Kohler-Barnard na adjunk-pos geskuif na herrie oor Facebook-inskrywing

Dianne Kohler-Barnard.

Dianne Kohler-Barnard.

Dianne Kohler-Barnard, die DA se skaduminister van polisie, is gedemoveer na ʼn adjunk-posisie, enkele dae nadat sy in die sop beland het oor ʼn omstrede inskrywing oor PW Botha op sosiale media.

Maroela Media het vroeër berig Kohler-Barnard is voor die Demokratiese Alliansie (DA) se federale regskommissie geroep oor die inskrywing. Kohler-Barnard het twee weke gelede ʼn inskrywing van Paul Kirk, ʼn joernalis, gedeel waarin hy onder meer geskryf het: “Hierdie is ʼn blêddie sirkus. Kom asseblief terug PW Botha. Jy was by verre eerliker as enige van hierdie ANC skurke.”

Phumzile van Damme, die DA se nasionale woordvoerder, het gesê die feit dat Kohler-Barnard die inskrywing gedeel het, is “onverdedigbaar en heeltemal teenstrydig met die DA se waardes van vryheid, regverdigheid en geleenthede”.

Mmusi Maimane, DA partyleier, het Saterdag in ʼn verklaring aangekondig dat Kohler-Barnard voortaan as die adjunk-skaduminister van openbare werke sal dien. Zakhele Mbhele is in Kohler-Barnard se plek aangestel.

Maimane het egter geen aanduiding gegee dat Kohler-Barnard se demovering verband hou met die PW Botha-inskrywing nie. “Na aanleiding van ʼn hersiening van die DA se strategiese prioriteite en ʼn aantal vakante poste wat ontstaan het, is daar veranderinge aan die skadukabinet gemaak,” het hy gesê.

Kohler-Barnard is een van 11 skuiwe in Maimane se kabinet. Gavin Davis is as skaduminister van basiese onderwys aangestel, terwyl Van Damme as skaduminister van kommunikasie sal dien. Annette Lovemore is van basiese onderwys na openbare dienste en administrasie geskuif, Patricia Kopane is die nuwe skaduminister van openbare werke en Bridget Masango die skaduminister van maatskaplike ontwikkeling.

Johni Edwards is die nuwe adjunk-skaduminister van omgewingsake, Marius Redelinghuys is adjunk-skaduminister van polisie, Terri Stander is adjunk-skaduminister van openbare ondernemings en Erik Marais is adjunk-skaduminister in die presidensie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Manie ·

Daar is niks nader aan die waarheid dat die man eerliker was as die anc skurke wat nou aan bewind is. Wit kiesers maak baie seker waar jy jou kruis maak. Da baie naby aan anc beleid

Stephan ·

Hierdie wys nou net baie duidelik dat enige minderheidsgroep, spesifiek hier die afrikaner nooit, ooit enige toegewings van die DA moet verwag nie. Ek is so bly dat ek nie DA gestem het nie en nou meer as ooit oortuig is om nie DA in toekoms te stem nie.

Rynhardt ·

Dianne Kohler-Barnard se pos is nie net verlaag nie,maar sy gaan ook n tugverhoor kry,soos wat E-TV vanaand berig het.Haar verdiende loon!Sy het destyds gese:”I don’t speak the language of stupid dumb Dutch men”.Het geen simpatie met haar nie.Die einste Maimane se vanaand dat hy die party vorentoe wil neem.Dit is uiters lagwekkend want hul ondersteun die Anc se vryheidsnanifes wat regstellende aksie teen die blanke uitspel.Die politiek is labkal dood vir ons mense en die parlement is vol van hansworse wat net sy vet tjek maandeliks wil ontvang.Afrikaner/Boervolk,jou antwoord le by die Here wat die onmoontlike,moontlik gaan maak vir jou.Die hansworse in die parlenent glo ons wittes moet hul slawe permanent wees.Ek is nie agente van die nuwe wereldorde se slaaf nie!Wor wakker,hulle voel vere vir die wittes!

