Kohler-Barnard se DA-lidmaatskap opgeskort

Dianne Kohler-Barnard

Dianne Kohler-Barnard

Die Demokratiese Alliansie se federale uitvoerende komitee het Vrydag vergader om onder andere die bevindings van die federale regskommissie te bespreek wat verband hou met LP Dianne Kohler-Barnard.

Die party het in ‘n verklaring bevestig Kohler-Barnard is skuldig bevind aan wangedrag en die komitee het beslis dat haar lidmaatskap opgeskort moet word. Sy kan appèl aanteken teen die besluit.

Kohler-Barnard is aanvanklik gedemoveer ná ‘n omstrede inskrywing oor PW Botha op haar Facebook-blad.

Maroela Media het vroeër berig sy is voor die DA se federale regskommissie geroep oor die inskrywing. Kohler-Barnard het ʼn inskrywing van Paul Kirk, ʼn joernalis, gedeel waarin hy onder meer geskryf het: “Hierdie is ʼn blêddie sirkus. Kom asseblief terug PW Botha. Jy was by verre eerliker as enige van hierdie ANC skurke.”

Lees alle vorige berigte oor Dianne Kohler-Barnard op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

70 Kommentare

chris van heerden ·

Hierdie is onregverdig. Wat het van vryheid van spraak geword? en die ergste is dit is nogal die waarheid ook.

Leendert van Oostrum ·

Ishierdie dieselfde vr(ou) wat na Afrikaans verwys het as “that language”?

Piet Snot ·

Ai, hoe vlieg my simpatie vir haar nou by die venster uit!

Daniel ·

Ja nee die DA voel niks vir ons sfrikaners nie! Kyk na die skole herrie op die oomblik net vf plus probeer afrikaans red. Waar is die DA? Maar as julle moet Stem stem ons mos maar vir die DA word wakker afrikaners!

Japie ·

Ek is ook klaar mat die DA . het ons maar vir die kp geluister in 89

Dee ·

Na die KP geluister? Die KP was gestig deur die Nasionale party om die regsgesinde stem te verdeel. Hulle het bloot gedien om die HNP te opponeer en mense soos jy was te stadig om dit te besef. Jy het buitendien ‘ja’ gestem so waarom kla jy nou? Jy kry bloot waarvoor jy gestem het.

Desiree ·

Dianne appelleer asb want dit is so onregverdig. Jy werk so hard en hierdie hele affêre is belaglik. Die ander kom weg met moord en korrupsie en mag sê net wat hulle wil. “Kill the boer, kill the farmer” word kort, kort gehoor!!! Maar daar word NIKS daaraan gedoen nie. Duidelik mag mens nie meer die WAARHEID praat nie, want die waarheid maak seer.

chrisp ·

So Susan jy se dan PW was meer oneerlik as die ANC.

Verduidelik asb jou ongeloofwaardige stelling.

Jy gaan nie want jy kan nie!

Sarel Strydom ·

Gebruik jou Talente beter. DA is besig om Afrikaans sprekendes uit te verkoop. Tipies die Oud Sappe.

Paul ·

Die skrif is al lankal aan die meer. Daar is geen verskil tussen die ANC en die ANC Lite nie! Alhoewel ek nie weens haar snedige opmerkings jeens Afrikaans haar kan duld nie, moet sy maar aanvaar dat sy ter wille van die swart stem geoffer is. Diegene wat nog steeds die Lite party ondersteun moet wakkerskrik!!

Dee ·

Die Oud Sappe? Jy weet dus ook glad nie waarvan jy praat nie. Hulle is ‘n afstammeling van Helen Suzman en Fredrick van Zyl Slabbert se Progresiewe Party. Inderwaarheid bloot ‘n naamsverandering van dieselfde party.

Gwen ·

Maroela kan gerus ook berig lewer dat Juanita Terblanche ook uit die DA geskors is omdat sy DA-fondse in Noordwes vir persoonlike nut gebruik het.

Chris Niemann ·

Sy het ‘n eerlike stelling met baie meriete en wat die waarheid is beaam.

C ( Radie ) Rademeyer ·

Ek stel voor Dianne,stig haar eie party.N bietjie laat want die 2016 verkiesing om die draai ek is ook baie teleurgested in die besluit.

Johan Viljoen ·

As haar lidmaatskap opgeskort is beteken dit geen mens mag meer lid van die DA wees nie.

