Kohler-Barnard-sage: ‘Bewys van wit heerskappy’

Dianne Kohler-Barnard.

Dianne Kohler-Barnard.

Die DA se reaksie op Dianne Kohler-Barnard wat ʼn omstrede inskrywing oor PW Botha op sosiale media gedeel het, is bewys daarvan dat die party wit heerskappy handhaaf, het die ANC in die Wes-Kaap gesê.

“Die rassisme waarmee ons ‘n week terug gekonfronteer is, was nie net Dianne Kohler-Barnard nie,” het Marius Fransman, provinsiale voorsitter van die ANC, gesê. “Dit wys die diepte van sistematiese rassisme in die DA.”

Kohler-Barnard, die DA se skaduminister van polisie, is gedemoveer na ʼn adjunk-posisie, enkele dae nadat sy in die sop beland het oor die omstrede inskrywing op sosiale media.

Maroela Media het vroeër berig Kohler-Barnard is voor die DA se federale regskommissie geroep oor die inskrywing. Kohler-Barnard het twee weke gelede ʼn inskrywing van Paul Kirk, ʼn joernalis, gedeel waarin hy onder meer geskryf het: “Hierdie is ʼn blêddie sirkus. Kom asseblief terug PW Botha. Jy was by verre eerliker as enige van hierdie ANC skurke.”

Volgens Fransman is die demovering nie genoeg nie. “Dis ‘n foefie. Sy is steeds ʼn lid van die parlement.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Rynhardt ·

Anc,hoe kan die Dianne Kohler-Barnard-sepie n voorbeeld wees van wit heerskappy,want jou jonger boetie(DA) is dan juis n tweede Anc wat gestig is om afrikaners te help onderdruk vir 21jaar lank?Jou geliefde DA, kyk dan juis net na die belange van die massas en sy party is ook getransformeer om net die massas te dien!Anc,hoe verduidelik jy daai een?Anc jou toneelspel beindruk nie!Dit is pateties!

Riaan ·

Fransman is een van die grootste narre in hierdie bleddie sirkus. Hoekom gee die media hom enige publisiteit? Net die ANC en hulle lede het vryheid van spraak. En hulle blatante rasisme en anti-wit sentiment word nooit bevraagteken deur die media nie.

Winston ·

Stem saam Rian. Fransman is een van die grootste rassiste en dan het hy iets te sê ook nog. Die media is maar te versigtig en te bang om objektief te wees want dan beledig hulle die ” ou agtergeblewenetjies” shame. Dianne het om verskoning gevra maar wie van hulle die ANC doen dit?

Theo ·

Ek hou van wat sy gesê het, die kommentaar van die anc wys weer dat die ondersteuners van die anc meer rasisties is as die da se ondersteuners. Ek sal nog steeds vir vusi stem, hy het meer integriteit as die klomp anc korupte “leiers”

Andre ·

Fransman moet liewer stilbly. Hy het die afgelope tyd weer baie te sê. En…….leë blikke maak die meeste lawaai.

HEVW ·

” Sal nog steeds vir vusi stem.” Die hele politieke bestel het in tragedie ontaart. Wanneer sal ons dan besef ons toekoms is nie gelee in die politiek nie??

Rynhardt ·

Ek sal nooit ons blankes verstaan nie!HEVW,jy wil jou stem gee vir liberale wat ons haat en wat niks vir ons doen nie!Wat dink jy gaan die DA werklik vir jou as n witte doen?Ek stel voor jy gee jou stem vir ou Klaas Vakie!Hoekom?Sodat hy jou permant aan die slaap kan maak!

chris ·

Rynhardt jy praat nonsens word wakker en dan probeer jy weer.

Rynhardt ·

Dave,ek moet jou 10ui10 gee vir jou stelling!Die blinfes veekies om blind te bly!

Eddy ·

As jy nie die werk kan doen nie .raak ontslae van die wat kan dan lyk jy beter.

Irene ·

Mooi so DA ek staan by julle
Die ander partye maak ons wittes alewig sleg en soek fout met ons wil als van ons vernietig

Jeanette ·

Irene, die DA het juis vir Barnard gedemoveer omdat sy dit durf waag het om iets positiefs oor PW Botha(blankes) te uiter. Deur jou “mooi so DA” wil dit voorkom of jy in jou skik is met Barnard se demovering.

Jou eie opmerking “die ander partye maak ons wittes alewig sleg en soek fout met ons……” is egter net so erg soos Barnard se oortreding en behoort jy op die uitkyk te wees vir ‘n DA skorsings-briefie in die pos. Jy speel so reg in Fransman se hand tot verleentheid van die DA.

