
Dianne Kohler-Barnard
Die Demokratiese Alliansie se federale uitvoerende komitee het Vrydag vergader om onder andere die bevindings van die federale regskommissie te bespreek wat verband hou met LP Dianne Kohler-Barnard.
Die party het in ‘n verklaring bevestig Kohler-Barnard is skuldig bevind aan wangedrag en die komitee het beslis dat haar lidmaatskap opgeskort moet word. Sy kan appèl aanteken teen die besluit.
Kohler-Barnard is aanvanklik gedemoveer ná ‘n omstrede inskrywing oor PW Botha op haar Facebook-blad.
Maroela Media het vroeër berig sy is voor die DA se federale regskommissie geroep oor die inskrywing. Kohler-Barnard het ʼn inskrywing van Paul Kirk, ʼn joernalis, gedeel waarin hy onder meer geskryf het: “Hierdie is ʼn blêddie sirkus. Kom asseblief terug PW Botha. Jy was by verre eerliker as enige van hierdie ANC skurke.”
Lees alle vorige berigte oor Dianne Kohler-Barnard op Maroela Media.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
70 Kommentare
Hierdie is onregverdig. Wat het van vryheid van spraak geword? en die ergste is dit is nogal die waarheid ook.
Kots..! Kotz….…hh..!!
Ja nee die DA voel niks vir ons sfrikaners nie! Kyk na die skole herrie op die oomblik net vf plus probeer afrikaans red. Waar is die DA? Maar as julle moet Stem stem ons mos maar vir die DA word wakker afrikaners!
Dianne appelleer asb want dit is so onregverdig. Jy werk so hard en hierdie hele affêre is belaglik. Die ander kom weg met moord en korrupsie en mag sê net wat hulle wil. “Kill the boer, kill the farmer” word kort, kort gehoor!!! Maar daar word NIKS daaraan gedoen nie. Duidelik mag mens nie meer die WAARHEID praat nie, want die waarheid maak seer.
Gebruik jou Talente beter. DA is besig om Afrikaans sprekendes uit te verkoop. Tipies die Oud Sappe.