Sarie ·

Hoe belaglik!!!!!
Ons is veronderstel om ‘n demokratiese land te wees met Vryheid van spraak. Hel wat het daarvan geword. Ek se presies dieselfde as waaroor Dianne nou uit die party (wat al meer oorhel na die ANC) geskop word: Die land was baie beter daaraan toe onder die bewind van PW Botha!
Gelukkig stem ek nie DA nie maar nou het die nuwe leier en sy lakeie die verkeerde stap gedoen hulle gaan baie kiesers deur hierdie drakoniese optrede van hulle
Dianne onthou jy het baie wat jou steun en wat saam met jou uit die party gaan stap. Ek hoop het die kiesers gaan hierdie vooval onthou in volgende jaar se plaaslike verkiesings

Rynhardt ·

Die Burger het vanoggend berig dat Kohler-Barnard is uitgeskop en dat sy gaan appelleer.Wie gee on?Dit is die vrou en haar party wat neersien op Afrikaners en regstellende aksie goedkeur teen ons mense!Hulle gaan nie opstaan oor enige kwessie wat jou as Afrikaner raak nie.Ek sien klaar daar is Kohler-Barnard-huilers!Kry n lewe.Die rede hoekom Kohler-Barnard appelleer,is vir daai vet salaris wat sy wil he van julle afrikaners wat huil oor haar.Sy en DA het geen ryd vir ons mense nie.Verstommend dat wittes nie kan/wil insien wie en wat DA us nie.Hul wil ook nie insien hoe Zille en Maimane hul speel nie.Ek voel vere vir Kohler-Barnard!Hoekom?Want sy voel vere vir my as n Afrikaner!Maak dit sin?

Miemsie vd Westhuizen ·

Dianne word geskors, maar wat van die Oudtshoornmunisipaliteitwerknemer wat baie erger uitlatings gemaak het? Sy saak sal “ondersoek” word!
Skuilnaam: Ek vra maar net

ed ·

Die DA is dus bedrieglik soos die duiwel in skaapsklere. Wat van Zuma en Malema se gereelde haatspraak? Dit wil voorkom asof die DA n skadu vennoot is van die ANC

WakkerLoop ·

Ed, jy slaan die spyker op die kop! Hier kom nog groot skokke vir die DA aanhangers, want hang….die hang hulle en binnekort gaan hul vingers brand en losgly…..

david ras ·

Snaaks,maar ek voelnie juis jammer vir die dame nie. In elk geval na sy so neerhalend verwys het na my taal, Afrikaans.
Maar nouja, die DA ly ook maar aan stilstuipe as dit by straat -en dorpsnaam vernadringe kom, so ook vir die aanslag op Afrikaanse skole en ja, alles wat Afrikaans is !

So ‘n paar jaar gelede het een van die DA se Kaapse voorbokke , ene Teuns Botha, mos beweer hy wil niks met die VF+ te doen he nie want–hulle is TE AFRIKAANS !
Van die DA se oogklap politiek kan mens maar net se:

Eeen oog in die hemel, en die ander oog in die hel, en hulle voete op ‘n springbokvel.

GES ·

Die DA was nog nooit ‘n opsie vir Afrikaners nie. Dit is slegs net nog ‘n party wat wat die anc beveg. Die Afrikanerstem word maar net vir hulle eie agenda gebruik

Joachim ·

Die berig kon vir alle doeleindes aangekondig het dat die DA maar ontbind ook, dit skeel my bitter min. Die gewraakte uitlating, die betrokke raadslid en die party self is irrelevant en herinner net aan sirkuskaskenades wat vaagweg nog amuseer maar geen beduidende invloed uitoefen of indruk maak nie. Ek glo dat baie lesers my sentimente deel.

Dee ·

Andte en Andre, totsiens en bye aan julle altwee ook as julle tot nou toe die blanke in die land verraai het deur DA te stem. Ons soek julle nie by die konserwatiewe partye nie want ons vertrou julle nie as julle so skielik van opinie kan verander nie.

chrisp ·

Dee.
Jy is besig om dieselfde fout te maak as wat ek gemaak het vir baie lank.Baie, eintlik meeste van die mense wat ja gestem het of vir die ou NP en nou die DA weet en het nie geweet waarvoor die mense werklik staan nie. Kyk maar die onkunde van baie van die DA stemmers hier op maroela alleen,bv “hulle staan vir Afrikaner belange” dit is ‘n blatante leun en tog glo hulle dit.Ons moet waak daarteen om mense wat se oe oopgaan weg te jaag dit is tog immers hoekom ons (ek , jy en andere) die DA uitwys vir die agterbakse huigelaars wat hulle werklik is? Ons maak almal foute, almal, en wil dan graag oorgesien word as ons dit besef.Gun dit vir ons mense wat tot die besef kom ook.