EETMAARKROKKODIL ·

Dianne K- B is maar n Libtard…MAAR…NIEMAND MAG MEER DIE WAARHEID PRAAT IN 2015. NIE SY NIE EN OOK NIE EK EN JY NIE !

AZANIA IS N POLISIE STAAT! EN DIE DA =ANC= EFF!
FEITE!!!

Bart ·

Toemaar die gedoente lyk LANKAL NIE meer SO NIE!

Vet en lelik geword!!! Sy moet maar vir haar kry!!

Rynhardt ·

Eetmaarkrokkodil,dit is alles waar wat jy se oor DA=EFF=Anc!Jy het dit uistekend gestel.Hulle speel ons mense vir jare!

Jacques ·

Stem vir DA en jy stem vir Engeland, wat Afrikaners haat.

Sarie ·

Goed PW se spook loop nog en laat mense regop sit. Dit het altyd gelyk of Dianne haar werk goed gedoen het. Maar nouja die waarheid maak seer en ‘n mens kan nie van Van Damme verwag om die feite uit die geskiedenis te ken nie. Sy was nie eers ‘n SA burger nie.

david ras ·

Ek het altyd geweet die DA is polities maar bra olik—maar hulle is wragtie baie sieker as wat ek gemeen het. Die waarheid is bevrydend seg hulle ! Nouja, DA, bewys dit !!

piet ·

Die groot Krok was n yster het dissipliene en respek afgedwing weet nie van n Nkandla en die luukses wat zumpie nou geniet gehad het baie beslis n leier gewees om trots op tewees is daar nog iemand wat sy skoene kan volstaan ek twyfel sy eie kabinet het hom veraai SA was n baie veiliger land met hom aan die stuur hy was eerlik reguit en opreg en het nie n bang haar op sy bles gehad nie.

Rynhardt ·

Kohler-Barnaed verdien haar straf.Liberale DA gaan nooit vir afrikaner en sy geskiedenis opstaan nie.Hulle sien ons as besmet!Die einste Baebard wat polisie nou so kritiseer,het een leluke ding vergeet om te noem Haar voormalige leier;Zille het in 2914 die transformasie van polisie geondersteun!Eetmaarkrokkodil is reg wanneer hy se dat DA =EFF=Anc.Al drie ondersteun die vryheidsmanifes wat afrikaner van alles ontneem.Die SA pilitiek was lankal so intwerp dat die Afrikaner geen voet moet he om op te staan nie!SA politiek is lankal dood vir ons.Die Here is antwoord vir die Afrikaner/Boervolk!Vir jouself af die volgende:SA het al die goud en diamante in die wereld,maar vir dekades kan sy mense en die land nie uit hul ellende kom nie!Besef iets is lelik verkeerd in jou land.Dit bring my weer by die volgende.Die Here is ons Boervolk se antwoord!

christa ·

Stem saam met jou Piet hy was nou n man so na my hart wens so ons kan weer so n eerste minster kry ek weet was opregte en eerlik en ons het n pragtige land gehad nou is dit so sleg.

Peter Lerner ·

PW was baie dinge vir baie mense maar hy het geen Nkandla gehad nie, geen neefs wat myne geroof het nie, nie gereken n stort kan VIGS aanspreek nie, geen kinders in die hof gehad op kriminele aanklagte nie… hy’s eintlik n “stand-up guy”!

Pauline ·

Ja Bart wonder hoe jy lyk.? Weet klaarblyklik nie waaroor dit gaan nie. Almal sit net en wag dat DA ‘n fout maak. As van julle nie in die Wes-Kaap bly nie, kom kyk gerus hoe dit hier lyk. Tipies van die Afrikaner kon nog nooit saamstaan nie. Hou op in die verlede leef en besef dat ons moet opofferings doen. Moet asseblief nie glo dat die VF+ ons probleme sal kan oplos nie, want hulle beleid is beslis nie die oplossing vir die land nie. Hou op om in die verlede te leef !!!!
Die hele storie word uit verband geruk. Viva DA !! Viva

Louw boepens ·

Pauline jy is reg.Die VF is ook nie die antwoord nie.Die HNP het altyd gese stem reg – bly weg .Ek dink dit is die antwoord want die VF se nooit iets verkeerd nie want hulle se nooit iets nie!!

chris ·

Pauline.
Goed so.As jy glo die VF+(ek is nie ‘n groot ondersteuner nie) se beleid is nie die oplossing nie, glo jy verseker dat die ANC sin die oplossing is want sien dit is ook die DA beleid(bewys my verkeerd asb).