Ek reken jy en duisende ander kiesers is onwetend by die verkeerde adres en die DA gaan julle nie reghelp nie want hulle het hierdie stemme nodig.

Kaspaas ·

Ou Fransman is net n puppet Ehrenreich is die Puppet master wat die toutjies trek van sy meester die cANCer. Altwee n paar kieldranke kort van n piekniek.

Kobus ·

Die hele ding word uit verband geruk! Die e-pos wat sy aangestuur het was oor EERLIKHEID!!! Niks te doen met PW se beleid of wit oorheersing nie. Iets wat totaal en al nie by die ANC bestaan nie.

Henry ·

Kobus ek is geneig om met jou saam te stem. Ek het nie geweet om iets te deel beteken noodwendig jy stem saam nie.

Graham ·

Ek stem saam. Politiek is vuil. Gaan kyk gerus op die DA se webwerf waar hulle hulself as ” a liberal party” definieer. Vir hulle stem ek nie weer nie. Die kamstige bakleiery is oëverblindery. Agteraf is hulle almal hand om die blaas!

Patrys ·

Kobus ek stem! ‘n Mens voel of jy ten hemele kan skreeu! Ek het vir 23 jaar in hul skole en kolleges ten nouste met ons ander landgenote saamgewerk! Hulle nerwe is maar baie dun waar dit oor velkleur gaan en is baie gou om rassisme te skreeu, maar hulle kan die witman skel en slegsê soos hulle wil en ons moet net aanvaar! Hulle is met niks tevrede nie en sal ok nooit met iets tevrede wees nie. As een probleem opgelos is, soek hulle onverpoost na ‘n volgende ding om oor te kla. Hulle is verslaaf aan toi-toi en onvrede!

david ras ·

Soos ek die storie verstaan, het die liewe Dianne, eers Paul Kirk se sarkastiese stelling gedeel, toe weer haar standpunt verander en om verskoning gevra daarvoor.
Daarna word sy gestraf deur die DA, en nou beskuldig die ANC via herr Fransman die DA van wit rassisme.
Eers ‘n ligte mistykie, toe ‘n verskoning, toe verbanning, en toe verdoeming !

Kan ons tog nie die kerke vra vir ‘n biddag vir logika in die ANC/DA Nie ?
Hulle het almal sielkundige hulp nodig…….

Lourens ·

Wil net weet hoekom word daar vergeet dat die hele ANC kabinet het ‘n selfverklaarde rassis Robert Mugabe staande toegejuig met sy laaste toespraak in die parlement? Is dit dan nie rassisme nie?

Winston ·

Ons mag nie hande klap as iemand wat n erkende rassis is, iets sê nie. Dan is die gort gaar. Mugabe moes al lankal weg gewees het en almal wat dink hy is n leier. Die res gaan Maroela uitsny jammer

Anne ·

Die ANC sal alles altyd terug vat na of apartheid of ‘n kleur aan alles koppel, want hulle weet daai tyd was daar nie al die bollie gewees wat nou aangaan – hulle kan hulle eie mense nie hanteer oor vals vrot beloftes wat hulle gemaak het en geweet het hulle kan nie deliver!

johan ·

Barnard praat die waarheid. Elke regering voor die anc en wat ook na die anc sal wees is 100% beter leiers.

Ludwig ·

Marius Fransman nis die grootste politieke opportunis op aarde. Ek is nog oortug daarvan daar is iemand by die Kaapse koerante wat verlief is op dié vent, want as hy net sy mond oopmakas, pryk sy uitsprake saam met ‘n foto in die koerant. Tot vervelens toe. Kyk maar na sy uitsprake oor Stellenbosch. Was hy ooit op sy dag selfs net náby ‘n universiteit?

Carel Taute ·

Die hele belaglike saga bewys net EEN ding. In die DA, soos in die res van die politieke lewe is daar geen plek vir vryheid van spraak (en denke nie). Alles wat nie polities korrek is nie se segsmanne/vroue moet uitgehaal word. Is daar nog iemand met sy eie brein daarbuite?

Theresa ·

Dianne Kohler Barnard: Wens ons kon sommer referendum hou op jou stellings. Natuurlik is dit die suiwer waarheid. Dalk is dit juis waarom dit so vreeslik onwelkom was in ‘n groep mense wat juis soveel as moontlik doen om dit teë te werk. Ek is gelukkig nie in ‘n belangrike pos soos jy nie – maar deel beslis jou siening oor Gesondheidsdienste, Onderwysstelsel, Misdaad, ensovoorts. Geniet jou kamstige minder belangrike pos nou – maar moet nooit die waarheid vir leuens verruil nie! Wanneer die OB president word hoop ek jy kry daardie “adjunk” pos ook. Sterkte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.