Ek verstaan egter jou frustrasie maar waak daarteen om goeie eerlike mense te vervreem.
Hierdie is ‘n groter saak as my en jou ego’s(dit het my jare geneem om nie meer te se ek het julle mos gese nie).

Dee ·

Chrisp, kyk ‘n slag deur my bril en dan sal my frustrasie vir jou nog makliker verstaanbaar wees. Mense soos die hierbo wat nou oor Kohler-Barnard se uitskop kla, voel vere vir ‘regstellende aksie’. Hulle stem selfs daarvoor. Hulle weet nie eens dat hulle vir grondhervorming stem nie, dat hulle teen Afrikaans stem nie en dat hulle ‘n groot aandeel het in die bankrotskap van Eskom. Wed jou hulle weet nie eens dat Eskom vroeër jare bekend was as Evkom. Dit alles is vir hulle ‘n kleinigheid maar dat Kohler-Barnard lidmaatskap van die DA ontsê is, is vir húlle ‘n reusagtige onregverdigheid (en die feit dat sy wat Kohler-Barnard is haar woorde terug getrek het en verskoning gevra het daarvoor, pla hulle nie eens nie). Een van hulle stel selfs voor sy sluit aan by die konsewatiewes! Dit irriteer my al die jare dat mense sonder enige kennis stemreg het. Dit is waarom iemand lank terug heel filosofies gesê het dat ‘n land sy regering verdien.

Theo ·

Hierdie gedrag van die DA teenoor dianne is nie goed nie. In die 70 tig jare het ek op die grens geveg om komminusme uit te hou , dis wat mandela wou gehad het. Die kubane wou ons land oorneem, van my maats is gedood. Dis weens PW se optrede dat die DA vry is van komminusme. Maar??

Dee ·

…en Theo. Kohler-Barnard het verskoning gevra vir haar woorde, so sy het dit dus nie opreg bedoel nie.

Jaco ·

Absoluut belaglik. Dit laat die vraag ontstaan na waarheen SA oppad is. Niks wat voor 94 gebeur het kan reg wees nie en as jy net daarna verwys word jy gekruisig.

GES ·

Die DA is maar net die anc in ‘n ander verpakking / formaat. As voorbeeld, kyk maar na hulle beleid ivm aborsie. Dit is maar net ‘n beleid wat op populariteit met geen Christelike beginsels gebaseer. Mense sê maklik hulle is Christene maar die woord en die daad kom nie bymekaar uit nie. Gaan dink gerus hieroor …..

Anoniem ·

Ek stem saam . Dit was nie nodig om haar te skors nie, Wat van die ANC wat Jan Van Riebeeck en Paul Kruger uit die grafte haal en op ons toekoms kom neerle. PW is ook in die graf, Hy kan ook nie weer terug kom nie. Nou is ons land meer in gemors . In PW se tyd was ons nie in gemors nie.

Dee ·

Sy’s nie geskors omdat sy dit gesê het nie, sy’s geskors omdat sy haar woorde terug getrek het! Hulle sê sy kan nie haar mind opmaak nie.

Hans ·

Blankes en Afrikaners stem vir die DA as protesstem teen die ANC. As die DA aan bewind moet kom, sal dieselfde kiesers ‘n ander party moet kry om hul teenstem teen die DA te maak. Die geel en swart hempie sal net vervang word met ‘n blou hempie. Ek stem liewer vir die ANC voordat ek vir hierdie wolf in skaapsklere vertrou.

Marianne ·

DIE STAATSDIENS KANTORE WORD GEDRUK OM DIE “BATO PHELE” PRINCIPALS TOE TE PAS…. Tel dit net aa mens vir die “REGTE PARTY” stem en “HULLE” ondersteun??? Waar is die geregtigheid in die land??? Vermoor saam met die boere en oumense???