Nou kan jy sommer ook skree uit volle bors.Viva ANC!!Viva.Voeg sommer ‘n Amandla ook by dan is jy werklik in.
Dit sal dus so klink VIva ANC!! Viva.Amandla!!
Twede vers= VIva DA!! Viva.Amandla!!(Herhaal tot jy jou dosis dwaasheid tot oorlopens toe ingewurg het)
Gebruik jou logika as dit nog moontlik is vir jou .Ek dink jy is al so gebreinspoel dat jy geen benul het waarvoor jy stem nie ,en is dit nie jammer nie?

chris ·

Ek antwoord vir Pauline en nou is die kommentaar verwyder.
Wat was die probleem?
Dalk omdat ek vir Paula gese het sy kan maar net sowel Viva,Viva En Sommer Amandla by bysit as sy dit vir die ANC sing en skree, die beleide van die DA en ANC is mos dieselfde. As sy dus die DA beleid ondersteun, ondersteun sy eintlik die ANC want die DA beleid is ANC beleid,

Swak Maroela!!!

Christie ·

Die WAARHEID het ‘n manier om seer te maak. D K B het niks verkeerd gedoen nie

chris ·

Die DA is in my oe groter huigelaars en opportuniste as enige ander party in die reenboog-orgie en verdien die minagting en afsku wat besig is om van Afrikaner kringe ook te groei.

Die mense, Afrikaners in besonder moet regtig begin wakker word en sien watse onkruid hierdie party werklik is.Gaan kyk wat hulle se en doen vir jou as minderheid, beredeneer dit logies en maak asb ‘n ingeligte besluit. Liberaliste is die gevaarlikste mense wat daar is.’n Kanker waarvan die teenmiddel ongelooflik duur is en veral in menselewens.

Daar is geen salf aan baie DA ondersteuners te smeer nie en dit is jammer.Netso is daar ook baie wat vir die party stem wat regtig nie die dubbele standaarde van die party en sy leiers raaksien nie.Hierdie mense(DA for live) is bloot net dwaas (niemand kan so dom wees nie) hulle raak ook weg om net so week later weer te kom nonsens braak hier op Maroela vas gevra te word en dan weer te verdwyn,so ‘n week later pop hulle weer uit en die proses herhaal homself maar.Ons moet egter nie ophou om hierdie mense aan te vat nie, baie lees hier en sien dan hulle leuns raak terwyl hulle dit nooit sal sien nie .Ons antwoord dus nie om hulle onthalwe nie maar vir die nugter denkendes onder hulle wat nog nie hulle beredenerings vermoe verloor het nie.

Dan ·

n Mens sal sweer die afrikaanses is die oorsaak van alles wat verkeerd gaan in SA, maar daar word nooit verwys na wat die engelse in die verlede gedoen het nie. Die DA is hoofsaaklik die engelse in SA se party. Die engelse was en is nie engeltjies nie. Maar toemaar Maimane gaan julle uitoorle, hy gaan julle party annekseer. STERKTE!!!!!

