geen gehiem van haar “afsku” aan die konserwatiewe Afrikaner nie.Sy is nie ‘n toonbeeld van baie DA lede wat nie weet waarvoor die DA staan nie.Sy weet dit baie goed en ondersteun dit ten volle
Haar plek is nie tussen ons nie sy weet dit ,ek weet dit,en nou weet jy dit.

Hennie ·

Dankie Chrisp en die ander manne. Ek is nou beter ingelig!

Dee ·

Dankie dat jy dit aan Hennie verduidelikk het, Chrisp. En hy is verkeerd wanneer hy sê die anc verdien haar nie. Hulle verdien haar wel.

Jakkatrak ·

Hennie? Dit wil voorkom asof jy internet toegang het as jy hier “kommin”-taar lewer. Google Images ‘n meer onlangse foto van haar…..en dan identifiseer jy die woord in jou eerste sin wat nie daar hoort nie!! hahahahahaha

Bart ·

Ja WRAGTAG, op daai foto was sy nog jonk maar niks minder van n Libtard nie!

Henry ·

Hopelik is die antie suksesvol met haar ge-appelleerdery.
Die DA en hulle spul Afrikanerhaters soos die antie met die dubbeldoor van, verdien mekaar.

Johann ·

Antie met die dubbeldoor jou velkleur is nie reg nie. Vat jou goed en trek ………

GES ·

Sy is verseker slegte nuus, sal nooit en gaan nooit ‘n Afrikaner wees nie. Soos Hendry reeds opgemerk het, sy en die DA verdien mekaar. Die DA is nie ons tuiste nie. Daar is gelukkig ander kanale om protes aan te teken. Die pen bly steeds magtiger as die swaard.

maryna ·

sy ‘share’ ‘n pos …..

maar Mnr Die President
sing op TV ‘shoot the boer’

??????????

Nemesis ·

Die DA beroep hom daarop as kampvegter vir vryheid van spraak en denke maar hier wys die feite die teenoorgestelde uit dat hulle maar net slawe van politieke korrektheid is… so n “ANC Lite”. Alle ander Afrikaansprekende DA lede- neem kennis…

Piet Snot ·

Nemesis, jy kan nie verwys na “alle ander Afr sprekende lede” nie. Dit impliseer dié tante is Afrikaans.
Die waarheid is dat sy jou taal minag en jou as mens verag omdat jy ‘n Afrikaner is – sien die kommentaar hierbo, en gaan lees bietjie meer oor haar.
Indien jy egter sou sê “Afr sprekende DA lede, julle dae is getel”, wel dan mag jy reg wees.

shannon ·

Ag jinne man, nog `n loopbaan kom tot `n einde.
Skryf `n ‘ope brief’ Dianne, of dalk `n boek.

Han ·

Die venynigheid drup in die kommentare! Waarom mekaar aanval in plaas van suiwer kommentaar op die onderwerp te lewer? Probeer liewer julle spelling verbeter, want dit is oor die algemeen pateties!

GES ·

Ek reken Maroela het ‘n groot werk gedoen deur ‘n platvorm te skep waar Afrikaners nuus kan lees, kommentaar kan lewer en debat kan voer. Ek dink nie ons besef altyd, die trauma en seer wat ons mense verduur nie. Die enigste manier om jouself te reinig is om daaroor te praat. Baie belangrik ook, is dat baie mense se oë oop gegaan het oor wat in die politiek aangaan.

Dee ·

‘n Duimop van my kant af vir jou skrywe, Han. En dit nogal nadat ek self heel venynig gereageer het. Ek het ‘n dag of twee gelede op Praag gelees hoe vertel iemand met ‘n Engelse skuilnaam dat hy altyd aandring op Afrikaans wanneer hy iets koop. Daar bestaan ongelukkig ook ‘n stelling wat lui “hoe meer regs, hoe swakker die Afrikaans’.

chrisp ·

Han.
Hierdie is nie ‘n Afrikaanse speltoets nie,eintlik is dit weer vir my swak om jou taal te meng en nie soseer die spelling nie.Maar as dit jou so baie pla,gee ons jou epos adres sodat jy ons spelling kan regstel.Ek het nie die tyd om dit deur te gaan nie en ek spel maar oor die algemeen swak.

Verder wag ons in spanning vir jou suiwer kommentaar oor die onderwerp aangesien jy dit ook nie lewer nie!

Henry ·

Stem allie pad saam met jou Maroela platform stelling GES.

Mens kan gerus die self-aangestelde woordspietkoppe waarna chrisp verwys, ignoreer. Is uiteindelik van geen nut vir mens, dier of klier nie.
:-)

J. De Villiers ·

Kom ons los die Afrikaans/Engels oorlog en ondersteun haar. Sy het geen leun vertel nie en ook nie korupsie gepleeg nie. In die verlede wou ons nie die Boereoorlog vergeet nie en het in die proses ons land afgetsaan aan mense wat skree “skiet die boere”. Ek stem vir haar en hoop haar apel slaag.
Afrikaner

Dee ·

Sy het geen leuen vertel nie. Was dit nou toe sy iemand anders se mening gedeel het of was dit toe sy verskoning gevra het daarvoor? Sy het haar woorde dus terug getrek (en gee voor dat) sy nie meer so daaroor voel nie. En jy bepleit ondersteuning vir haar? Ten spyte van haar afkeur vir Afrikaans? Jy hoop dat haar apel slaag sodat sy verder skade vir die blanke kan gaan maak in die DA. Snaakse redenasie – opsigtelik stem jy ook DA.

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Kohler Barnard se politieke loopbaan is verby as jy eers so rasistiese klad teen jou naam het gaan die VF Plus nie eers na jou kyk nie . Kohler gaan werk liewer vir Pam Gold POLITIEK in SA is uit vir jou met die land se politieke geskiedenis is dt verby . Jy gaan die DA nou net stemme kos en die ANC gaan dit gebruik teen die DA kan nie glo jy probeer nog appeleer spaar jou die vernedering en verdwyn stil stil uit die politiek .

Dee ·

Die VF het tog daai baardmannetjie werk gegee toe die DA hom nie meer wou gehad het nie.

Dirk Breytenbach ·

Ongeag die ywerige kritiek wat sekere kommentators teen mekaar hierbo besig oor die kwessie bevat die PW Botha sms geen rassistiese ondertone nie. Dit verwys miskien na ‘n era of ‘n dispensasie en nie na ras nie. Speel asb. die bal nie die man/vrou nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.