Erivzyl ·

Sy het niks verkeert gesê nie, sy het net die waarheid gesê en ek staan agter haar. Die land se ekonomie en polisie was baie beter in apartheid. Die ANC is net te ingat en pateties om dit te aanvaar

Thys ·

Op die stadium is daar nog geen party wat hierdie land kan lei of regeer nie. Die drie grootste partye hel almal na links tot verlinks. Pieter Mulder praat gewoonlik die waarheid, maar niemand luister nie. Die palement is ‘n sirkus. Die land is in chaos. Hier gaan meer mense dood agv geweld as in die hele Midde ooste konflik. En mense hou hul besig met kleinlike politiek. Word wakker en berei voor vir oorlog. Die wat nou nog droom oor reenboë gaan ‘n rude awakening kry.

Dee ·

Wat bedoel jy by ‘hulle het verlinks’? Watter van hulle het nie as links begin nie?

Jan maak n Plan ·

Met die aksie praat die DA se sogenaamde federale raad dANC skurke goed. Dis net jammer dat hulle nie ook hierdie kommentare lees nie. Die DA begin nou net so stink soos die ANC.

sarie ·

Ag tog..ou tannie Helen Suzman sou nou juig…DA is ANC se boetie..een groot familie.Durf jy net n naam noem uit die verlede by hulle word jy summier uitgeskuif.Voertsek!!
Ek stem…julle klomp AFRIKAANSE familie-lede wat stem vd DA…waar het hul al prominent opgestaan vir ons geloof, taal, kultuur vooruitgang of behoud? Word wakker vd wolf in skaapklere.
Skies Diane, dis maar hoe jy gestraf word as jy eerlik is. Want eerlikheid het nie meer n plek in ons samelewing waarvan jy deel is nie.

Rynhardt ·

Maroela,hoekom wil jy nie my kommentaar plaas oor Dianne-Kohler Barnard nie?Daar is geen fout daarmee nie.Die liberale kan se wat hul wil oor ons Afrikaners;dan is daar geen fout nie!

GES ·

Jammer ek skryf te veel maar ek moet dit skryf.

Hoor jy die magtige dreuning van ‘n volk se ontwaking … (Die lid van jong Suid Afriks)

Dee ·

Die lied van die jong Suid Afrika is ‘Fees & Afrikaans must fall’ of iets in dier voege.

GES ·

Ek stem nie saam nie. Dit is ‘n eerbare “struggle” lied van die Afrikaners. Dit verkondig nie haatspraak, moord of doodslag nie. Dit het ten doel om Afrikaners te verenig en te inspireer.

chrisp ·

Ek lees die kommentaar wat hier gelewer word en word al hoe meer positief oor my mense.Baie se ogies gaan stadig maar seker oop en dit is verblydend.Daar is nog baie DA lede en kiesers wat geen benul het wat hierdie Liberale party aan ons doen nie.Hiedie mense sal ook die waarheid sien (jy kan net vir so lank lieg) en hulle rug op hierdie kanker draai. Wat egter ook waar is is dat ons die leuns van die verkramte DA lede “for life” moet uitwys sodat meer mense ingeligte besuite kan maak.

Dink vir ‘n oomblik hieroor.
Sy wat Kohler Barnard is het haar mond lekker uitgespoel oor Afrikaans(eintlik my taal sleg gese) en geen haan het vanuit die DA daaroor gekraai nie dws geen ondersoek of dan geen federale regskommissie aanbeveling nie. Maar nou ‘n feit noem wat nie polities korrek is nie (maar steeds ‘n feit) en dit is koebaai Maraai!
En dan wil DA dessipels nog kom vertel hulle is aan ons kant? Ek wonder wat het van hulle geword?

Pieter van Zyl ·

Een ding wat niemand kan weg vat van PW Botha nie is dat hy ruggraat gehad het. Onder sy regering het alles gewerk en behoorlik.

Rynhardt ·

n Mens mag niks teen die liberale DA politici se nie,ook niks teen die Britse DA nie.Hoekom?Die sensuur-Spook is weer terug!

A.Willemse ·

Ek stem saam met ‘n bewering of twee wat Malema gedurende die studentebetoging gemaak het, daarvoor kan Maroela my lidmaatskap dalk ook opskort.

Theo ·

A.willemse jy behoort jou te skaam om enigsin saam te stem, al is dit net oor twee bewerings wat mal-ema gemaak het. Hy word gesien as n vyand van diè land met sy uitsprake.