Jan maak n Plan ·

My dogter toe in Gr9, moes einde verlede jaar n skool taak wat deur die plaaslikke departement van onderwys by die skool afgelewer, is doen. Hulle moes n onderhoud doen, met spesifieke vrae, met n ” vooraf benadeelde burger van apartheid”. Sonder om twee keer te dink, doen sy die onderhoud mooi spesifiek met ons 47 jarige kombuis hulp. Ek het amper op my rug geval toe ek haar antwoorde hoor. Sy reken reguit dat PW Botha baie meer vir hulle gedoen het as al die sogenaamde ANC presidente saam. Ek het toe begin om by die werk so tussen deur swart mense te pols oor hulle gevoel oor die ANC en een ding het ek agter gekom, as hulle weer almal stem soos in 1994 dan is die ANC op sy bas uit die parlement uit. Al wat ek nie mooi weet nie is vir wie sal daar dan gestem kan word, want die DA is ook baie bang om ” n Spanner n Spanner” te noem. As jy die waarheid praat in die DA dan word jou bas geskop. Ek haal my hoed vir Dianne af en my boodskap aan Mmusi is – “wake up boet because up to date you are no use to the DA or the people of South Afrfica”.

Andre ·

Die DA se onderrok hang ook by die dag verder uit. Enige Afrikaner wat dink sy/haar heil lê by hulle, maak ‘n groot fout. Die DA maak self egter hengse foute. Hulle soek steun op vrrkeerde plekke. Geen hond byt seerder as dié een vir wie jy met ‘n paar krummels probeer paai en wat jou dan bevlieg nie. Ek wag in spanning…..

Jack Klok ·

Hulle sê ‘n benoude kat maak rare spronge. Die DA is ‘n baie benoude kat. Die DA wil graag die ANC uit die kussings lig maar het oorweldigende swart steun daarvoor nodig. Hulle probeer die nodige swart steun verwerf deur uiters polities korrek te wees
Wat deur die voormalige Britse kolonialiste asook deur die Afrikaner gedoen en bereik is is tans vir die DA ‘n groot verleentheid.
Politieke korrektheid vereis dat
a) Alles van die Afrikaner se geskiedenis as boos en onderdrukkend gedefinieer word.
b) Alles wat deur die koloniale moondheid Groot Britannje gedoen is verswyg en onder die tafel ingevee word.

Bruno Stef ·

In die volgende algemene verkiesing gaan die DA uitgeskakel word as die amptelike opposisie en hulle gaan vervang word deur die EFF wat tot gevolg gaan he dat die ANC en die DA n koalisie gaan vorm om die EFF te opponeer en aan bewind te bly.Onthou hoe die NP by die ANC aangesluit het saam met hulle leier Kortbroek van Schalkwyk. Die Afrikaner se stem tel nie meer nie die DA maak staat daarop om stemme by die ANC af te neem wat in groot getalle die EFF eerder sal steun.Die VF is ons enigste opsie as Afrikaners met ons eie organisasies soos Solidariteit/ AfriForum.

Louw boepens ·

Ai,ou Bruno.Duimsuigery en wensdenkery het nog nooit `n positiewe bydrae gemaak nie.Jy noem ou Kortbroek van Schalkwyk.Jy is reg.Hy het net daar gesit en niks vir die Afrikaner beteken nie.Maar wat het Pieter Mulder vir 5 jaar vermag terwyl hy vir onder andere ou Tuitbekkie ondersteun het as adjunk-minister?Ek se weer soos die HNP jare gelede. Stem reg – bly weg.Geen politieke party meer vir my nie.Ek ondersteun slegs Afriforum.

Coenraad ·

Dianne Kohler-Barnard jy sal baie beter doen as jy by Afriform of Solidariteit aansluit die DA is net so useless soos die ANC So die spreekwoord se Die waarheid sal altyd die waarheid bly Al se wie ook wat

Coenraad ·

Dianne Kohler-Barnard jy sal baie beter doen as jy by Afriform of Solidariteit aansluit die DA is net so useless soos die ANC So die spreekwoord se Die waarheid sal altyd die waarheid bly Al se wie ook wat

