
Dianne Kohler-Barnard
Dianne Kohler-Barnard se skorsing uit die Demokratiese Alliansie (DA) is Dinsdagmiddag opgehef.
ʼn Paneel van vyf het Dinsdag Kohler-Barnard se appèl teen haar skorsing aangehoor en daarna aangekondig dat sy weer tot die party mag terugkeer met sekere voorwaardes.
“Sy moet bedank uit al haar posisies in die party, buiten haar setel in die Nasionale Vergadering,” het Glynnis Breytenbach, voorsitter van die DA se Federale Kommissie, gesê.
Die voorwaardes sluit in dat sy vir die res van haar parlementêre termyn nie aan enige oortredings skuldig bevind word nie; sy ʼn boete van R20 000 aan ʼn nie-regeringsorganisasie betaal; en dat sy versoening en restitusie onder voorheen benadeelde persone sal bevorder.
Maroela Media het vroeër berig Kohler-Barnard se lidmaatskap is in Oktober opgeskort nadat sy skuldig bevind is aan wangedrag. Dit kom nadat sy ʼn inskrywing van Paul Kirk, ʼn joernalis, op haar Facebook-blad gedeel het waarin hy onder meer geskryf het: “Hierdie is ʼn blêddie sirkus. Kom asseblief terug PW Botha. Jy was by verre eerliker as enige van hierdie ANC skurke.”
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
37 Kommentare
Feit bly staan, sy het die absolute waarheid gepraat!!!! Bly haar appel het geslaag. ANC doen en sê baie erger rassistiese dinge elke dag, en geen haan kraai daarna nie!
Dit sal vir haar en ander DA lede ‘n waarskuwing wees om nie die waarheid te praat nie.
Ek wonder wat die DA sirkus volgende keer gaan oplewer?
Ek dink politici mag net foto’s van hulleself laat publiseer wat nie ouer as 6 maande is nie…
Ag, stem mense nog vir die DA. Wat sal dit vat om te besef dis net ANC-lite?