J.Z ·

Kan iemand my se dat Barnard gelieg het of het sy die waarheid gepraat,as daar iemand is wat kan se sy het gelieg laat hy dit vir ons verduidelik,so nie moet die vrou omverskooning gevra word ,n mens mag nie straf vir die waarheid kry nie.

Kaspaas ·

Gaan maimane ook geskors word omdat hy nie sy skenkings veklaar het nie of is dit minder ernstig as die waarheid wat Barnard geforward het en toe gedwing is om omverskoning voor te vra.

GES ·

Politici het klein en groot sondes. Dit hang net af wie maak die reëls.

J. De Villiers ·

Nou maak die DA hulleself belaglik. Zuma, Malema, ens,ens raak daagliks meer aanvegbare dinge kwyt en geen haan kraai daarna nie. Dianne het slegs die waarheid beaam en ek stem met haar saam dus kan die DA my ook maar skors.

Dee ·

Die opregte Afrikaner het jou al lankal geskors so bly maar waar jy is. Jy is nie deel van ons nie.

chrisp ·

Dee, verskoon maar asb ek se weer indien jy die vorige een gemis het.

Dee.
Jy is besig om dieselfde fout te maak as wat ek gemaak het vir baie lank.Baie, eintlik meeste van die mense wat ja gestem het of vir die ou NP en nou die DA weet en het nie geweet waarvoor die mense werklik staan nie. Kyk maar die onkunde van baie van die DA stemmers hier op maroela alleen,bv “hulle staan vir Afrikaner belange” dit is ‘n blatante leun en tog glo hulle dit.Ons moet waak daarteen om mense wat se oe oopgaan weg te jaag dit is tog immers hoekom ons (ek , jy en andere) die DA uitwys vir die agterbakse huigelaars wat hulle werklik is? Ons maak almal foute, almal, en wil dan graag oorgesien word as ons dit besef.Gun dit vir ons mense wat tot die besef kom ook.

Ek verstaan egter jou frustrasie maar waak daarteen om goeie eerlike mense te vervreem.
Hierdie is ‘n groter saak as my en jou ego’s(dit het my jare geneem om nie meer te se ek het julle mos gese nie).

GES ·

Chrisp, jou woorde getuig van wysheid. Ek het ook baie seergekry maar die verlede moet begrawe word. ‘n Nuwe vars begin moet gemaak word. Ons het mekaar nodig.

chrisp ·

Ges,
Met jou drie punte kan ek net saamstem.
1 Verlede begrawe
2 Nuwe vars begin.
3 Ons het mekaar nodig.

Dankie hiervoor.

Dee ·

Het dit wel gelees Chrisp, maar paar minute gelede en dit was 9 ure nadat jy dit geskryf het. Dit is sinvol wat jy sê. Ek het wel daarop (die vorige een) gereageer.

Bid vir goeie land ·

Ja Mense lees en dink en een ding way ek gelees het ons Afrikanermense het net so veel reg soos Ander Mense wat gebore was hier in sa en met die party vir wie n men so stem dit is nogals kommerwekkend wat gaan word en waarna toe ons oppad is die Afrikaner Mense moet meer begin Saam staan en Ook begin baklei vir hulle regte ek Meen ons Jong Afrikaner kinders kry nie Werk nie ons ouer Afrikaner mans wel in hulle laat twintigs en op dieselfde situasie ons moet begin dikvel Ook raak en Kom ek vertel julle Ook iets dit is al meer as twintig jaar na 94 en ek kan Geen verbeteringe sien met ons land nie dit is actually baie sad om te sien dat n Afrikaner Nasie so uitgemoor word en hulle goed moet pak om te immegreer en hulle ouers en Ander famile bestaandes agter moet Los om net oor die waters n lewe te maak want jy kan nie in jou eie land Werk kry nie maar jy kan maar gaan Kyk wie het werke ilegal immigrants en die plaasmoorde wat so gebeur hierdie is beplande dinge en ons bejaardes wat al so cowardly vermoor is hulle moet Kom in die dag en en nie in die nag nie n regte man bring nie wapens na n geveg toe nie laat ons maar sien hoe dinge Sal eindig en ja daar is oorlog oppad en as dit Kom gaan dit nie baie mooi wees nie

Hennie ·

Bid, lees asb wat jy geskryf het! Dit lees verskriklik moeilik. Daar is geen punte of kommas en hoofletters is sommer in die middel van die sin.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.