Dirk ·

Reaksie op Louw Boepens se aanmerking oor Dr Pieter Mulder se “niks doen of praat” wyl hy as Adjunk Minister van Landbou gedien het. My vriend, gaan vra die boere wat hy vir hulle beteken het gedurende sy termyn en vra vir hulle watter deure hy vir hulle oopgemaak het wat hulle nie voor sy tyd gehad het nie en ook nie meer het sedert hy nie meer daar is nie. Dit gaan oor wat hy vir sy kiesafdeling (in hierdie geval die boere) gedoen het en nie wat hy van seepkissies vir die gepeupel skree nie. Terloops, gaan vra sommer ook vir Pieter van Dalen, voor die laaste algemene verkiesing die DA se skadu Adj Minister vir Seevisserye, hoe hy gevoel het toe hy nadie verkiesing summier afgeskuif is op die DA se prioriteitslys om plek te maak vir nuwe swart kandidate om stemme van die swart gemeenskap te “koop”. Hy het in die aanloop voor die verkiesing waarskynlik meer stemme vanuit die Bruin vissergemeenskappe aan die Weskus vir die DA gewerf as Helen en al haar prog Engelse (en hans kakies) saam, maar hy moes opgeoffer word vir die “saak”. Die DA dien definitief ‘n beter job in die Wes Kaap as wat die ANC elders doen. Ons moet egter nie vergeet dat hulle met steeds ‘n kern groep “ou skool” amptenare sit wat hulle ast’ware met goeie dienslewering dra.

Dirk ·

Reaksie op Louw Boepens se aanmerking oor Dr Pieter Mulder se “niks doen of praat” wyl hy as Adjunk Minister van Landbou gedien het. My vriend, gaan vra die boere wat hy vir hulle beteken het gedurende sy termyn en vra vir hulle watter deure hy vir hulle oopgemaak het wat hulle nie voor sy tyd gehad het nie en ook nie meer het sedert hy nie meer daar is nie. Dit gaan oor wat hy vir sy kiesafdeling (in hierdie geval die boere) gedoen het en nie wat hy van seepkissies vir die gepeupel skree nie. Terloops, gaan vra sommer ook vir Pieter van Dalen, voor die laaste algemene verkiesing die DA se skadu Adj Minister vir Seevisserye, hoe hy gevoel het toe hy nadie verkiesing summier afgeskuif is op die DA se prioriteitslys om plek te maak vir nuwe swart kandidate om stemme van die swart gemeenskap te “koop”. Hy het in die aanloop voor die verkiesing waarskynlik meer stemme vanuit die Bruin vissergemeenskappe aan die Weskus vir die DA gewerf as Helen en al haar prog Engelse (en hans kakies) saam, maar hy moes opgeoffer word vir die “saak”. Die DA dien definitief ‘n beter job in die Wes Kaap as wat die ANC elders doen. Ons moet egter nie vergeet nie dat hulle met steeds ‘n kern groep “ou skool” amptenare sit wat hulle ast’ware met goeie dienslewering dra.

Coenraad ·

Kan ‘n mens teen iemand optree wat sy reg op vryheid van spraak uitoefen?

Coenraad ·

Kan ‘n mens teen iemand optree wat sy reg op vryheid van spraak uitoefen?

Francois ·

Wonder of die DA iets sou gedoen het aan Dianne as sy n swartvel gehad het? Hierdie lyk weer na n lekker geval van rassisme.
DA=MDC (van Zim)
DA sal n party word vir swartmense en uitgekoop word deur die ANC.
Het baie respek vir Dr. Pieter Mulder. Hy praat meer sin in 5 minute as wat die meeste mense in hulle leeftyd sal praat.

Rynhardt ·

Die ouens wat so vir dr.Mulder prys,moet n paar dinge onthou.Hy was deel van die Kodessa-onderhandelings waar julle almal uitverkoop was!Hy het later vir die Anc gaan werk wat ons vir 21jaar lank onderdruk het!Hou dit net ingedagte.Die ouens wat hom so prys oor boere het nie n benul waaroor dit gaan nie.As hy en sy broer so wonderlik is,hoekom is daar reeds13000 plase van wit boere in die mark?Hoekom het hul nie teen die Vryheidsmanifes gewaarsku wat wit boere se plase wil he nie?Ek het dit gedoen vir jare!My boetie en my sussie,julke leer niks uit die politiek nie,en word behoorlik deur die ore gewerk!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.